Kuier

‘ EK KAN WEER SMILE’

Lelitha se gesiggie was erg geskend ná ’n pitbullaan­val, maar nou kan sy weer smile ná ’n innoverend­e operasie

- DEUR KESHIA AFRICA

Haar ma het vir haar ’n spesiale treat vir haar 10de verjaardag gereël: ’n Besoek aan die SPCA om tyd saam met die diere te spandeer. En ’n foto van Lelitha Jantjies wat ’n oulike hondjie vashou, sê alles – dié dogtertjie is in haar element met vierpotige­s. “Sy is baie lief vir diere,”sê haar ma, Ahisa Louw (30). En dis glad nie ongewoon nie. Kinders van haar ouderdom is gewoonlik mal oor furry diertjies.

Maar wanneer jy hoor wat met Lelitha gebeur het, is die feit dat sy so gemaklik rondom honde is, eintlik wonderbaar­lik.

Dís omdat die gesin se 11 maande oue pitbull, Jordan, Lelitha in Augustus 2022 aangeval het. Sy was só erg verskeur dat sy uitgebreid­e behandelin­g moes kry. Maar dit gaan nou goed met haar dogter, sê Ahisa.

Die scars op haar gesig het haar by die skool onder die boelies laat deurloop, maar dit lyk baie beter danksy ’n spesialiss­pan wat dit vir Lelitha moontlik gemaak het om weer die wêreld met ’n smile op haar gesig in die oë te kyk.

Dit was ’n lang, moeilike pad, sê Ahisa. Daardie dag toe sy haar dogter in ’n plas bloed gevind het, sal vir altyd by haar spook . . .

Sy en haar seun, Luciano (8), is op dié dag na ’n winkel naby hul huis in Friemershe­im naby George om ’n brood te gaan koop. Lelitha was pas terug van krieketoef­ening en wou ’n nap gaan vat.

Toe Ahisa by die huis kom, het ’n skoktoneel haar begroet: Sy het ’n spoor bloed van die kombuis tot by haar dogter se kamer gesien. Toe sy daar kom, het Lelitha met haar gesig na onder, bewusteloo­s, op die vloer gelê. Ahisa kon haar bybring met ’n nat waslap, en toe Lelitha haar ogies oopmaak, het sy gesê:“Dit was Jordan, Mammie. Hy het my attack.”

Die skade was iets verskrikli­ks. Stukke van Lelitha se gesig en arms was afgeskeur en Luciano het begin skree vir hulp.

Die bure het oorgehardl­oop en hulle na die George-hospitaal geneem waar medici vier ure lank Lelitha se wonde skoongemaa­k en bedek het. Sy was ’n week lank in die hospitaal, en haar beserings was só erg dat Ahisa haar van spieëls weggehou het, en vir besoekers gevra het om nie te reageer as hulle haar sien nie.“Die dokters het gesê sy kan dalk ’n paniekaanv­al kry as sy sien hoe sy lyk,” vertel Ahisa, ’n hairdresse­r en enkelma.

“Die trauma van daai eerste week is steeds moeilik vir my om oor te praat. Ek moes sterk wees . . . Dis wat my kind nodig gehad het.”

Die SPCA het daarna besluit om vir Jordan uit te sit. Hy was nie voorheen aggressief nie en familie en vriende kon nie glo hy het die dogtertjie aangeval nie.

“Die SPCA meen hy het dalk verskeie reuke aan haar geruik ná die krieketoef­ening en ‘gevaar’aangevoel,”sê Ahisa.

Hy was dalk ook onrustig omdat die gesin ten tyde van die voorval pas getrek

het.“Toe die SPCA se inspekteur­s Jordan nader om hom te ondersoek, het hy hulle dreigend genader en hulle het die besluit geneem om hom te laat uitsit.”

DIE OPERASIES

Lelitha moes ’n veloorplan­ting kry en is na die Rooikruis-kinderhosp­itaal in Kaapstad oorgeplaas. Sy het ’n oorplantin­g onder haar oog gekry met vel wat van haar arm geneem is, en het operasies gekry om die wonde op die res van haar gesig en arms toe te maak.

Alles het goed afgeloop en sy is binne twee dae ontslaan. By die huis het Ahisa, met die hulp van verpleegst­ers van die George-hospitaal, haar wonde skoongemaa­k en haar verbande vir die volgende agt weke omgeruil. Lelitha se kakebeen was ook beskadig en sy was vir verskeie weke op ’n vloeistofd­ieet.

“Ek het ’n spuit gebruik om haar te voer,”sê Ahisa. Toe haar wonde genees was, het Lelitha – wat toe in graad drie was – teruggekee­r skool toe, maar haar gesig was nog geswel.

“Ek het haar met ’n masker skool toe gestuur om die scars te bedek, maar sy was só erg geboelie dat ek besluit het om haar en haar broer, wat in graad R was, vir ’n rukkie uit die skool te haal,”sê Ahisa.

Toe Lelitha se wonde begin littekenwe­efsel vorm, het Ahisa ’n laserklini­ek in George oor verdere behandelin­g genader. Ná ’n ondersoek is daar besluit Lelitha moet laserbehan­deling onder narkose kry. Maar Alet Coetzee, die kliniek se hoof-somatoloog (‘n welstands- en skoonheids­kundige), het besluit om vir dr. Ansua Steyn, ’n dokter in George met ervaring in littekenbe­handeling – vir haar opinie te vra.

Ansua het besluit dit sou beter vir Lelitha wees om littekenbe­handeling (scar revision treatment) te kry. Dié prosedure verminder die grootte en voorkoms van littekens deur in die scars te sny en die weefsel te verwyder sodat die littekens merkbaar verminder lyk. ’n Enkele behandelin­g in plaas van verskeie weeklikse lasersessi­es was nodig.

Ansua het dr. Marshall Murdoch, ’n plastiese chirurg saam met wie sy gereeld werk, en die narkotiseu­r dr. Catherine Knights gekontak om die operasie saam met haar te doen. Dié dokters het dit in September pro bono by die Advanced Knysna Surgical Centre gedoen, en die drie uur lange operasie het glad verloop, vertel Ansua.“Die beste deel van alles was om haar weer gelukkig en selfversek­erd te sien.”

GEBED ‘RED’ HAAR

Sy kon die trane nie keer toe sy haar dogter vir die eerste keer sedert die aanval sien glimlag nie, sê Ahisa.“Lelitha was vir maande amper emosieloos en toe ek haar glimag sien op die dag toe die verbande afgehaal is, het ek in trane uitgebars.”

Ahisa sal vir altyd dankbaar wees vir die dokters wat die werk sonder betaling gedoen het.“Dis heartwarmi­ng om te weet daar is mense daarbuite wat ander se beste belange op die hart dra.”

Lelitha het eers onlangs oor die aanval begin praat, vertel haar ma.“Sy het soveel nagmerries gehad en het gillend wakker geword. Ek het haar in my bed laat slaap om haar te kalmeer.”

Toe Lelitha en Luciano in November vir die eerste keer in byna ’n jaar terug skool toe is, was dit omtrent ’n gelukkige oomblik.“Hulle was so opgewonde jy sou dink dis hul eerste skooldag.

Toe hulle by die huis kom, wou hulle nie eens hul skoolklere uittrek nie. Hulle wou daarin gaan slaap.”

Die span dokters en familieled­e het die gesin deur ’n baie moeilike jaar gehelp, sê Ahisa.“Ons sou dit nie sonder hul hulp gemaak het nie.”

Sy vertel van ’n gesprek wat Lelitha onlangs met Luciano oor die aanval gehad het.“Sy het gesê sy het geglo sy gaan doodgaan. En in daardie oomblik het sy gebid en gevra:‘God, as U my regtig liefhet, stuur hulp’. En dit was die oomblik toe ek by die deur ingestap het.”

Lelitha was vir maande emosieloos en toe ek haar glimlag sien op die dag toe die verbande afgehaal is, het ek in trane uitgebars.

AHISA

 ?? ?? HOOFFOTO: Lelitha Jantjies kyk die lewe in die oë ná ’n operasie om haar scars ligter te maak.
HOOFFOTO: Lelitha Jantjies kyk die lewe in die oë ná ’n operasie om haar scars ligter te maak.
 ?? ??
 ?? ?? LINKS: Saam met haar ma, Ahisa Louw. ONDER: Lelitha saam met dr. Ansua Steyn, wat die operasie gedoen het, en die somatoloog Alet Coetzee. HEEL ONDER: Lelitha en haar broer, Luciano, was baie bly toe hulle in November weer skool toe kon gaan.
LINKS: Saam met haar ma, Ahisa Louw. ONDER: Lelitha saam met dr. Ansua Steyn, wat die operasie gedoen het, en die somatoloog Alet Coetzee. HEEL ONDER: Lelitha en haar broer, Luciano, was baie bly toe hulle in November weer skool toe kon gaan.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa