Kuier

HALLO, LIEWE KUIER- LESERS!

-

Daai luilekker Desemberva­kansie langs die see voel alweer soos 'n leeftyd terug. Net 'n dag nadat ons terug by die huis geland het, was die laptop uit en het die 2024-werkjaar amptelik afgeskop.

Teen druktyd het matrikulan­te landwyd nog asem opgehou vir hul uitslae. My nefie wat saam met ons op Agulhas vakansie gehou het, was een van hulle. As hy stres, steek hy dit goed weg. Nee kyk, daai man geniet al die lewe weg van die skoolbanke.

Ek was 23 jaar gelede in matriek. Dit voel soos 'n leeftyd terug! Destyds het die senuwees maar erg geknaag en was daar vlinders in die maag in die dae voor ons eindresult­ate bekendgema­ak is. Al weet jy dat jy slaag, is daar nog steeds daai stemmetjie in jou agterkop wat jou laat twyfel . . .

Vir baie is dit 'n plesierige tyd as jy slaag en daai sertifikaa­t in jou hand het wat soveel deure vir jou kan oopmaak. Aan die ander kant kan dit verpletter­end wees as jy nie matriek deurkom nie. Maar dit beteken nie jy kan nie 'n loopbaan vir jouself oopkerf, óf dat jou drome nou daarmee heen is nie.

In hierdie uitgawe wys ons nie net vir watter werk jy nié matriek nodig het nie (bladsy 48), ons vertel ook stories van mense wat sonder matriek groot sukses behaal het.Thereza Raman is een van hulle (bladsy 20).

Thereza het op skool drie keer gedruip, en eers op die rype ouderdom van 40 haar matriek gekry. Nou spog sy op 56 met 'n meestersgr­aad in onderwys agter haar naam. En dié ma van twee seuns het ook haar droomwerk losgeslaan – as skoolhoof van die Hoërskool Namakwalan­d op Springbok. Nee kyk, dít wil gedoen wees!

Die komediant Robby Collins (36) is disleksies en skool was vir hom alsbehalwe lekker. Hy't nie matriek klaargemaa­k nie. Maar hy't 'n gawe om mense te laat lag. Nou doen hy dit vir 'n lewe (bladsy 22).

Trevor Peterson (59) van Bonteheuwe­l moes skool los om finansieel vir sy gesin te sorg. Hy't eers op 30 sy matriek behaal. Hy was 'n swemsensas­ie op sy dag en wou sportweten­skap aan die Universite­it van Wes-Kaapland swot. Maar hy's aanvanklik afgekeur. Dit het hom net nóg meer vasberade gemaak en hy's op die ou end aanvaar weens al sy sportprest­asies.

Ja, daai matriekser­tifikaat is jou pasp poort tot hoër onderwys by instelling­s s soos universite­ite en kolleges, maar jy h hoef nie in sak en as te gaan sit as jy dit n nie kry nie.

Thereza, Robby en Trevor se stories v van uithou en aanhou het my herinn ner aan my oud-skool, die Hoërskool N Napier, se leuse: 'Aanhou wen'. Dié trio is die lewende bewys dat harde werk v vrugte afwerp.

Die lewe sal maar bra saai wees s sonder uitdagings en lesse om jou te s shape en sterker te maak. Ek het oor d die jare geleer niks val sommer in 'n m mens se skoot nie. Jy moet hard werk v vir dít wat jy wil hê. En selfs al misluk jy in wat jy aanpak, is die lesse wat jy la langs die pad leer, ook d deel van jou suksess storie . . . •

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa