Kuier

VERMY SÓÓ DIE DIEP, DONKER GAT

-

• Wees realisties en vergeet die vooropgest­elde idee van ’n“ideale Kersfees”, want niemand se vakansie is volmaak nie, maan kenners van die Suid-Afrikaanse depressie-en-angsgroep (Sadag).

• Beplan, sê Kim.“Koop geskenke voor die stormloop en wees kieskeurig oor watter partytjies jy bywoon, en met wie jy tyd deurbring.”Esther sê dis belangrik om soms nee te sê vir uitnodigin­gs, pleks van by alles en almal te probeer uitkom.

• Erken jou eie gevoelens.“Laat jouself toe om soms hartseer dae te hê. Dis in die haak om nie heeltyd gelukkig en opgewonde te voel nie,”sê Esther.

• Doen elke dag iets wat jy geniet.“Selfs al gaan stap jy net ’n ent om van stresvolle familiesit­uasies weg te kom.”

• Hou by jou vakansiebe­groting, anders gaan jy jou bekommer dat skuld of onvoorsien­e uitgawes jou in“Janu-worry” kan pootjie.

• Reik uit na ander.“As jy alleen en afgesonder voel, probeer betrokke raak by aktiwiteit­e in jou gemeenskap.Vrywillige werk is ’n wonderlike manier om na mense uit te reik, en aftree-oorde, plekke van veiligheid vir kinders en dierewelsy­norganisas­ies waardeer die ekstra hulp,” sê Esther.

• “Nooi iemand wat ook op Kersdag of Oujaarsaan­d alleen sal wees, om by jou te kom eet of saam met jou op ’n uitstappie te gaan,”stel Ester voor.

• Bring tyd in die buitelug deur en sorg dat jy in die vakansiety­d oefening kry. Bordspelet­jies en om saam met kinders te lag, verlig ook stres.

• Moenie te veel van jou gewone slaappatro­ne en gebalansee­rde dieet afwyk nie.“Gun jouself ’n paar laat nagte en ’n paar oggende van laat slaap, en geniet die Kers-poeding en roomys, maar moenie elke dag oorboord gaan met ’n ongesonde dieet en te min of te veel slaap nie,”sê Ester.

• As jou simptome van depressie langer as twee weke voortduur of jy selfdoodge­dagtes begin kry, bel ’n sielkundig­e of gaan na jou naaste hospitaal.“Moenie huiwer om hulp te kry nie,”sê Ester.“Jy kan ook anoniem noodnommer­s bel om met ’n berader te praat.”

Sadag het ’n 24-uur-hulplyn: 0800567-567.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa