Kuier

GOD GENEES MY ABORSIE-SEER

Jare gelede moes sy teen haar wil ’n kind aborteer. Nou maak Leanne Haas oop oor dié bitterlike seer, om ook ander vroue met dié geheim te troos

- DEUR MICHELLE LINNERT JANSEN

Sy het Katoliek grootgewor­d en was ’n stoere anti-aborsie-aktivis. Toe raak sy op 22 swanger en haar ou vat haar dadelik vir ’n aborsie. Leanne Haas (40) van Springs in Gauteng was so shell-shocked tydens die hele pynlike prosedure, dat sy net“ja”gesê het toe die nurse vra of dít wel was wat sy wou doen. Agterna het sy nog gewonder hoe sy ’n kind sou grootmaak met ’n partner wat haar verwerp. En wat gaan haar ma sê? So, dalk wás dit maar vir die beste . . .

Maar toe begin dit by haar spook. En 14 jaar ná die aborsie het sy haar weg teruggevin­d na die Here, wat haar toe gelei het om ’n gedig oor die hele ervaring rondom die aborsie te pen.

Sy praat nou openlik daaroor, en het intussen ook ’n niewinsged­rewe organisasi­e (NPO) begin waardeur sy vroue – ook dié wat aborsie oorweeg – bystaan.

“Ek was so ’n passionate anti-abortion activist. Ek kom uit ’n gebroke huis uit. My ouers is geskei. Daar is dinge wat gebeur het wat diep wonde veroorsaak het in ’n mens se siel. Ek was maar ’n gebroke tiener. Ek het ook op pornografi­e afgekom toe ek agt was – hulle sê mos ’n kind wat hieraan blootgeste­l word, se skade is dieselfde as ’n kind wat gemolestee­r is.”

REBELSE STREAK BEGIN

Sy het rebels begin raak rondom die ouderdom van 21, vertel Leanne.“My pa (70) was maar nog altyd effens verfynd. So toe ek destyds ’n macho ou ontmoet, was ek heel taken met dié‘bad boy’. Ek dink my en dié ou se gebrokenhe­id was ‘gekoppel’. So ’n paar maande later vind ek toe uit ek verwag. Dit was moeilik, want my ouers het hom nie geken nie, en sy ma-hulle vir my ook nie.”

Leanne het‘n ouer broer en twee jonger susters, van wie een in haar tienerjare swanger geraak het.

Leanne vertel dié nuus is glad nie goed ontvang nie, en daar sit sy toe‘n paar jaar later sélf met so‘n boodskap. “Ek was die‘goeie’, soet kind. Partykeer is ’n mens skaam, want jy het dieselfde ding gaan staan en doen. Ek sou dan ’n single ma moes wees, want die

outjie het my straight gesê:‘Leanne, ek wil nie ’n kind hê nie. Ons was net ’n paar maande saam.’Daar was painful woorde. Ek dink baie min vroue gaan uit hul eie vir ’n aborsie,” vertel sy.

Hy het haar na ’n privaat kliniek in Johannesbu­rg gevat en betaal vir die prosedure. Dit was nie sy eerste keer daar nie.“Hy het al ’n paar meisies daarnatoe gevat, so obviously het hy geweet waarnatoe om te gaan.”Sy onthou die somber atmosfeer goed.“Asof ons op pad was na ’n begrafnis.”

Op 24 Augustus 2005 was sy 22 en byna 14 weke swanger. Toe begin haar hel.“My baba was al fully developed, sy moes net begin groei. Ek glo dit was ’n dogtertjie. ’n Mens kom daar en dan sit jy in dié yskoue plek. Niks is comfortabl­e nie. Daar’s nie eens materiaal wat jy kan lees oor die process wat jou dalk lastminute jou mind kan laat change nie.

“Toe kom die suster na my toe, heel judgementa­l, en gee my ’n indemnityv­orm om te sign. Toe vra sy:‘Is dit wat jy wil doen?’en ek moes self antwoord. Ek sê toe vir haar,‘well, he wants me to do it.’Toe vra sy weer. Ek kon seker daar ‘nee’gesê het, maar gebaseer op wat ek geweet het, sê ek toe maar‘ja’. Ek was heartbroke­n. Numb.”

Hulle is na ’n kamertjie waar sy vier pille gekry het. Twee moes sy met “amper-kookwarm water”afsluk, en twee moes onder ingaan. Ná so twee uur se wag moes sy op ’n bed gaan lê. Sy verduideli­k in grafiese detail hoe ’n “skerp apparaat”met“’n steek-en-suigaksie”die fetus moes verwyder.“Dit was asof my siel nie in my liggaam was nie. Hulle was nie gentle nie,”sê sy.

“Daar was ’n acid-reuk om my. Ek het gedink daai suction trek die baba uit en as jy klaar is, kan jy gaan. Jy moet terug vir ’n script, maar ek het nooit gegaan nie. Daai aand toe ek in my bed lê, kry ek die verskrikli­kste pyn ooit! Erger as by die kliniek, erger as childbirth – ek het nou twee kinders, en dít was nie so erg nie.”

Leanne is badkamer toe. Iets moes uit, maar dit het vasgesit.“Ek moes dit uittrek. Dit het gevoel asof ek ’n hoendervle­rkie uittrek. Ek het gekyk, maar kon nie vir lank kyk nie. Toe draai ek dit in toiletpapi­er toe en gooi dit in die vullisdrom. Dieselfde acid-reuk het afgekom, so dit was obviously die pille wat begin werk het. Ek kon definitief uitmaak dit was ’n fetussie. Dit was nie lewend nie. Maar dit was ’n mensie . . .”

MOEILIKE HERSTELPAD

Die volgende dag moes Leanne gaan werk“met pyn wat gevoel het asof ek geboorte gegee het”. Alles was ’n geheim, maar haar ma (nou 63) het alles later in haar dagboek gelees, sê Leanne.

Sy is egter nou dankbaar dat sy die hele ervaring beleef het. ”Ek het geweet dis my calling, daarom het God allow dat ek daardeur gaan.

“Ek kan stééds ’n anti-abortion activist wees, maar hierdie keer kom dit uit ’n posisie van ek wat weet waarvan ek praat. Dis een ding om vir meisies te sê moet dit nie doen nie; dis ’n ander ding om presies te kan sê hoekom nié.

“Ek voel dis oneties en ’n sonde as jy ’n Christian is. En ook oor die effek wat dit op jou lewe gaan hê as vrou en mens – it’s not worth it. Kyk dan eerder na ander opsies, soos adoption. Nou kan ek soveel meer vroue help wat ook hierdie paadjie stap, of gestap het.”

Sy het in 2009 weer swanger geraak, en ’n wonderwerk het met haar gebeur, glo Leanne.“Toe was dit asof die Here vir my sê ek moet wakker skrik; ek het dom besluite gemaak.”

Op ’n maand swanger het sy uit dié verhouding gestap.“Dis asof die Here my my seun gegee het sodat ek net weer my krag kon terugkry.”

Sy en haar seunskind se pa het geen kontak nie.

Haar finale heling het met die skryf van die gedig 14 jaar ná die aborsie gekom, sê Leanne.

Daarin sit sy die hele ervaring uiteen. “Die Heilige Gees het die gedig uit my gebring; ek neem geen krediet daarvoor nie.”

Dit het op‘n dag gebeur toe sy moes gaan werk, maar sy net nie kon opstaan nie.“Ek het toe besef ek moes myself vergewe, en ek moes my eks vergewe. Toe skryf ek die gedig.

“Met my spiritual growth het ek besef ek moet ander vroue help.”

’n Versie uit Jesaja 61 het by haar opgekom, en sy glo God het haar daardeur herdoop na“Liberty”. Dís ook die naam van haar NPO – Liberty Kingdom Ambassador­s – wat fokus op vroueminis­try, mentoring en berading.

Sy en haar ma bedryf ook ’n voedingske­ma, die Klipsop Kombuis. Albei organisasi­es is gebaseer in Springs.

“Ek is so tevrede. Die Here kyk na my. Ek is ’n caterer, en dan bestuur ek die NPO. Die uitreike is nou vir my belangrik. Nou voel ek spirituall­y sterk genoeg om oor die aborsie te praat. Wat ek vir ander in dieselfde posisie sal sê, is: ‘Bly by die Here se voete, want dan sal jy nie maklik val nie.”

Ek het toe besef ek moes myself vergewe en ek moes my eks vergewe. Toe skryf ek die gedig. Met my spiritual growth het ek besef ek moet ander vroue help. LEANNE

 ?? ?? HOOFFOTO: Leanne Haas het ná ‘n aborsie jare gelede haar stem gevind en help deesdae ander wat daarmee worstel, om dié seer besluit te verwerk.
HOOFFOTO: Leanne Haas het ná ‘n aborsie jare gelede haar stem gevind en help deesdae ander wat daarmee worstel, om dié seer besluit te verwerk.
 ?? ?? Leanne en haar ma bedryf‘n voedingske­ma in Springs.
Leanne en haar ma bedryf‘n voedingske­ma in Springs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa