Kuier

BY DIE LIGTORING

Soms ontmoet jy jou destiny op die pad wat jy vat om dit te ontduik

- Deur WILLEM VAN DER WALT

Dit was ’n week nadat Peet sy kitaar, sy klere en sy posters gevat en geloop het. Ek het geweet dit moes gebeur. Ons kon nie só aangaan nie. Maar tog het die stilte van die sitkamer, die leë slaapkamer, die alleen-eet, my gevang.

Ek het daardie Saterdagog­gend wakker geskrik, sommer my verflenter­de denims en my“Geniet Kaapstad”-Themp aangepluk, my hare met ’n rek getem, die karsleutel­s gegryp en die woonstel uit gevlug. Sommer net op die snelweg gery die stad uit en die wêreld in.

In my kar gee ek my oor aan hardstampm­usiek, sing toonloos saam en neem my voor om aan niks te dink nie; niks te voel nie.

Ek ry Sir Lowryspas op en binne enkele minute omhul die dennewoude in die deinende landskap my, die appelboord­e, hier en daar wingerde, en plaaswinke­ls langs die pad. Ek laat sak my venster; die wind klap my. Waar ry ek heen? Maak dit saak?

Ná ’n uur sien ek die afdraaibor­d na die Agulhas-ligtoring. Dis interessan­t, dink ek. Ek was nog nooit daar nie, kan netsowel gaan kyk waaroor die bohaai gaan.

Die landskap is plat en ná ’n ruk doem die wit-enrooi toring by die see op. Ai, dis darem verlate hier, merk ek op en wonder: Wie sou hier kom werk? Dalk mense wat niks met die wêreld en sy seer te doen wil hê nie.

Daar is ’n bakkie en ’n motor wat langs die gebou staan. Verder is daar geen teken van lewe nie. Waar het ek gelees dat die argitek destyds ’n Egiptiese motief gebruik het?

Ek parkeer en met die oopmaak van my deur skree die seemeeue – vallend, stygend. Ek geniet dit. Die pynlose pyn rol van my af. Ek haal my selfoon uit en neem ’n paar foto’s van die ligtoring; haal diep asem. ’n Honderd treë van my bars die branders oor die rotse. “Mooi, nè?”

Ek skrik. Dis ’n manstem wat roep, skaars hoorbaar tussen die meeue deur. Ek kyk. Dis ’n man op die rotse, geklee in ’n khaki-hemp, khaki-kortbroek en ’n velhoed. Hy is so dertig treë van my af.

Moet ek antwoord? wonder ek . . .

“Ja,”roep ek. Moenie laat hy nou met my kom praat nie.

Ek loop voor-om die ligtoring en neem nog foto’s. Wanneer is die plek gebou? wonder ek. Wie ook al hier werk, steek hulle baie weg.

Ek merk dat die man op die rotse ’n grootlensk­amera by hom het en hy lig dit af en toe – neem foto’s.

Dan draai hy hom, waai vir my en lig daardie swaar lens om die ligtoring in fokus te kry. Ek sien hoe hy aanstaltes maak om oor die rotse in my rigting te kom. Ag nee, man. Ek wil-wil in die teenoorges­telde rigting loop, maar iets – dalk die verlate wêreld om my – hou my daar.

Dit klink of die seemeeue skielik op ons toesak. Hy kyk op na hulle met ’n glimlag. “Jô, die geraas . . .”

Hy koes half en keer met sy hand. “Klink soos man en vrou wat baklei. Sing hulle ooit? Kla, kla, kla!”Hy glimlag en kyk af na my.

Ek kry lag. Die afgelope tyd – die bitterheid waarmee ek en Peet mekaar opgesaal het – voel nou of dit vervaag. Dan sien ek hy frons, sy aandag op die ligtoring.

“Eintlik moeilik om ’n mooi skoot te kry . . .”Hy is al amper by my toe hy staan, die toring uitkyk en dan stadig die lens lig en ’n enkele klik maak. Hy gryns.“Die lig, man . . . ”sê hy ingedagte. “Mens moet eintlik sononder hier wees.”

Hy bekyk sy kamera en stel aan die lens.“Dan is die lig sagter en jou vlakke het meer diepte.”

Ek kyk hom aan. Hy klink soos ’n fotograaf. Moet ek iets sê?

Hy bestudeer die ligtoring, sy lippe op ’n tuit.“Mooi gebou. Eenvoudig, die styl.”

“Egipties,”sê ek en wil my tong afbyt. Vir wat sou ek dit nou sê? Wil ek hom beïndruk?

Hy kyk my aan.“Ja,”sê hy met die begin van ’n glimlag.“Jy’s reg, weet jy?” Hy pers sy lippe, nadenkend. Ek voel ongemaklik.

“Werk jy hier?”vra hy. “Nee,”antwoord ek. Lyk of hy wil praat en sy vraag dui dat hy self nie hier werk nie. Seker ’n toeris.

“Ja. Om te dink,”sê hy terwyl hy oor die rotse na die see kyk,“dís die mees suidelike punt van Afrika”.

“Mm.”Ek kyk na die einderlyn van die see.

Hy haal sy hoed af en verdomp, maar hy is ’n buitengewo­ne mooi man. Ag, ál die ou dinge: blougroen oë, neutbruin hare, ’n sterk kaak.“Platslaan-mooi”, sou haar vriendin sê. Maar dis duidelik: Hy flankeer nie.

“Ek was al by Pointe des Almadies,” sak hy af. Hy sê dit asof ek behoort te weet waarvan hy praat.

“Waar is . . .”begin ek nog.

“Dis die mees westerse punt van Afrika. Senegal,”laat hy hoor.

“O,”is al wat ek kan uitkry.

“Ek het foto’s, maar nie nou by my nie. Ek is seker maar bevooroord­eel, maar Agulhas is vir my mooier.”Hy kyk oor die rotse. “‘Plek van die Naalde’,“sê hy.

“Is jy ’n fotograaf?”vra ek. Ek moet seker maar ’n bietjie belangstel­ling toon. “Op ’n manier,”antwoord hy.“En jy?” Moet ek nou regtig met hierdie man hier staan en klets? Ag wat, hy klink interessan­t. “Ek is ’n grafiese kunstenaar,” sê ek. Hy knik. Hy kyk oor my skouer.

“Ek het ’n sak met koffie en beskuit. Sal jy ’n koppie saamdrink?”vra hy.

“Um . . .”Ek wil nie nou met ’n vreemde man in ’n vreemde plek—“Dit … dit sal lekker wees,”is egter wat uitkom.

’n Paar minute later sit ons op rotse onder die meeue, terwyl hy die beskuit offer en die koffie in plastiekbe­kers skink. Hy gesels oor homself; sê hy’s ’n joernalis, maar hy werk eintlik aan projekte vir die geskiedeni­sdeparteme­nt van die universite­it. Hy vra my oor my werk uit, luister fyn en vra vrae. Wanneer laas het iemand met soveel belang na my geluister?

’n Uur gaan verby. Ek wil nie voel wat ek voel nie. Hy kom voor as ’n saggeaarde man, glad nie aandringer­ig nie, tog met ’n aanneemlik­e selfvertro­ue, praat maklik oor sy swakpunte en is trots oor wat hy bereik het. ’n Man met ’n breë kennis en ’n droë humorsin. Sommer gevaarlik aantreklik.

Ek mag nie voel wat ek voel nie. Die seer van die afgelope tyd kan nie met die seemeeue se geraas kompeteer nie. Wie ís die man hier voor my? Is ek naïef? Staar ek my vas teen ’n voorkoms? Peet was ook ’n mooi man. Mooi mans is maskers. Mooi mans kan kies en keur. Ek moet versigtig wees – dalk is hy Peet in ’n ander gedaante.

Hy praat oor sy ouers wat in Somerset-Wes afgetree is. Hy self was vir ’n kort ruk getroud, het laas jaar uit simpelgeit met die verkeerde persoon die knoop gemaak. Hy is ’n paar jaar jonger as ek. En dit lyk of hy wil praat, gevoelens aflaai. Ek luister.

As Peet maar ’n tiende van dié man se selfkennis gehad het. Sy naam is JanKarel. Hy kry skaam want hy weet nog nie wat my naam is nie. Delphine, sê ek.

“O . . .”sê hy met bewonderin­g.“Dis musiek,”en hy wil vir homself lag.

Ek voel veiliger in hierdie wind. Ek begin praat. Hy haal die tweede sak uit sy motor en ons eet middagete tussen die seemeeue, die geplof van die branders oor die rotse, die see se einderlyn.

Die afgelope weke vervaag. En dié Jan-Karel . . . ek kry so lag vir sy stories.

Ek skrik toe ek op my polshorlos­ie kyk. Ek en hy praat al ure! Het hy van my geselskap gebruik gemaak om die tyd om te kry sodat hy beter foto’s van die ligtoring kon neem? Ag, wat maak dit saak? Ons voel soos ou vriende.“Versigtig!”skree my hart hierbinne.“Versigtig! Jy klouter nog uit jou afgrond uit.”

Hy kyk my aan. Daar roep nog in die verte ’n enkele seemeeu in die stilte tussen ons. Hy sit terug.

Hy is ernstig. Praat met deernis.“Iets gebeur hier. Tussen ons.”

Ek kyk weg. Dis waar. Ek sê niks.

Ná ’n stilte kom sy stem weer:“Ons moet seker altwee versigtig wees . . .” Ek kyk hom aan. Ek knik stadig.

En, ja, ek wás versigtig. Hý was versigtig. Dit was 13 jaar gelede.

Elf maande hierna is ek en Jan-Karel getroud en ons het onlangs die kinders Agulhas toe geneem.

Ons het op dieselfde rotse gesit en ons middagete onder die seemeeue se geraas geniet. Ons het vir die kinders vertel van die ligtoring – ’n lig wat keer dat skepe teen rotse stamp. Vir hulle was die storie van hoe ons ontmoet het nogal interessan­t, maar hulle wou eerder op die rotse rondkloute­r.

“Wees versigtig,”roep Jan-Karel hulle agterna.

“Ja,”sê ek half aan myself.“Ons wás.” Hy hoor my en neem my hand.“En ná al die jare het ons nog nie soos die seemeeue geklink nie.”

“Maar ons kán vlieg,”sê ek.

‘Um . . .’Ek wil nie nou met‘n vreemde man in‘n vreemde plek—‘Dit . . . dit sal lekker wees,’is egter wat uitkom.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa