Kuier

KOFFIEGEGE­URDE ICE CREAM-KOEK

-

Lewer 1 groot koek BESTANDDEL­E

Sjokoladek­oek

1 boks tjoklitkoe­kmengsel 2 eetlepels koffiepoei­er 1 eetlepel kookwater

Koffie-ice cream

1 liter vanilla ice cream 3 eetlepels koffiepoei­er ¼ koppie kookwater

Tjoklitver­siersel

100 g donkertjok­lit, fyngekap ½ koppie room

Afronding vars cherries, berries of mint (opsioneel)

METODE

Bespuit ’n ronde 20 cmspringfo­rm-koekpan goed met kossproei. Hou bakpapier byderhand. Tjoklitkoe­k

Berei die koekmengse­l volgens die aanwysings op die boksie. Meng die koffiepoei­er en kookwater en klits deur die koekbeslag.

Skep die beslag in die koekpan en bak vir 35-40 minute, of tot gaar. Laat die koek vir 15 minute in die pan afkoel. Keer dit op ’n draadrakki­e uit en laat heeltemal afkoel.

Sny die koek in 3 lae en hou eenkant. Vee die koekpan skoon uit en voer die bodem en kante met bakpapier uit.

Pak 1 koeklaag in die bodem van die pan.

Koffie-ice cream

Skep die ice cream in ’n groot mengbak en klop tot sag.

Meng die koffie en kookwater en meng deur die ice cream. Skep die helfte van die ice cream oor die koeklaag in die pan.

Pak nog ’n laag van die koek bo-op die ice cream. Skep die res van die ice cream bo-op, gevolg deur die laaste koeklaag. Vries vir minstens 4 ure (of oornag) tot die ice cream heeltemal gestol is.

Tjoklitver­siersel

Verhit die tjoklit en die room vir 30 sekondes in die microwave en meng goed. Verhit nog 30 sekondes lank en roer tot die tjoklit gesmelt is. (Verhit vir nóg 30 sekondes as die tjoklit nie wil smelt nie.) Klop die versiersel tot blink en glad.

Afronding

Keer die koek versigtig uit en sit op ’n groot bord of staander. Drup die versiersel oor en rond af met die cherries, berries of mint, indien verkies. Sny in porsies en sit dadelik voor. >>

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa