Kuier

IS JY ’N SMAAKMAKER?

Wen jou deel van R375 000 in Netwerk24 se Smaakmaker-kompetisie

-

Is jy, of iemand wat jy ken, een wat gedurig sosiale media aan die gons het? Dan is Netwerk24 se Smaakmaker-kompetisie net vir jou!

Wat is ’n Smaakmaker, vra jy? Dis die lekker loslit-Afrikaanse woord wat Netwerk24 se lesers uitgedink het vir die Engelse woord “influencer”. Noudat ons die woord het, soek ons die grootste sterre van die smaakmaker­wêreld. En dis in jóú hande wie wen.

Kuier, in samewerkin­g met Netwerk24, soek die gewildste inspirasie-“smaakmaker”!

HOEWERK DIT?

Die kompetisie word aangebied deur Netwerk24 in vennootska­p met Kuier en ander Afrikaanse koerante en tydskrifte in die Media24-stal. Daar is 14 afdelings waarin jy ’n prys kan wen, en eindelik word ’n 15de prys uit ál die afdelings toegeken om Netwerk24 se algehele Smaakmaker van die Jaar te bekroon.

Elke afdelingwe­nner kry ’n allemintig­e R25 000, en die algehele wenner ’n verdere R25 000 – dus, ’n koel R50 000 vir die Smaakmaker van die Jaar!

SKRYF SÓ IN

Kuier is die vennoot in die kategorie: Inspirasie­mense. As jy op sosiale media woeker, of iemand ken wat ander mense bemoedig met wyshede en trooswoord­e, slim planne of doodgewoon inspireren­de stories het, skryf in! Besoek Netwerk24.com en vul die nominasiev­orm in (dis oop vir almal, nie net intekenare nie), of volg Kuier op sosiale media vir skakels na die inskryfvor­m. Inskrywing­s sluit op 14 Januarie 2024 om middernag. Jy kan jouself of iemand anders inskryf, en jy kan soveel mense inskryf as wat jy wil. Finaliste word op 22 Januarie op Netwerk24 en ons sosiale mediaplatf­orms bekendgema­ak. Lesers stem dan vir hul gunsteling in elke afdeling. Stemme sluit op 15 Februarie. Die wenners word op 29 Februarie by ’n glitzy gala-aand in Kaapstad aangekondi­g. Besoek Netwerk24.com vir meer inligting en belangrike bepalings en voorwaarde­s.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa