Kuier

HALLO, LIEWE KUIER- LESERS!

-

Ek het alte lekker gelag toe ek Brenden Ruiter se rubriek in dié uitgawe lees (bladsy 64). Ek en Nuwejaarsv­oornemens is mos glad nie vrinne nie.

Mens maak mos élke jaar planne: jy gaan gesonder leef, gewig afskud, meer oefen, sente spaar vir daai dream holiday

. . . Myne is permie dat ek gaan leer kook en agter die stuurwiel inklim, sodat my licence darem íéts beteken.

En elke jaar kom daar niks van nie.Toe ek onlangs sien hoeveel ek moes opdok vir Uber rides in nét een maand, het ek amper van my stoel af geval!

Jy begin mos die nuwe jaar heel gretig, en soos die dae en weke en maande aanstap, skop die realiteit in en as jy weer sien, is dit Paasfees. Dan Julie, dan Oktober. En as jy jou weer kom kry, speel Boney M alwéér in die winkels.

Dit voel of die dolle gejaag net nie ophou nie. My wens vir myself is dat ek darem in 2024 één ding gaan doen wat ek vir myself uitsit. Wát dit is, sal ek maar sien . . .

Die Nuwejaar is altyd vir my 'n heerlike tyd. Dis 'n tyd vir 'n nuwe begin en 'n kans om oor te begin.

Elke Desember sit ons af Agulhas toe om langs die see vakansie te hou. Vir my seuntjies is dit 'n groot bederf: 'n Hele huis vol mense en speelgenot­e wat oor hulle koer!

Ons familie het al vroeg in Desember planne gemaak om 2024 op 'n groot manier in te gaan. Elke jaar as 1 Januarie kom, is al my ouma Mempie, soos almal haar ken, se uitgebreid­e familie gewoonlik op Agulhas. Baie sien mekaar net een keer 'n jaar, en Nuwejaarsd­ag is altyd ekstra spesiaal want my ouma se oudste broer, Solly Adams, verjaar. En 2024 is 'n grote – hy word 90! (Ek sien nou al hoe smile hy as hy sy naam hier moet sien in Kuier!)

Familie van so ver as Graaff-Reinet het besluit om op Agulhas toe te sak vir die groot 9-0. En dis mos altyd 'n lekker gekuier by so 'n family reunion.

Die lewe hou 'n mens soms so besig dat sulke tye saam altyd ekstra spesiaal is. My wens is dat Kuier- lesers wat nog gelukkig is om op vakansie te wees, hierdie tyd van samesyn met hul hartsmense geniet. Dat julle ook – al is dit net vir 'n rukkie – kan terugsit, ontspan en van julle sorge vergeet.

As jy deesdae die pryse in winkels sien, wil jy mos net jou kop soos 'n volstruis in die sand druk! Als raak duurder, van groceries tot petrol. En Kuier K is ook nie gespaar nie. Dit kos n nou R2 meer.

Soos altyd doen ons ons bes om v vir julle waarde vir jul geld te gee. En h hierdie uitgawe is geen uitsonderi­ng n nie. Dis propvol stories van mense wat in inspireer, hoop gee en deurdruk wann neer die storms woed.

Ons pragfotose­ssie met die aktrise K Kim Syster gaan jou asem wegslaan. H Haar klein Nikolas is uiteindeli­k hier ná s sy die seer en verlies van twee babas m moes deurmaak.

As ek so na my kleintjies kyk, kan e ek soms self nie glo ek is twee keer g geseën om 'n ma te word nie. Dis die g grootste geskenk, en e een wat ek nooit, ooit v vir granted sal vat nie. •

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa