Kuier

KLEIN BEGIN, GROOT GEWIN

Ruk vanjaar jou lewe reg met klein veranderin­kies wat ’n groot verskil kan maak

- DEUR MARELIZE GRBICH

Dis ’n nuwe jaar en jy voel van vooraf lus om jou lewe reg te ruk. Maar kort voor lank voel die gewone uitdagings van die verlede weer oorweldige­nd en jy weet nie eens wáár om te begin om die dinge wat jou onderkry, aan te pak nie. Hoe kom jy op koers? Soms kan een klein veranderin­g ’n reuseversk­il maak, want dis die eerste treetjie in die regte rigting. Los die groot planne om alles op te los wat jou pla, en begin met nét een ingryping wat jou in ’n nuwe koers kan stuur. Nie groot Nuwejaarsv­oornemens nie, maar klein wysigings sal help om jou groot voornemens minder intimidere­nd te maak.

1 EK EN MY GELIEFDE HET TE MIN TYD VIR MEKAAR

Julle sien mekaar elke dag. Julle woon saam en julle praat met mekaar, maar dit voel of julle wêrelde van mekaar verwyder is. Die kloof raak ál groter en julle raak al hoe meer vervreem en eensaam.

Die eerste tree

Besluit op spesifieke tye wanneer julle iets lekker kan saamdoen en dui dit aan op dieselfde kalender waarop huistake en enige ander belangrike afsprake aangedui word. Hou dan daarby, al is julle ook moeg of besig.“Elkeen moet ’n beurt kry om dit te reël, en die een wie se beurt dit is se naam moet op die rooster aangedui word,”sê die huweliksbe­rader Leandie Buys.“Dit beteken nie julle hoef uit te gaan nie, maar dit moet tyd wees wat julle gebruik om bymekaar te kom en te deel. Die kinders moet ook leer dat dit hul ouers se privaat tyd is.”

2 EK HET NOOIT GELD NIE

Jy werk hard, maar jou geldsake klop nooit. Jy weet jy moet jou skuld betaal en probeer spaar, maar dit voel onmoontlik. Waarheen verdwyn jou inkomste dan?

Die eerste tree

Hou rekord van elke uitgawe – groot en klein – sodat jy kan sien waarheen jou geld gaan. Vergelyk jou inkomste met jou uitgawes, en sny enige luukses uit wat oor jou begroting gaan.

Probeer ’n bietjie geld opsysit om jou skuld af te betaal of om te spaar. Hou dan by jou maandeliks­e begroting van jou groot uitgawes en jou weeklikse begroting vir dinge soos groceries. Wanneer dit op is, mag jy nie nog geld uitgee nie, al ís die versoeking groot, is Amelia Morgenrood van die finansiële dienstemaa­tskappy PSG se raad.

3 EK DRINK TE VEEL

Eers het jy net naweke of op parties gedrink, maar nou is dit ’n drankie elke aand – al weet jy dit kan jou gesondheid knou en die kilo’s laat aanpak . . .

Die eerste tree

Skep ’n reël wat jou beperk: Jy drink nie in die week nie, of net wanneer jy sosialisee­r, of nét een drankie saam met ete. Gun jouself daai enetjie, maar hou daarby, en moenie daarna nóg skink nie.

En kies gerus non-alcoholic drankies.“Ons samelewing het alkohol genormalis­eer. Dit is die enigste dwelm wat ons moet verduideli­k wanneer ons dit nié gebruik nie,”sê Janet Gourand van Tribe Sober. Wissel alkohol af met non-alcoholic drankies.

4 EK WIL GEWIG AFSKUD UD

Jy het al soveel diets probeer er en doen jou bes om gesond d te eet, maar daardie lastige ekstra kilo’s bly klou – of klim. Die eerste tree Skakel suikerryke items soos koeldrank nk en sap uit en drink liewer ’n glas water wananneer jy dors is. En gebruik sweetener eerder as suiker in jou koffie of tee.

Beperk jou suiker-, brood- en pasta-inname, -inname, en probeer stel jou groot etes saam uit it groente, slaai en proteïene.

Maak gesonde koskeuses, maar moenie jouself uithonger nie.

5 EKWIL OPHOU ROOK

Jy bekommer jou oor jou rokerslong­e en gesondheid en weet die kankerstok­kies moet waai, maar jy bly uitstel en wroeg daaroor.

Die eerste tree Nog één sigaret is een te veel. Dit gaan nie makliker raak om op te hou nie, so jy kan dit netsowel dadelik doen. Dis die beste vir jou gesondheid én jou beursie, al is dit hóé moeilik vir jou, sê Lorraine Govender,‘n nasionale bestuurder by die Kankervere­niging van Suid-Afrika (Kansa). Kies ’n teikendag vir ophou en vertel ál jou naastes, want hulle kan jou gemotiveer­d hou. Maak rookgoed taboe in jou huis, vermy plekke waar gerook word, en kry ander oplossings teen stres. Hou dan net uit – dit raak makliker.

6 EK VOEL EMOSIONEEL OORLAAI

Jy jaag van die een ding na die ander en is altyd ingestel op ander se behoeftes. Jy kry nooit tyd om jou batterye te recharge nie en raak ál meer uitgeput. Jy het net nie tyd vir gehaltetyd nie. Die eerste tree

Maak ’n weeklikse afspraak met jouself en dagboek dit, nes enige ander afsprake of verpligtin­ge, sê Gerrie Pretorius, stigter van die beradingso­rganisasie Life Counsel. Besluit dan hoe jy daardie tyd wil benut.

“Skryf neer wat jou pla en vra jouself eenvoudige vrae soos waarvoor jy dankbaar is, wat vir jou belangrik is en of jy iets onderdruk. Dit kan jou help om nuwe insig en perspektie­f te kry.”Gebruik die tyd wat jy vir jouself opsysit om dinge te doen wat vir jóú lekker is, of om sommer net te wees. Jy het dít ook nodig.”

7 MYHUISISDE­URMEKAAR

Met tyd raak‘n mens se huis ’n soort stortingst­errein. Kaste en laaie is volgeprop, vergete goed is oral opgegaar, en jy weet nie hoe om die gemors reg te ruk nie.

Die eerste tree

Begin by die klein plekke wat jy pal sien, sê Heidi Meyer van Cloud 9 Organized.

Smyt weg wat jy moet, skenk wat jy nie meer wil hê nie, of pak goed weg.

Wees genadeloos: As iets nie van nut of waarde is nie, raak ontslae daarvan. “Indien dit beheerbaar voel, sal jy suksesvol wees,”sê sy.“As jy eers op een gebied suksesvol was en dit bly netjies, sal dít jou motiveer om nóg ’n laai of rak aan te pak, tot jy jou huis van die chaos kan verlos.”

8 MY ADMIN IS IN CHAOS!

Jou to do-lysie raak ál langer en laat jou stres: die kar se lisensie het verval, jou tax returns is nog uitstaande, rekeninge wag op betaling . . . Die eerste tree

Sit‘n uur weekliks opsy nét vir jou persoonlik­e admin. Maak dan daai oproepe en reël die afsprake wat jy moet, vul daai vorms in, en betaal die rekeninge wat lê en wag. Hou ’n lysie van alles wat jy moet doen, en merk elke week ’n paar van die items daarop af sodra jy jou “admin-uur”daaraan afgestaan het.

9 EK MOET BEGIN OEFEN

Oefening sal jou gesondheid‘n hupstoot gee. Maar ai, jy kan mos maar môre begin?

Die eerste tree

Begin met gereelde 10- tot 15-minute-oefensessi­es. Gaan stap dan net lekker vinniger, sê die oefenspesi­alis Esmé Maré.“Jy gaan jouself makliker oortuig om vyf minute eerder as ’n halfuur te oefen,”sê sy oor jou eerste paar sessies. Maak dit dan ál langer – tot ’n halfuur of langer.

As jy wil begin draf of hardloop kan jy só begin: Stap, draf, stap. Maak dan jou gestap ál korter, en die drawwery ál langer.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa