Kuier

VERTEL VIR ANTIE VAL

Sukkel jy met persoonlik­e probleme? Hier is raad

- WhatsApp die woorde KUIER ANTIE VAL gevolg deur jou vraag na 0607840589, of stuur ’n e-pos na kuier@kuier.co.za met ANTIE VAL in die onderwerpv­eld.

Vraag WIL EKSTRA GELD MAAK

Antie Val, ek soek raad om my eie klein sakeondern­eming te begin. Ek hou baie van brei en hekel, en is nogal heel goed daarmee. Ek kan alles create, van poppe tot groot komberse, selfs matte.

Hoe kan ek maak om ’n geldjie met my hobby te maak? Ek het ’n kantoorjob, maar wil net ekstra geld maak en is nie baie outgoing nie, so ek weet nie waar om te begin nie. ANONIEM

Antwoord BESTEANONI­EM

Ek is bly dat jy jou Godgegewe talent vrugtevol kan gebruik om ekstra sente te verdien. Op YouTube is daar baie video’s met raad oor hoe om jou eie besigheid te begin. Jy kan ook inligting daaroor Google.

Vind uit hoe om jou besigheid te registreer as‘n NGO of NPO, met ’n paslike naam. Jy sal ook ’n NPO-registrasi­enommer ontvang.

Om geld te bespaar kan jy aan die begin alles self doen, maar as jou besigheid groei, kan jy dalk op die ou end werk aan ander verskaf en hulle selfs oplei in brei- of hekelwerk. Hulle kan ook help met adverterin­g.

My een vriendin maak ook poppe wat sy selfs oorsee uitvoer! Jy kan ook klein begin deur op WhatsApp en aanlyn (op Facebook, byvoorbeel­d) jou produkte te adverteer onder dié wat jou ken.

Mag jou besigheid floreer. Sterkte, hartjie.

Vraag VAL VIR VERKEERDE OU

Ek en my beste seunsvrien­d het gesoen en dinge was wonderlik.

Maar toe ontmoet ek ’n nuwe ou en val vir hom ook. Ek het eers ’n paar weke later agtergekom hy is nie eintlik ’n nice ou nie, maar ek voel nou ek is reeds vas in sy web.

Ek kan steeds nie ophou dink aan my beste vriend nie. Hy het my al gewaarsku teen dié ou en is baie besorg oor my. Het antie Val enige raad oor wat ek volgende kan doen? KIM

Antwoord BESTE KIM

‘n Mens kan nie jou brood alkant gebotter hê nie. En jy moet versigtig wees dat jy nie net met jou hart moet dink nie, maar ook met jou verstand.

Soms raak meisies verlief op voorkoms en word fisies aangetrek deur die uiterlike: bultende spiere, stywe jeans, ’n los kuif en dalk ’n goue ketting wat tussen sy donker borshare blink. Later besef hulle dalk dis ’n narsisties­e ou, of hy het sosio- of psigopatie­se neigings, of is ’n williewerk­er.

Soms is hulle so vasgevang in‘n manipulere­nde verhouding dat hulle bang is om dit te verbreek, omdat hulle weet dat daar dalk gevolge kan wees.

Maak jou los van die web waarin jy jou sélf toegewikke­l het (want selfs ná jou vriend se waarskuwin­g het jy in dié situasie gestap). Skrik wakker en waardeer die een met wie jy die wonderlike soen gedeel het!

Vraag HUNKER NA MY STIEFPA

Antie Val, ek wil ná meer as 10 jaar uitreik na my grootmaakp­a.

Hy het getrou met my ma toe ek en my sibbe baie klein was, maar ek het weggedryf van die familie toe ek klaar is met skool, want daar was baie unfairness in die huishoudin­g.

My suster kon enigiets regkry en het met ’n hele paar babas daar aangekom vir wie my stiefpa moes sorg. Ek het padgegee, maar ek mis soms daai deel van my lewe. Ek wil uitreik, maar ek is bang ek kry weer seer of word ge-disappoint as ek hulle in my lewe toelaat. JUSTIN

Antwoord BESTE JUSTIN

Om ná tien jaar uit te reik na jou grootmaakp­a is beslis iets positief as dít jou begeerte is. Ek hoop jy het oor die 10 jaar ook meer volwasse geword, met meer vergewensg­esindheid teenoor jou suster, en almal wat die oorsaak was van die unfairness wat jy in die huishoudin­g ervaar het.

‘n Dekade gelede was jy dalk meer impulsief, maar jy klink nou gereed om daai demons te face. Probeer dalk eers telefonies uitreik voor jy net opdaag – meeste mense reageer beter as hulle nie onkant gevang word nie.

En maak jouself reg vir enigiets – dit sal teleurstel­ling en hartseer voorkom as hulle nie reageer soos jy verwag nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa