Kuier

EERSTE KLEINKIND ALKANT

-

natuurlike ouers wat Chris en Kim binne ’n oogwink geword het.“Dis amper of hulle altyd geweet het wat om te doen. Naturals,”sê Yvonne.

Sy het bloot net vasgevat, voeg Kim by.“Iets het net gekliek toe die baba daar is. Eintlik dink ek dít het nogal in ’n groot mate vir Chris ook gebeur, want hy is nou ’n pa, en verskrikli­k hands-on. En hy weet net wat om te doen. Saam maak ons ’n mean team.”

Haar derde swangerska­p was beplan, vertel Kim.“Dit was die laaste week van 2022 en ek het gekuier by my Mamma Henna-hulle – my Syster-familie op Clanwillia­m. Dis mos my ander tuisdorpie. Ek het nie my maandstond­e gekry nie en het besluit om te toets. Chris was nie saam met my nie.”

Die toetsie was positief. Sy was geskok, tog ook stil-stil verheug.“Ek het nie vir Chris gebel nie; ek wou hierdie nuus nie oor die foon met hom deel nie.”Toe trek sy haar jonger boet, Kewan (30), nader. Dié is al jare lank haar“secret-keeper”, vertel Kim. Sy het hom die dood voor die oë gesweer as hy enigiets sou verklap. “Hy het tjoepstil gebly.”

En op Oujaarsdag het sy Chris met die swangerska­pstokkie binne-in ’n boksie verras. Hy was eers uit die veld geslaan en het gedink sy maak ’n grap.“Toe sê ek, nee, dis legit. Hy was so opgewonde en wou dadelik vir almal vertel, maar ons het besluit om eers ’n ruk lank stil te bly daaroor. Onthou, elke keer toe ons ’n baba verloor het, het ons familie en vriende die pad saam gestap. En jy wil half nie weer die hoop gee nie; jy wil hulle die seer spaar as dinge weer moes verkeerd loop.”

Die paartjie het eers die wonderlike nuus met hul ouers gedeel ná hul eerste doktersafs­praak toe Kim nege weke swanger was.“Ek het eers later vir ander mense vertel. Van my pelle het eers uitgevind toe ek seker sewe maande swanger was. Almal vir wie ek vertel het, het ons geheim bewaar.”

Sy het swangerska­p-diabetes opgedoen en klein Nikolas het vroeër sy opwagting, op 11 Augustus, gemaak. “Hy moes eers op 4 September kom. Maar, sjoe, wat ’n magiese ervaring was sy geboorte nou nie! So vreedsaam. Ek is vyfuur die oggend teater toe en om 5:44 was ons baba daar. Alles het goed verloop.”

Die gevoel was oorweldige­nd om haar eie kind weer teen haar borskas vas te druk. Dié keer het sy wel“die lewe geskenk”, sê Kim.“Hy is albei ouerpare se heel eerste kleinkind. En toe ek ná sy geboorte in die hospitaalk­amer ingestoot word, was my mense al daar.”

Hul klein lyfie is hul geskenk van God. “Ek het net ’n konstante dankbaarhe­id in my hart. Hier sit ek met ons kind. Ons kind is uiteindeli­k hier!”

Sy het wel haar baby shower misgeloop.“Foeitog, maar ons het toe ’n video gestuur vir my vriende – wat steeds partytjie gehou het om Nikolas se lewe te vier. Hulle was so bly vir ons! Almal het saamgestap op ons pad van seerkry en teleurstel­ling en ons aan die hand gevat. Dié keer het almal saamgevier, selfs al kon ons nie daar wees nie. Hulle het steeds ’n wonderlike tyd gehad.”

TYD, GELOOF EN BERADING BRING GENESING

Draai ’n mens die klok terug na 2019, was dinge so anders.

Kim het op 18 weke ’n miskraam gehad, en in 2021 moes sy haar tweede swangerska­p termineer op net 22 weke, nadat sy ’n lewensbedr­eigende infeksie opgedoen het.

“Ek weet ons storie is nie uniek nie. Daar is soveel ander wat daardeur gaan, maar soms voel ’n mens alleen wanneer jy in daardie seer vasgevang is,”het sy kort ná haar hartseer ervaring vir Ivor Swartz, die aanbieder van die VIA-reeks Kies die Lewe, vertel.

Sy kon destyds nie self die besluit maak om haar tweede swangerska­p te beëindig op versoek van haar dokter nie.“Die dokter moes mý red. Maar ek het nog hoop gehad dat alles sal regkom. En omdat hy nie ons albei kon red nie, moes hy ’n besluit namens my neem. Dit was traumaties. Ek as ma sou my kind se lewe bo enigiets wou kies.”

Sy het, erken sy, geworstel met God en gevoel of sy misluk, en of dit alles haar skuld was. Met haar miskraam was Kim nog in Johannesbu­rg om klaar te skiet aan die sepie Binnelande­rs,

EK HET NET ’N KONSTANTE DANKBAARHE­ID IN MY HART. HIER SIT EK MET ONS KIND. ONS KIND IS UITEINDELI­K HIER!

KIM

waarin sy die rol van dr. Jax Davids gespeel het. Sy het reeds bedank en Chris, ’n sakebestuu­rder, was klaar in die Kaap – dis hier waar die paartjie opnuut saam-saam vir hulle ’n lewe wou uitkerf.“Dit was nog altyd die besluit om ons kinders in die Kaap groot te maak,” vertel Kim,‘n boorling van Mamre.

“Ek het myself heeltyd blameer vir goed. Soos toe ons byvoorbeel­d die keer af was by Binnelande­rs en ek besluit het om Kaap toe te vlieg. Ek was 15 weke swanger met ons eerste kind. Kort daarna, op 16 weke, is ek op bedrus geplaas.”

Maar toe sy 18 weke swanger was, het Kim vroeg in kraam gegaan en hul baba verloor.“Ek het heeltyd gewonder gewond of dit sou gebeur het as ek nié Kaap t toe gevlieg het nie. Dít het konstant in m my kop afgespeel.”

Die ergste was die leë gevoel daarna, daarn tydens hul rit vanaf Johannesbu­rg na die Kaap, vertel sy.“En ek het vir maa maande lank só gevoel. Dat iets missing is. Da Daar sit ek toe in die Kaap sonder ’n werk, sonder ons baba, en ek was kwaad vir myself met hope vrae in my kop. As jy alleen met jou gedagtes is, is daar amper te veel dinge waaraan jy dink. Jy praat heeltyd met God.”

Maar daar is wel een ding wat sy duidelik wil stel:“Ek het God gevra ‘hoekom?’, maar nooit‘hoekom ék?’nie. Want as ek sou vra‘hoekom ék?’, is dit amper asof ek sê dis oukei as dit met iemand anders moes gebeur. En ek wens dit niemand toe nie. Nie daardie soort leegheid nie.”

Terug in die Kaap het Kim haarself weer verdiep in nuwe rolle in reekse. Daar was 2020 se Skemerdans, toe volg Die Sentrum.

HULLE BELEEF DIE 2DE SLAG

Haar tweede swangerska­p in 2021 het die vreugdevur­e in hul harte laat opvlam.“Die eerste een was beplan, maar nie die tweede keer nie. Ek het gesukkel met fibroids en die dokter het ons aangeraai om liewer vir eers nie te probeer swanger raak voordat die fibroids nie verwyder is nie. Maar toe raak ek in elk geval swanger, en hoewel nie beplan nie, het ons dié blye nuus verwelkom.”

Maar uit die staanspoor was daar probleme. Kim het gesukkel met erge pyn en het uiteindeli­k só siek geword dat sy in die hospitaal beland het.“Ek sal die dokter se woorde nooit vergeet nie – hy het gesê hy kan nie vir ons sê dat dinge beter gaan raak nie, want dit gaan nie. Die pyn was dubbeld so erg as met die vorige swangerska­p, en ek was baie emosioneel. Ek kon nie besluit om te termineer nie, op die ou end het die dokter die besluit namens my gemaak.”

Nes met haar vorige miskraam, moes sy dié keer ook natuurlik geboorte skenk. En elke keer het Kim haar babas vasgehou, wetende dat hulle reeds dood was.“Dit slaan ’n mens plat. Want ek het nie die lewe geskenk aan hulle nie. Albei was reeds met geboorte oorlede. Ek kan daardie gevoel van wanhoop en hartseer nie beskryf nie.”

Die tweede verlies het weer ou wonde oopgekrap van haar vorige miskraam, vertel Kim.“Dit trigger al die gevoelens wat ’n mens ervaar het. Alles het weer teruggekom. Ek het dit alles

EK HET GOD GEVRA ‘HOEKOM?’, MAAR NOOIT ‘HOEKOM ÉK?’ NIE. EK WENS DIT NIEMAND TOE NIE. NIE DAARDIE SOORT LEEGHEID NIE.

KIM

wéér beleef.”

Maar nooit was sy bitter as ander geliefdes swanger geraak het in hierdie somber tyd van haar lewe nie.“Vir my was dit net ’n geval van: as dit iemand se beurt is, dan is dit jou tyd. Maar daar was mense wat te bang was om vir my te sê as hulle swanger was; tóg was ek steeds regtig net happy vir hulle.

“Dit was húlle tyd en húlle geskenk, en ek weet nie wat hulle byvoorbeel­d moes deurmaak om by daardie punt uit te kon kom nie. Maar ek het geworstel met God. Ek het op ’n kol vir die Here gevra,‘Here, wanneer dan?’”

En dan is daar die ander ding: ’n Mens se kop raas wanneer jy sulke trauma en verlies moet probeer verwerk, en tog vergeet mense dat pa’s ook rou, ook met seer sukkel, en ook ly.

“Dis nie net vir ’n ma traumaties om ’n kind te verloor nie, en selfs al dink mense die stelling is waar dat mans nie huil nie, is dit glad nie waar nie. Mans kry ook seer,”benadruk Kim.

“’n Mens moet hul pyn ook erken. Die ma dra die kind, maar albei ouers kry seer wanneer hulle ’n kind verloor.”

Die egpaar het besluit om saam deur hul rouproses te werk, om hul emosies met mekaar te deel, ’n rots te wees vir mekaar.“Ons het heeltyd opgecheck op mekaar en ons was daar vir mekaar, al die pad.”

Die trauma van verlies het hul huwelik verdiep. Met die eerste miskraam het sy verkies om nie profession­ele hulp te soek nie.“Daai tyd het ek gedink: Wat gaan ’n sielkundig­e vir my sê wat ek nie reeds weet nie? Hoe gaan ’n sielkundig­e in my skoene kan klim? Ek en Chris het besluit ons gaan albei deur die pyn en sal met mekaar daaroor praat. En as ons dan later nie meer kán nie, sal ons profession­ele hulp soek.”

Maar, die tweede keer was ’n moeiliker pad, vol opdraande.“Want as vrou voel jy asof jy nie genoeg is nie. Hier is ek so bitter lief vir my man, ek wou so graag ’n kind vir hom baar. In ’n mate frustreer dit jou en jy haal dit dan uit op die mens die naaste aan jou. Jy moet jouself heeltyd daaraan herinner dat hy ook deur hierdie diepe waters gaan.

“Sy manier van daardeur gaan, is dalk anders as joune. Sy manier van rou daaroor is anders. En ek het ook besef met pa’s moet jy hulle space gee om te rou op hulle manier.”

Dié keer het Kim besef: sy kan nie die pad stap sonder profession­ele hulp nie. “Daardie ervaring laat jou magteloos voel, en jy bevraagtek­en jou vrouwees. Soms kon ek nie meer oopmaak nie – selfs teenoor Chris. Ek het besef ek moet hulp kry van iemand wat objektief is.”

En vandag kan sy dít sterk aanbeveel. “Ek het nie eens besef ek het aan posttrauma­tiese stres gely nie. En ek het besluit ek gaan met ’n kenner gesels, en stap vandag nog ’n pad met beraders.”

NUWE LEWENSREIS MET NIKOLAS

Sy wonder dikwels na wie hul seuntjie gaan aard wanneer hy y ouer is.

“Ek het nou die dag vir Chris gesê ek wonder waarvan hy y sal hou – sal hy soos sy ma dans of toneelspel, neelspel, soos sy pa rugby speel, of dalk k sal hy ’n sakeman word soos sy oupa, pa, of ’n onderwyser soos sy ouma? ’n Mens wonder maar net. Of hy gaan dalk iets totaal en al anders doen wat ons ns nie sal verwag nie. Hy ís immers sy eie e baas.”

Haar loopbaan is goed oed op dreef, selfs al maak Arendsvlei in Junie vanjaar klaar.

Om die sluwe Rachel el Saaiman te speel, was beslis ’n hoogtepunt.“Dis ogtepunt.“Dis ietsie anders in vergelykin­g yking met ander goed wat ek voorheen n gedoen het. Mense is gewoond daaraan aaraan om my in ’n wholesome verhouding ouding of rol te sien. Gelukkig speel ek k darem altyd sterk vroue, en hierdie e karakter is kompleks. Daar is soveel eel lae tot Rachel en ek probeer om nooit my karakters te oordeel eel nie – dis vir my uiters belangrik.” k.”

Sy gaan kuier gereeld eld op Mamre, waar haar ma steeds woon. Kim se ouers is jare gelede geskei. Mamre e se mense is vreeslik trots op Kim, m, vertel haar ma, Yvonne.“Veral die e ouer garde, wat haar goed as kind leer ken het. As hulle my sien, moet ek gereeld eeld hoor:‘Oeee, ons sal jou u moet kom sien oor jou u kind; sy moet ’n lekker r pak slae kry!’Ek sê altyd, yd, onthou, dis net ’n karakter wat sy speel. Sy is beslis nie soos Rachel nie, maar dit wys net hoe goed sy haar rol speel.”

Kim besef sy en Chris sal dinge voortaan anders moet aanpak noudat kleinman daar is.“Voorheen was dit maklik om net ons drome te volg. Chris sou altyd net sê:‘Gaan, leef jou drome uit.’En daar gaa’t ek dan. Maar nou sal dinge anders werk want ons kind kom voor my loopbaan.”

Die Here het hul Nikolas-kindjie op hul pad geplaas en sy en Chris is bloot daar om sy lewensreis te fasiliteer.

“Ons kind word net aan ons geleen. En dis ’n groot verantwoor­delikheid; ’n groot taak. Maar ons is hier om hom te lei. Ons is reg,”meen Kim.

“Dis nou net ’n nuwe soort navigasie met ons babaseuntj­ie in die voorste sitplek.”

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Kim en haar ma,m Yvonne, wat graaag hand bysit metm haar heel eerrste kleinkind. Alkkant is die famiilies gek oor dié miraccleba­aba.
Kim en haar ma,m Yvonne, wat graaag hand bysit metm haar heel eerrste kleinkind. Alkkant is die famiilies gek oor dié miraccleba­aba.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa