Kuier

LAG-LAGDEUR DIE LEWE SE SLAE

Robby Collins, een van SA se gewildste e komediante, het sy waardevols­te lesse in die lewe se grofgemaal ofgemaal geleer

- DEUR MARETHA BOTES

Die komediant Robby Collins (36) is ’n gebore Durbaniet. In die township Wentworth in ’n gebied bekend as die South Durban Basin het Robby se droom om komediant te wees, gestalte gekry. Dis ál wat hy ooit wou doen vandat hy begin droom het oor“wat hy eendag wil wees”. Vandag is hy bekend vir sy eiesoortig­e humor en vind veral inspirasie in die pynlike gebeurteni­sse van die lewe. Dié gevierde grapmaker is vanaf Februarie te sien in LOL: Last one laughing op Prime Video, aangebied deur ons eie comedy king, Trevor Noah.

In dié reeks spook 10 Suid-Afrikaanse komediante dit teenoor mekaar uit om te kyk wie hul opponente eerste kan laat lag. Die een wat laaste lag, stap weg met R1 miljoen om te skenk aan ’n liefdadigh­eidsorgani­sasie van hul keuse.

Robby gesels met Kuier gedurende die festive, seker dié besigste tyd vir ’n komediant. Sy tyd is kosbaar, en met die nuus oor die nuwe reeks soek álmal ’n bietjie tyd met hom. En hoe dan anders? Hy ís immers ook ’n paar maande terug gekroon as komediant van die jaar by die Savanna Comics’Choice Awards.

Van die verhoog af is dié man, wat ander laat skater, ’n private mens en laat hy jou moeilik in sy binnekring toe. Hy is opgewonde oor LOL en sê dit was só ’n fun show om te maak.“Die moeilikste was natuurlik om my lag in te hou vir die ander deelnemers se grappe, wat almal uiters suksesvoll­e komediante is,”sê hy.

Robby se pad het met komedie gekruis in ’n tyd toe dié kunsvorm nie juis ondersteun was in Suid-Afrika nie. Hy noem dit die“pre-Trevor-Noah-tyd”. “Jy kan maar sê mense het geweet van komedie, maar dit was nie in daai jare iets wat mense in teaters of sogenaamde comedy clubs gaan kyk het nie. Hulle het nie geld betaal daarvoor nie,”sê hy.

Vandag is dit ’n ander storie. Comedy is sterker as ooit en plaaslike talent staan nie terug vir internasio­nale sterre nie.

ROWWE SKOOLJARE

Dit was nooit vir Robby lekker op die

skoolbanke nie. Trouens, hy het nooit matriek klaargemaa­k nie. Hy sê dit egter nie sodat jongmense skielik hul boeke in die drom moet gooi nie. Allermins. Hy verduideli­k:“Ek is disleksies. Dus was skool vir my ’n onplesieri­gheid. Die beste tye van my skoollewe was op die sportveld, of in die dramaklas. Ek het agtergekom wanneer ek drama doen kan ek skool vergeet. Ek het ook agtergekom ek kan ander laat lag. En dít was lekker.”

Sy ma, Carol (65), is sy beste vriend. Sy was vir 36 jaar ’n onderwyser­es en omdat sy só connected met leer was, het sy verstaan waardeur Robby gaan.“Sy het begryp dat die materiaal wat ek gegee is om te lees in die klas, nie tot my gespreek het nie en sy het moeite gedoen om vir my leesmateri­aal te kry wat my sal vasvang en aanmoedig om te lees.”

Sy ma het dikwels vir hom boeke huis toe gebring wat iets met komedie, teater en komediante te make gehad het. Hy onthou veral die outobiogra­fieë van die akteurs en komediante Robin Williams en Jim Carrey.“Dit is hiér waar ek die eerste keer die term‘stand-up comedy’ teëgekom het. In daardie twee boeke. Ek’s van ’n township en as jy enigiets van ’n township af weet: daar’s soveel karakters! Komedie is ’n manier om te deal met wat om jou aangaan. Maar baie mense weet nie dit is ’n manier uit nie.”

Toe hy sy ma vertel dat hy skool gaan drop vir komedie, was sy“actually cool” daarmee.“Ek dink dit was die eerste keer in my lewe wat ek so seker was van iets. Maar sy het een voorwaarde gehad,”sê hy.“Ek moes dit ordentlik doen. So, ek het elke liewe stuk stand-up comedy waarop ek my hande kon lê, bestudeer; elke tape en boek wat ek kon kry, verslind. Ek het álles gekyk. Ek dink my arme ma kon later Richard Pryor uit die hart uit opsê!”

Robby se heel eerste stand-up gig het só begin:“Hi, ek’s Robby Collins en ek het nie matriek nie . . .”en dit het sy gehoor laat brul van die lag. Ironies, want die feit dat hy nooit matriek voltooi het nie, was iets waaroor hy dikwels gespot is.

“Ek het misluk op skool, maar omdat ek ’n amazing familie gehad het wat understand­ing was en geweet het skool (en alles wat normaalweg daarna volg) was nie wat ek wou doen in die lewe nie, het hulle my toegelaat en ondersteun om my droom na te jaag,”sê hy.

Hy is dankbaar dat hy toegelaat is om dié stap te neem.“Dit was baie anders vir ’n paar vriende van my wat gedwing is om dinge in die skoolomgew­ing te laat uitwerk sodat hulle‘’n beter toekoms’sou hê. My ma was baie geduldig. Die mees horrible ding is vir skole oor die wêreld heen om vir kinders te sê wat om te leer, pleks van hóé om te leer.”

Dit was ook tydens sy skooljare dat sy ouers geskei is. Ook dít het hom ervaring gegee waaruit hy materiaal put vir sy komedie.“Dit het my baie lank geneem om weer te vertrou – in romantiese en ander verhouding­s. Tydens my ouers se egskeiding het ek besef ek kan mense laat lag. Dinge was vir my swaar en donker, so ek het komedie gekies.”

SY EIE ‘BIG BROTHER’

Dit was 2010 en Robby het pas in Johannesbu­rg aangekom. Hy het in ’n klein kothuis in Melville gebly en op ’n matras op die vloer geslaap. Hy het in ’n comedy club opgetree waar Trevor Noah toevallig ook dié aand was.“Trevor het my raakgesien en gevra om saam met hom te travel. Dit het my lewe verander.

“Toe [die Amerikaans­e komediant] Dave Chappelle in 2018 Suid-Afrika toe kom en ’n opener vir sy show soek, het Trevor my aanbeveel. Ek is baie dankbaar dat ek een van die beste komediante my ‘Big Brother’kan noem!”sê Robby.

“Om Trevor te ken, het meer as net ’n impak op my loopbaan gehad. Ek het ontsettend baie van hom as persoon geleer. En hy is steeds dieselfde mens wat ek 14 jaar terug ontmoet het.”

Robby was jare lank die opener vir Trevor se Day Walker shows (2010), en Nationwild (2014).

DAAI TIENDE SHOW . . .

Die lewe sou maar saai wees sonder mislukking­s, uitdagings en lesse, kan Robby getuig. Sy eerste nege shows in Durban was almal ’n rasende sukses wat hom ’n welverdien­de confidence boost gegee het. Maar toe kom daai tiende show.

“Ná my eerste nege shows het die gesoute manne almal backstage vir my gesê:‘Wag maar, dit sál kom’. Ek het nie ’n clue gehad waarvan hulle praat nie!”

Voor die tyd was hy tevrede en baie vol selfvertro­ue. Op stage het dinge egter heeltemal haywire gegaan toe hy vir vier minute aaneen“gebomb”het. Dít beteken niemand lag nie – jou grappe is maar effentjies.“Dit is daardie stilte in die gehoor wanneer jy die mense kan hoor eet. Jy hoor die messe en vurke op die borde klik,”sê Robby.

Vir twee weke hierna was hy doodsbenou­d en het geglo sy loopbaan as komediant is verby nog voordat dit werklik vlerke gekry het.

Vandag weet hy dat daardie oomblikke vir hom as komediant krities is – dat hy groei deur sulke oomblikke.

“Ek het geen backup-plan gehad nie – en ek’t nie gestudeer nie, so in mý kop was my loopbaan verby! Daar was nog nie YouTube-video’s wat mens kon gaan bestudeer nie, en ek het nie ’n idee gehad dat jy on-stage kan bomb én kan aangaan met die show nie! My suster het vir my ’n baie waar ding gesê: Die volgende show gaan daar ander mense wees, en nie een van hulle gee eintlik om vir my nie, want hulle weet nie van my nie.

Sy het die voorbeeld van Trevor genoem wat optree voor duisende mense wat sy kaartjies koop. Daardie mense weet slegs van hom omdat hy so hard gewerk het om te wees waar hy is. Sy het my aangemoedi­g om net aan te hou en my ding te doen, omdat dit is waarvoor ek lief is, en wat ek wíl doen. Hierna het ek besef jy kan ’n bad show hê, jy moet dit net fix. Just keep going.”

 ?? ?? HOOFFOTO: Robby Collins is een van SuidAfrika se gewildste komediante. Hy is deel van‘n nuwe reeks met Trevor Noah as aanbieder (inlas).
HOOFFOTO: Robby Collins is een van SuidAfrika se gewildste komediante. Hy is deel van‘n nuwe reeks met Trevor Noah as aanbieder (inlas).
 ?? ?? HEEL LINKS: Robby se ma, Carol, het hom deur dik en dun bygestaan. Links is hy met Dave Chappelle. Trevor Noah het hom aanbeveel as opener vir een van Dave se shows.
HEEL LINKS: Robby se ma, Carol, het hom deur dik en dun bygestaan. Links is hy met Dave Chappelle. Trevor Noah het hom aanbeveel as opener vir een van Dave se shows.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa