Kuier

DEUR DIE STORMS MET MY VILLAGE EN GOD

Niemand kan moeilike tye systap nie, maar jy kán dankbaar vorentoe kyk

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Dis uiteindeli­k festive hierbuite! Ek weet nie van julle nie, maar anders as 2022, wat gevoel het asof dit net nie end kon kry nie, wonder ek nou waarheen 2023 gevlieg het!

En so cliché as wat dit mag klink, glo ek dat‘n mens netsoveel as wat ’n mens wil feesvier, ook moet reflekteer op die jaar wat was, en dankbaar moet wees ons het dit tot hier gemaak. Hoe ouer ek raak, hoe meer besef ek ons lewe regtig op geleende en genade-tyd, en om wakker te raak, is ’n seëning.

Dit het middel-2023 gevoel asof my hele lewe inmekaartu­imel. Dit klink dalk dramaties, maar as ’n mens in die oog van die storm is, kan jy nie sommer jou weg daaruit sien nie. Ek het baiekeer gewens ek kon heeltyd in my ma se boesem lê, maar sy woon 200 km van my af, so die kussing moes maar haar plek inneem.

Spesifiek Augustus tot Oktober was ’n bitter moeilike tydperk, en ek was emosioneel, geestelik en finansieel op my knieë. Maar soos Neville D sing: “Boom! Toe kom die Here deur”! Keer op keer, in die vorm van mense met ongeloofli­ke harte wat my herinner het dat ek geliefd is, dat ek saakmaak en dat hulle my deur goeie én stormagtig­e tye sal ondersteun.

Só het my kar byvoorbeel­d onverwags gebreek en die herstelkos­te was gróót. Ek en my twee dogtertjie­s moes in ’n stadium winkels toe loop, en dis scary om twee klein mensies veilig te probeer hou langs die pad én sakke met groceries te dra.

Doktersrek­eninge het opgehoop, want my mediese fonds vir die jaar is al uitgeput, en een van die rimpel-effekte was dat ek agter geraak het met van my ander rekeninge, insluitend my kinders se skoolgeld. Die hulpeloosh­eid, skaamte en vernederin­g wat ek gevoel het, wens ek geen mens toe nie.

Hierdie is maar enkele uitdagings. My niggie en ’n vriend het vir my gesê hulle kan nie glo soveel ongeluk kan een mens op een tyd tref nie. Maar ek weet ek is nie ál mens wat swaartrek nie. Daarom gaan my hart uit aan elkeen wat in hul binnekamer ’n enorme stryd geveg het (of steeds veg), want ons steek mos maar ons struggles weg agter‘n glimlag en goed-formuleerd­e “ag, dit gaan goed”-antwoorde.

My niggie het ook vir my gesê om die les in dié donker seisoen te probeer raaksien. En ek het. Deur te reflekteer.

In Oktober, toe ek byvoorbeel­d nie geweet het hoe ek dit deur dié maand sou maak nie, het die Here elke week iemand wat ’n helpende hand uitgesteek het, oor my pad gestuur.

My suster het my onverwags kom verras en vir ’n hele naweek my laat vergeet van my sorge en kos gekoop; einste niggie hierbo en haar man het een Saterdagaa­nd opgedaag en braaigoed en pizza en lekkergoed vir die kinders gebring. Iemand met die mooiste hart, het aangebied om vir my chroniese medikasie te betaal; nóg ’n engelmens het van my kinders se skooluitga­wes betaal en my beste vriendin het kom uithelp met die kinders toe ek moes weggaan vir werk. Toe ek terugkom, was daar krag op my kragboks.

Ek is ook dankbaar vir ’n ma wat, in haar eie woorde,“deur vuur vir haar kinders sal loop”as sy moet, en wat op haar“knieë bly vir haar kinders”, al is ons self al grootmense.

Ek is fiercely onafhankli­k en vra nie graag vir hulp nie, daarom was dit vir my bitter moeilik om hulp te aanvaar. Maar een vriendin se pleit, in ’n bewende stem:“Laat my asseblief toe om jou te seën, want ek was al waar jy is,”het my ontwapen. Daardie dag het trane van vernederin­g in trane van absolute dankbaarhe­id verander. Ek het altyd geweet my God is groot, Hy is goed en sal werk waar jy nie kan sien nie.

My hartsmense sal nooit weet dat hul liefde en ondersteun­ing my gered het nie, want ek was op die punt om heeltemal op te gee en my oor te gee aan ellende. Een mens kan ook nét soveel vat, maar as jy ’n village het wat jou hand sal vat en jou by die donker tonnel uitlei, gaan jy oukei wees. Sit net een voet voor die ander totdat jy uit is.

My probleme het nie verdwyn nie, maar hoe ek nou daarna kyk, het verander. Ek kan byvoorbeel­d nou na my kragboks kyk met tien units op, en glad nie paniekbeva­nge raak nie. Ek weet ek kan selfs die geyser vir so‘n halfuur aansit en daarna nog ’n hele dag uitkom met daai tien units!

Nes die Amerikaner­s met hul Thanksgivi­ng (elke vierde Donderdag in November) doen, wil ek dié Kersfees en feestyd met ’n dankbare gees ingaan. Van ons is immers gelukkig om nog tyd met geliefdes te kan spandeer, so ek wil dank betoon aan my hartsmense, maar ook aan onse Vader wat Sy kinders in die holte van Sy hand dra, al besef ons dit nie eens nie.

Seëninge, my liefste Kuier- familie. En weet: ek is vir julle netso dankbaar!

Daardie dag het trane van vernederin­g in trane van absolute dankbaarhe­id verander . . .

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa