Kuier

VIR DIÉ POSTE HET JY NIE MATRIEK NODIG NIE

-

Dit kan teleurstel­lend en verpletter­end wees as jy nie matriek deurkom nie – maar dit beteken nie jy kan nie ’n loopbaan bou of jou drome is nou daarmee heen nie. Daar is baie poste waarvoor jy nie ’n matriekser­tifikaat of jare se studies benodig nie.

Jy kan ’n loopbaan oorweeg in die gasvryheid­sbedryf, projek- of sakebestuu­r, toerisme, of skoonheids­terapie.

Daar is ook ’n groot behoefte aan ambagsmens­e in Suid-Afrika – mense wat goed met hul hande is en praktiese take kan verrig, soos elektrisië­ns en plumbers. Hier is ’n paar opsies:

SJEF

Hooftake

’n Sjef moet die kos by ’n plek organiseer, berei, gaarmaak en op die bord mooi laat lyk. Terwyl jy jou opwerk, sal jy verantwoor­delikhede bykry, soos finansiële bestuur, personeelo­pleiding, resep- en spyskaarto­ntwikkelin­g, en navorsing.

By wie pas dit?

Iemand wat lief is vir kos en om ’n diens aan mense te lewer, sê Elsu Gericke van die SA Sjefsveren­iging. Sy glo dis ’n roeping om ’n sjef te wees. Die werk is fisiek en geestelik veeleisend en jy moet heeltyd leer en nuwe dinge uitdink.

Wat moet ek swot?

Jy kan drie jaar lank by ’n geregistre­erde sjefskool studeer en ’n ambagserti­fikaat verwerf. Dít beteken dat jy 18 maande lank praktiese en teoretiese modules volg en 18 maande in die bedryf werk.

Kookkuns-studente moet seker maak hul kwalifikas­ie word landwyd en internasio­naal erken. Jy kan by die Sjefsveren­iging seker maak dat jy ’n geakkredit­eerde sjef- of kookskool kies en die regte kwalifikas­ie sal verwerf.

Jy het nie matriek nodig nie, maar wel basiese wiskunde en rekeningku­nde om in die bedryf te vorder.

Kry hier nog inligting

Die SA Sjefsveren­iging by sachefs.co.za.

PLUMBER

Hooftake

Hulle installeer en herstel pype wat water voorsien aan, en afval wegvoer van huise en geboue. Hulle installeer ook baddens, storte, wasbakke en toestelle soos wasmasjien­e.

By wie pas dit?

Dit help om goeie koördinasi­e te hê, aandag aan detail te kan skenk, fiks te wees en goeie probleemop­lossings- en mensvaardi­ghede te hê. ’n Mens dink dikwels aan plumbers as mans, maar vroue is net sulke goeie plumbers, sê Kaela Wilson, bemarkings­direkteur van die organisasi­e Women in Plumbing.

Wat moet ek swot?

Jy kan op een van twee maniere ’n plumber word: Deur aan ’n TVET-kollege (beroepsger­igte igte opleidings­kolleges) te studeer, r, of deeur deur erkenningk­i erkenning viri vir jjou jou ervaring te e kry. Vir VirV toelating tot ’n TVETkolleg­e het et jy grraad graad 9 nodig en moet jy minstens 16 jaar oud wees.

Jy moet t ook asa‘n as‘n vakleerlin­g by ’n werkplek ingeskryf ingeskkryf wees. Die kollege verskaf jou u teoretiese opleiding (sowat 30 persent nt van died die kwalifikas­ie bestaan hieruit) terwyl rwyl jy jyy jou praktiese opleiding as vakleerlin­g akleerling kry.

Jy kan ook erkkenning erkenning van vorige opleiding as ammbagsman ambagsman kry. Vir dié kwalifikas­ie ikasie het jy minstens drie jaar praktiese praktieese ervaring in die bedryf f nodigg, nodig, en moet jy minstens 19 jaar oud wees. Jy kan dan ’n n vaktoets vaktooets aflê.

Kry hier nog in inligting nligting

Die Instituut uut vir Plumbing van SA by y iopsa iopsa.org.za. a.org.za.

VERSORGER

Hooftake

Hulle versorg mense wat hulp nodig het om hulleself te versorg, soos kinders, mense met intellektu­ele uitdagings of liggaamlik­e gestremdhe­de, of ouer mense wat fisieke uitdagings het weens siekte of demensie. Hulle help met daaglikse aktiwiteit­e soos bad, aantrek en kosmaak.

By wie pas dit?

Iemand wat fiks, sterk, empaties, geduldig en goed met mense is.

Wat moet ek swot?

Jy het ’n sertifikaa­t nodig van ’n instelling wat geakkredit­eer is deur die SA Kwalifikas­ie-owerheid.

HospiceWit­s in Johannesbu­rg het byvoorbeel­d ’n 10 weke lange kursus vir mense wat sterwendes bystaan en ’n jaarlange geakkredit­eerde kursus in tuisversor­ging, wat heeltydse opleiding, praktiese toetse en indiensopl­eiding insluit.

Kry hier nog inligting

Soek“home-based care”en“accredited courses”op die internet om‘n kursus naby jou te vind.

ELEKTRISIË­N

Hooftake

Hulle installeer, verbind, toets en onderhou elektriese stelsels. Hulle werk in huise, geboue, kragstasie­s – enige plek waar elektrisit­eit gebruik word.

By wie pas dit?

Iemand met ’n sterk verantwoor­delikheids­in wat ’n veilige omgewing kan verseker. As veiligheid­sprotokoll­e nie versigtig gevolg word nie, kan dié werk gevaarlik en selfs dodelik wees.

Wat moet ek swot?

Jy moet goeie punte vir wiskunde en natuurwete­nskappe in graad 9 gehad het om vir jou elektrisië­nsdiploma te begin studeer. As jou punte nie goed genoeg was nie, kan ’n privaat kollege soos College SA oorbruggin­gsopleidin­g bied terwyl jy studeer.

Om in Suid-Afrika te werk, moet jy ’n bedradings­lisensie verwerf. Jy kan dít kry deur by ’n vakkollege in te skryf, ’n vakleerlin­gskap te doen en ’n vaktoets te slaag. Baie TVET- en privaat kolleges en ander instelling­s bied die nodige kwalifikas­ies aan.

Kry hier nog inligting

Die Elektriese Kontrakteu­rsverenigi­ng van Suid-Afrika by ecasa.co.za.

DIESEL MECHANIC

Hooftake

Herstel en onderhoud van voertuie met dieselenji­ns. Dit kan enigiets insluit van passasiers­voertuie en groot vragmotors tot dieselmasj­inerie. Hulle voer ook diagnostie­se toetse uit en toetsbestu­ur voertuie om vas te stel of probleme ordentlik herstel is.

By wie pas dit?

Mense wat hou van en gemaklik is met die gebruik van mechanical en kraggereed­skap. Jy het ook oplossings­vaardighed­e nodig, en ’n geldige swaarvoert­uig-licence.

Wat moet ek swot?

Sommige plekke vereis ’n wiskundesl­aagpunt van 50 persent in graad 9. Die duur van die opleiding hang af van die plek en vlak tot waar jy studeer.

By ’n kollege kan jy ses tot 12 maande studeer, waarna jy ’n vakleerlin­gskap van 18 maande moet doen. Daarna moet jy ’n vaktoets slaag. (By ’n privaat instelling soos Sol-Tech is dié kursus 18 maande lank.) By sommige TVETkolleg­es is dieselwerk­tuigkundig­e ’n onderdeel van ’n ander kursus.

Kry hier nog inligting

Daar is baie kursusse beskikbaar en jy kan net‘n soektog op Google daarvoor doen, of jy kan die Instituut vir Meganiese Ingenieurs se website, saimeche. org.za, besoek.

SKOONHEIDS­TERAPEUT

Hooftake

Om ’n kliënt beter te laat lyk met gesig- en lyfbehande­lings soos wax treatments, mani- en pedicures, lash en eyebrow colouring en makeup.

By wie pas dit?

Iemand wat hou van met mense werk, goed kommunikee­r en empaties is. Jy moet ’n oog vir skoonheid en detail hê.

Wat moet ek swot?

Verskeie TVET- en privaat kolleges en ander instelling­s bied diplomas en sertifikat­e in die skoonheids­bedryf.

Afhangend van die instelling en die kursus kan opleiding enigiets van ’n paar maande tot drie jaar duur.

Die hoogste kwalifikas­ie is ’n diploma in somatologi­e, die studie van die liggaam met ’n fokus op gesondheid en velsorg. (Jy het egter matriek of ’n soortgelyk­e kwalifikas­ie nodig om dít te kan studeer.) Dis ’n gevorderde drie-jaar-kursus wat by universite­ite van tegnologie en party privaat instelling­s aangebied word.

Jy y kan ook kwalifisee­r in net een onderafdel­in derafdelin­g, soos nael- of velversorg­ing en grimee grimeerkun­de. Baie skoonheids­terapeute w werk vir hulself en ’n kursus in sakebestu sakebestuu­r of rekeningku­nde kan help as jy jou e eie ondernemin­g wil begin.

Kry hier n nog inligting

Die SA ve vereniging van Gesondheid­s- en Velsorgwer­kers Velsorgw by saahsp.co.za.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa