Kuier

DIÉ KITCHEN KÓÓK! ’n

’n Entreprene­urspaar Ent van Mitchell’s Plain verander die koslandska­p ko van die Kaapse Vlakte – en inspireer sommer somm ’n klomp jongmense ook – een gourmet burger op ’n slag

- DEUR MICHELLE LINNERT JANSEN

Liefde vir kos wat aan sy ouma se rokspante begin het, het vandag uitgeloop op ’n booming besigheid met liplekkerk­os wat sy mense uplift en laat smul! En dis nog net die begin vir Anwar Arendse en sy vrou, Gabriella.

Desty Destyds toe hulle nog saam op hoërskool wa was, was hy te“irriterend”vir haar, vertel hy. hy Maar die wiel draai. Toe hulle weer hul hu oë uitvee, toe spat die vonke en raak hul hulle liefde vir mekaar en lekker kos toe som sommer ook die hoofbestan­ddele in The Hood H Kitchen Mitchell’s Plain, hul eetplek waar hulle gourmet-kos in die hartjie van v die Kaapse Vlakte bedien.

Hul m menu bestaan uit net sewe hoëgehalte tuisgemaak­te geregte en dit laat nie net locals l soontoe stroom nie. Dié beskeie takeaway-plek het al besoekers van so v ver as Amerika, Duitsland, Engeland en België gelok. En Anwar en Gabriella het h al op plaaslike TV en etlike radiostasi diostasies gedraai oor hul anderster tipe takeawa takeaways. En wat als as ’n online veldtog begin het h om gehaltekos na die Plain se mense t te bring, het nou al uitgeloop op meer as 120 000 followers op Facebook.

En daai diepe trots op hul albei se wortels is juis wat Anwar (27) en sy vrou van die afgelope vyf jaar, Gabriella (28), in voeling met die gemeenskap hou. Behalwe vir hul eie drie liefies, dogters Gianna (5) en Aria (2), en seuntjie, Amari (drie maande), het die paartjie ook ’n liefde vir bemagtigin­g onder die jeug, en om ’n platform vir ander entreprene­urs te skep.

TROTSE PLAIN-MENSE

“The Hood Kitchen Mitchell’s Plain was letterlik net ’n aanlyn handelsmer­k wat ek en Gabriella in 2018 begin het,”sê Anwar.“Wat ons daardeur wou bereik, was om blootstell­ing te gee aan kleinsakeo­nderneming­s, entreprene­urs, artists en mense wat net phenomenal dinge op die Cape Flats doen. Daar is mos altyd ’n negative narrative rondom Mitchell’s Plain, en ons wou die change wees.”

Die aanlyn handelsmer­k moes iets met kos te doen wees.“Dit moes beslis ’n‘van die ghetto’-tipe ring to it hê, so dis waar die‘Hood’-deel inkom. En ons is trotsMitch­ell’s Plain, so dis waar die ander deel van die naam inkom.

“Ons het beslis ons aanlyn doelwit bereik, want ons staan op sowat 120 000

followers, en wanneer ons iemand op ’n podcast of online chat het, gee ons hulle ook ’n platform vir blootstell­ing oor dit wat húlle in die wêreld doen.”

Anwar was as seuntjie sy ouma Rashieda Soeker se kombuis-skaduwee. “My ouma (van my ma se kant af) het my geïnspiree­r. Tussen vyf en 12 jaar oud sou ek altyd by haar wees. Sy het die beste roti’s en warme worsies gemaak. Ek wens sy was nog hier om te kon sien wat ons doen, en sodat ek van haar kook-idees kon steel! Sy was die beste kok wat ek nog in my lewe teëgekom het, en haar impak was groot. Tot vandag toe is daar niemand wat roti’s soos hare kan maak nie. Ek’t dit probeer copy, maar dit werk nie. Dalk was die geheim haar motherly touch,”vertel hy. Sy ouma is op 62 in 2008 oorlede, toe Anwar 12 was.

Hoewel hy nie formele sjefsoplei­ding het nie, is hy mal oor kook en het hy nog altyd met resepte geëksperim­enteer. “Gabby het eintlik hospitalit­y gestudeer. En sy is mal daaroor om desserts te maak.”Anwar is die besigheid se operasione­le bestuurder en Gabriella hanteer menslike hulpbronne en die admin.

So, hoekom gourmet?“Ek dink nie Mitchell’s Plain verdien al die vetterige, olierige tipe kos nie. Ons mense is hardwerken­d en verdien die beste van die beste as dit by flavours, infusions en experiment­al kos kom. Ons wil vir mense ’n experience bied eerder as om net vir hulle kos te gee. Iets anders was lankal nodig in Mitchell’s Plain.

“Ek dra Mitchell’s Plain op my mou – letterlik! Ek is trots op my komvandaan en glad nie skaam om dit te sê nie. Waar ek ook al eendag in die wêreld beland, sal ek en Gabriella altyd rooted wees in Mitchell’s Plain, want ons plek is onvergelyk­baar. Dis ’n hele vibe, ’n kultuur. En dis altyd festive hierbuite. Jy’t nie ’n TV nodig vir aksie of om iets interessan­t te sien nie!”

TARGET DIE JEUG

Anwar sê hul sewe-item-menu met die tema“less is more”, sluit in gourmet fries, hamburgers en wraps.“Ons burgers verskil van ander – van die roll tot die garnishing tot die patty, die sous en basting en natuurlik ons main mushroom-sous. Ons sit ons eie twist op alles.”

Daar is ook ’n steak-en-wings combo, en ’n Classic Special, sê Anwar. Hul gewilde“Sterkbek”-sous het hy self ontwikkel.“Al ons produkte word gedryf deur quality over quantity. Menus moet klein en kompak bly, want dís hoe jy die beste experience, quality en efficiency kry.”

Dís wat hulle anders maak, meen hy. Hul innovering en deursigtig­heid. Hulle deel graag hul reis in live video’s op Facebook en bou só aan verhouding­s. En hulle gaan graagte end i enorm .“Restaurant­e t rade van Maandae tot Sondae. Ons trade van Woensdae tot Saterdae.”

En hul kombuis is“fun”, sê hy. Hulle manier van kook is ook anders.

Anwar, ’n groot sokker-fan wat graag by ontwikkeli­ngsprojekt­e op voetsoolvl­ak betrokke wil raak, sê hulle het tans ’n ander inisiatief waarby hul die jeug betrek.“As jy vir ons straight sewes op jou rapport bring, kry jy ’n free burger. Ons het ook baie jongmense in ons area wat hier wil werk.”Hul kombuis het al van dié jongmense ’n dag lank laat shadow om die kosbedryf te ervaar.

“Jy kan jou net indink wat deur daardie jongeling se kop gaan as hulle sien wat moontlik is. Dís hoe ek die jeug target. Ons deure is altyd oop vir hulle om met my te kom praat. Of hulle ’n besigheid wil begin of net raad wil hê.”Anwar-hulle hou ook gereelde sokkertoer­nooie, waar die wenners met burgers of die geld wat vir die dag ingesamel is, wegstap.

The Hood Kitchen Mitchell’s Plain het ook nou ’n kostrokkie bygekry, sê Anwar, ook‘n caterer. So hy en Gabriella bly besig.“Ek is baie family-oriented, so as daar nie besigheid is nie, dan is dit familie.”

Covid het hulle hard geslaan, so ook “bad investment­s”en personeelk­wessies. Maar hulle is daardeur, en sterker as ooit. Om te sien hoe hulle gegroei het, is vir Anwar die grootste hoogtepunt.“Ons het gegaan van 40 tot 50 maaltye, na 400 tot 500, en van net twee werkers, na vyf permanente werknemers; van ’n grill waar ons net vier patties kon braai, tot een waarop ons 30 kan braai.”

Boonop is The Hood Kitchen Mitchell’s Plain ook onlangs genomineer vir die RASA Rosetta-toekenning, waarin die land se beste eetplekke uitgewys word.

So wat is volgende vir hulle?“Ons albei verdien ’n ruskans. Ek van besigheid en sy van die kinders. Kudos aan haar dat sy konstant daar is, 24/7, vir die kinders. En dan het ons ’n paar groot dinge in die vooruitsig vir die jaar wat voorlê. Ons verseker dat God eerste is, no matter what. Alle eer aan Hom, want sonder Hom is ons niks.”

 ?? ?? HOOFFOTO : Anwar Arendse voor sy eetplek, The Hood Kitchen Mitchell’s Plain, en hul nuwe kostrokkie.
HOOFFOTO : Anwar Arendse voor sy eetplek, The Hood Kitchen Mitchell’s Plain, en hul nuwe kostrokkie.
 ?? ?? LINKS : Anwar met een van hul gewilde burgers. Kyk so‘n bielie hierbo! Hul wraps (regs) is ook ‘n groot treffer.
LINKS : Anwar met een van hul gewilde burgers. Kyk so‘n bielie hierbo! Hul wraps (regs) is ook ‘n groot treffer.
 ?? ??
 ?? ?? Anwar en sy vrou, Gabriella, bedryf‘n gourmet-eetplek in Mitchell’s Plain.
Anwar en sy vrou, Gabriella, bedryf‘n gourmet-eetplek in Mitchell’s Plain.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa