Kuier

JOU KIND IS SKOOLGEREE­D AS . . .

-

1. Hulle fisiek gereed is

Hulle moet hul eie skooltas kan pak en dra; op hul eie toilet toe kan gaan sonder die hulp van ’n volwassene; hulself reg kan aantrek (knope en zips kan vasmaak); die nodige motoriese vaardighed­e hê (moet kan huppel, hardloop en spring sonder om dikwels te struikel); hul potloodgre­ep moet korrek wees; hulle moet ’n groot bal kan skop én vang; en hulle moet op hul eie ander en diere se liggaamsde­le kan noem.

2. Hulle intellektu­eel gereed is

Hulle ken, en kan hul eie ouderdom noem; ken die basiese kleure; kan objekte sorteer volgens kleur, vorm, grootte, gewig, tipe en lengte; kan ’n eenvoudige skets met basiese geometries­e lyne kopieer; kan hul eie herkenbare skets van ’n boom, huis of dier maak; kan ’n eenvoudige legkaart bou, en vermy duidelik gevaarlike situasies.

3. Hulle taalgereed is

Kan hulself duidelik deur taal uitdruk en na woorde wys wanneer hul“lees”; leer maklike rympies en liedjies gemaklik aan; reageer op vrae, het algemene kennis, en kan ’n storie of ervaring in volgorde oorvertel.

4. Sosiale gereedheid

Is opgeruimd; kan vir ’n paar uur van die ouers af weg wees; huil nie wanneer hul met ’n klein probleem gekonfront­eer word nie; kan hul beurt afwag; kan die onderwyser se aandag met ander deel; is aanpasbaar in vreemde situasies en kan onafhankli­k werk.

5. Emosioneel gereed

Kan sosiale interaksie met ander hê; verstaan hul eie emosies en kan dit selfregule­er; kan vir ’n paar uur sonder die ouers of care-giver klaarkom; kan die omgewing verken op hul eie, en kan hul behoeftes duidelik kommunikee­r.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa