Kuier

BELLVILLE TOT OORSEE

-

het God volle beheer oor my lewe gegee.

“Psalm 37:32 sê:‘Die voetstappe van ’n goeie man word deur die Here bepaal.’ Ek het let go, en ek het God volle beheer gegee oor hierdie geloofskui­f wat ek in Julie 2017 gemaak het.”

Hy besef nou dat hý die probleem was. Nie God nie.“Ek onthou dat ek alles wat ek in Suid-Afrika gehad in 2018, toe laat gaan het. Toe was dit nét ek en God. Al wat ek gehad het, was God. Die oomblik wat dít gebeur het, het God my beker só volgegooi dat dit oorgeloop het!”

Morné het van 2017 tot 2021 in die dorpie Wilberforc­e in Ohio gewoon, maar in Januarie 2022 na Columbus verhuis. Hy was toe senior pastoor van die Moederkerk, The Historic St Paul AME Church.

“My eerste jaar in Amerika was baie moeilik en ek het gesukkel omdat ek alleen en homesick in ’n ander kultuur was, waar die element van gemeenskap en samesyn baie skaars is. Mense in Amerika is baie privaat en hulle leef solo-lewens. Dit was ’n groot aanpassing en soms, amper sewe jaar later, steeds ’n aanpassing.

“Dit was egter ook ’n genesingst­ydperk vir my. Die isolasie het my grootste seën geword. Ek moes genees van die trauma van dood en verlies. Soveel as wat ek gehuil en gedink het dit is eensaamhei­d en heimwee, was dit ook groei, persoonlik­e geestesges­ondheidswe­rk, en genesing.”

Morné is op 6 Junie 1981 aan Dorothy en Dirk Meyer gebore. Hy is die jongste van vyf kinders. Sy pa was ’n sakeman en ma ’n huisvrou. Sy enigste oorlewende sibbe is sy broer, Dirk Meyer jr., en suster, Jacky Arendse.

“Ek het in ’n baie streng huis grootgewor­d, met ’n ma wat hoë morele waardes ingeboesem, en geglo het in dissipline en orde. Alhoewel die lewe finansieel nie moeilik was nie, het my ouers verseker dat ek die waarde van harde werk ken en om te werk vir wat ek in die lewe wil hê.”

Sy kinderdae was baie gelukkig en onvergeetl­ik, sê Morné. Sy ma het probeer om ruimte vir groei en geestelike ontwikkeli­ng vir hom te skep, en selfs deur haar strengheid het sy hom met sy persoonlik­e groei gehelp tot wie hy sou word.

Ná matriek het hy vir sy N4-N6-diploma in publieke administra­sie geswot aan die destydse Tygerberg Kollege (nou Northlink College). Hier is hy toe ’n werk aangebied in die studenteon­dersteunin­gsdienste-departemen­t. Hy’t so ’n jaar daar gewerk toe Boland Kollege hom in 2003 ge-headhunt het vir ’n job in hul bemarkings- en studentewe­rwingsdepa­rtement.

Hy sê hy het sy calling tot die bediening in 2005 ontvang. Toe was hy nog lid van die Calvary AME-kerk in Hexpark in Worcester. Hy het toe met sy teologie-opleiding by die saamgevoeg­de raad (van die Universite­it van Pretoria se teologiefa­kulteit) begin, en krediete verwerf.

“Ek het my vyf jaar praktiese opleiding deur die AME-kerk se eksaminato­r-raad ontvang. In 2006 het ek my pre-ordination by my eerste kerk, in Villiersdo­rp, ontvang, en in 2007 is ek ordained. Hierna erna het ek ses gemeentes – in Oudtshoorn, oorn, Ashton, Vanwyksvle­i (Noord-Kaap), , Grassy Park (Kaapstad), Tulbagh en Atlantis – bedien.”

Morné het in 2009 ’n PR, events en catering-besigheid, MM Events, begin. gin. Hy was die 2005- Idols- wenner, Karin n Kortjé, se PR manager en het ook aan an projekte met die 2009-wenner, SashahaLee Davids, gewerk.

Hy sê sy sosiale media-roem het begin met ’n video in 2019, toe een n van sy besties, die sanger Robin Pieeters, vir hom in Amerika kom kuier het.“Ek was nog altyd op sosiale media, maar nie op dié vlak nie. Ons ns het ’n video oor ons reis gemaak. Ek k en Robin het ’n‘banter’relationsh­ip. p.

“Mense het van die video gehou en wou meer hê.“Ek wou nooit my eie page hê nie. Toe gebeur Covid en die lockdown, en ek begin toe die“Rev. M” page, nou bekend as die“Dr. M”page. Ek het Facebook gebruik om mense te inspireer, motiveer en aan te moedig. Dit is ’n ruimte vir my om vreugde en geluk te deel, maar ook om te educate en werklike ervarings te belig.”

Morné sê een van die hoogtepunt­e en mees onvergeetl­ike oomblikke in sy lewe is toe sy vriend Robin vir hom in Amerika kom kuier en vir hom ’n Graduation Celebratio­n Show hier in die Kaap bymekaarge­sit het. Robin het ’n rits kunstenaar­s genooi wat oor die jare heen Morné se pad gekruis het as deel van sy lewensreis, soos Karin Kortjé, Salome Damon Johansen, Sasha-Lee Davids, Loukmaan Adams en die Arendsvlei- aktrise Jolene Martin.

Morné oorweeg dit om eendag permanent terug te keer na Suid-Afrika wanneer hy aftree. Maar hy is nie in beheer van sy toekoms nie, en hy laat dit in God se Hande om vir hom die pad te wys.

MORNÉ

 ?? ?? BO: By sy Graduation Celebratio­n Show kon Morné (in die wit pak), die aand vier met sangers soos (van heel links) Salome Damon Johansen, Loukmaan Adams, Sasha-Lee Davids, Robin Pieters en Karin Kortjé.
ONDER: Morné in die strate van Ohio. Hy gebruik sosiale media om uit te reik na mense.
BO: By sy Graduation Celebratio­n Show kon Morné (in die wit pak), die aand vier met sangers soos (van heel links) Salome Damon Johansen, Loukmaan Adams, Sasha-Lee Davids, Robin Pieters en Karin Kortjé. ONDER: Morné in die strate van Ohio. Hy gebruik sosiale media om uit te reik na mense.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa