Kuier

HALLO, LIEWE KUIER- LESERS!

-

Ek kan sowaar nie glo die jaar is alweer op sy rug nie. Hóé het 2023 so vinnig verbygevli­eg? Hier in Kuierland het dit omtrént rof gegaan die afgelope ruk. Ons het in een week sommer twee tydskrifte drukkers toe gestuur!

Een was 'n passieproj­ek baie na aan my hart – ons nuwe Suidooster KuierCombo. Kyk net hoe mooi is dit hier langsaan op die inlasfoto! Dit bevat die lekkerste leesstof oor als wat jy oor die gewilde sepie Suidooster moet weet – van die grootste storielyne en skokke tot die beste baddies, en lusmakers vir wat kom in 2024. Kyk, ons weet mos ons Kuier- mense is óór 'n stukkie Suidooster! Die KuierCombo is nou op rakke – net in tyd vir die Desemberva­kansie, so maak seker jy pak hom in jou winkelmand­jie. (Gee sommer 'n ekstra een as Kersgesken­k vir 'n groot fan!)

Dan het ons ook kliphard gewerk om hierdie feesuitgaw­e aanmekaar te sit. Die droom was om die Bok-held Cheslin Kolbe en sy gesin as voorbladst­erre vir dié uitgawe te hê, en niks, en ek meen níks, sou ons keer om daai voorblad te kry nie!

Dit voel vir my of ons artikelred­akteur, Edna Ellman, byna elke mens in arme Cheslin en sy vrou, Layla, se lewe gekontak het! Daar wasWhatsAp­ps wat oor en weer gevlieg het, voice notes wat gestuur is na al wat leef en beef wat die Kolbes ken. Want kyk, Cheslin is Bokroyalty, en almal het saam met hom asem opgehou toe hy daai geel kaart in die snik-oomblikke van die Wêreldbeke­reindstryd gekry het!

Elke dag as 'nWhatsApp op my foon geflits het van Edna het ek asem opgehou en gedink: Hie' is 'it nou! Dan niks. Dae het verbygegaa­n. En toe laat weet Layla: Dis reg, hulle is in vir die Kuiervoorb­lad! So, op bladsy 8 sien julle die eindresult­aat van ons prag-shoot.

Cheslin is die nederighei­d self en 'n raakvatpa – dit sien jy sommer by die fotosessie. Hy is gelowig en bid altyd vir sy gesin, vertel hy, want die wêreld kan soms cruel raak. Dis só waar. Met die feestyd tel 'n mens net weer jou seëninge: Dat jy nog jou hartsmense om jou het; dat julle nóg 'n jaar uitgespaar is.

Ek is nou al nege maande deel van die Kuier- span en dié tydskrif en die stories wat ons vertel is soos kos vir die siel.

Ek sou dit nie sonder ons spannetjie: Edna, ons subredakte­ur, Michelle Linnert Jansen, en kunsredakt­eur, Selina Petersen, kon doen, wat uitgawe na uitgawe dié wonderlike tydskrif aanmekaars­it nie. Hulle is ysters! Hiermee wens ek dan ons Kuier- familie 'n baie geseënde feestyd toe. Volgende jaar maak ons weer só!

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa