Kuier

DIE LEWE MET KELOÏEDE

-

van die gemeenskap lánkal verder as veldiep. Nog so iemand was die dermatoloo­g dr. Ansua Steyn van Victoriaba­ai, beter bekend as Dr. Etter (VIA se weergawe van Dr. Pimple Popper), wat onlangs met ’n mediese span in ’n vyf uur lange operasie van die groeisels begin verwyder het.

Die groeisels het begin toe Melvin ’n tiener was. Hulle het eers gedink dis gewone tienerpuis­ies wat handuit ruk, maar dit het net ál groter geraak. In 2005 het die dokter wat die eerste keer aan hom gesny het, verduideli­k die keloïede ontstaan weens ’n soort“misverstan­d” tussen die vel en die brein.

“As jy op jou vel seerkry, sal die vel vir die brein sê daar is ’n‘eina’,” verduideli­k Melvin.“Die brein gee dan vir die liggaam ’n opdrag om kollageen te vervaardig en te herstel, herstel, herstel. Maar wanneer dit gesond is, kom die boodskap nie weer by die brein uit dat dit nou genoeg is nie. Die lyf hou aan kollageen vervaardig.”

Hy ken sy toestand en lyf soos die palm van sy hand. Maar hy weet nie hoekom die keloïede ook op sy rug en bors begin vorm het nie.“Dis die ding wat ek nie kan verklaar nie. Niemand het my in die rug gesteek nie. Daar was nie ’n ongeluk nie. Netso op my bo-arms.”

Die toestand is nie aansteekli­k nie, en dis geneties, sê hy.“My ma het ’n keloïed op haar borsbeen gehad waar sy met ’n mes gesteek was. Haar naam was Nellie Maxim. Sy is op 63 oorlede. Haar niere het ingegee.

“Maar as jy my sien, dan sien jy my pa. My pa, Johannes, is in 2022 oorlede – ’n jaar ná my ma. Ek vermoed aan ’n gebreekte hart. Hy wou seker na haar toe gaan. Soos my ma, het hy ’n sterk persoonlik­heid gehad. Hy was baie streng. Hy was ook ’n busdrywer, nes ek destyds was. My pa het gesê jy moet twee kante van die lewe ken, en jy moet met jou brein én jou hande kan werk. Hy het my leer carpentry doen, my geleer bou en messel . . . Hy was trots op my. Ek is die middelste van vyf susters en drie broers.”

Vir Melvin het die busdrywery egter nie uitgewerk nie. Hy het sy werk as busdrywer in George ná ’n jaar en ’n half verloor omdat mense nie saam met hom wou ry nie.“Mense wou ook nie langs my sit nie. Dalk was hulle bang vir aansteek. Wie weet? My vrou was‘n passasier. Dis hoe ons mekaar leer ken het.”

Hy en sy vrou, Nadine Magerman (40), is al ses jaar lank getroud.“Sy en haar familie het verby my gesig tot binne-in my gekyk,”vertel hy.

Melvin sal graag weer busse of taxi’s wil bestuur.“Ek bestuur baie goed,”sê hy.“Ek het al 10 velle gegroei. Ek word nie meer maklik gekwets nie. Mense sal my aankyk. Dit maak nie vir my saak nie. As dit aansteekli­k was vir ander mense, hoekom is ek steeds die enigste een hier rond met keloïede? Jy kan mos een en een bymekaarsi­t.” skouers groei, sal eers later afgesny word.

Dié soort groeisels kom altyd weer terug, maar Melvin het direk ná die operasie bestraling gekry sodat die groeisels kleiner en minder aggressief sal terugkeer.

Die vyf uur lange operasie het uiteindeli­k baie spanning vir almal veroorsaak. “Ons moes hom teen die einde van die dag in Hermanus kry, omdat hy dieselfde dag van die operasie sy eerste radioterap­ie moes hê vir die proses om suksesvol te wees. Hermanus is die naaste plek met die tipe masjien wat ons benodig het.”

Hulle kon eers 13:30 uit Knysna ry – en Hermanus is meer as 400 km weg. Almal het ingespring om te help en sommer gou het hulle die verkeersho­of op die lyn gehad om toestemmin­g te kry sodat hulle met ’n stinkspoed na Hermanus kon jaag!

Nikki du Toit van die Lekker Nikki Network, wat mense in die Tuinroete rondrits, het met Melvin deurgejaag en die radioterap­ie-sentrum in Hermanus het op high alert gebly. Melvin kon net voor 18:00 daai Donderdag sy eerste dosis bestraling kry. Hy het die dag daarna nóg twee sessies gehad.

Nou klou hy vas aan die hoop vir ’n beter lewe, sê Melvin.“Ek is só dankbaar. Al het hoe ek lyk my nie eintlik gepla nie, is dit great om nou ligter te voel.”

 ?? ?? Dit het dokters vyf uur gevat om die groeisels aan weerskante van sy gesig te verwyder.
Dit het dokters vyf uur gevat om die groeisels aan weerskante van sy gesig te verwyder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa