Kuier

SKETS JOU EIE LEWENSPREN­TJIE

Sit vanjaar aan tafels waar jy welkom voel, en moenie jouself kleiner maak vir ander

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Mense, dis 2024! Ek lag nou as ek terugdink aan hoe paniekbeva­nge mense oor die nuwe millenium was, en doemvoorsp­ellings dat die mensdom dit nie sou maak nie. En kyk in watter jaargetal trek ons al!

Gewoonlik is dít wat ek in die nuwe jaar wil bereik al teen die einde van die vorige jaar in my kop uitgewerk, maar nie vanjaar nie. Ek wil vanjaar net die onnodige ekstra druk wat ek op myself plaas, afhaal. En ek gaan hard probeer om nie die heeltyd oor álles te worry nie.

My groot fokus vanjaar is om die finale jaar van my meestersgr­aad suksesvol te voltooi – en omtrent ’n see moet nog vol water loop voor ek by die eindpunt kom – so ek moet super-gefokus wees.

Ek betree ook die nuwe jaar met my oudste wat graad 4 toe, en my jongste, wat al van drie maande oud in dieselfde crèche is, wat nou in ’n pre-primêre skool gaan wees. En dít nogal in dieselfde klas, met dieselfde juffrou as wat haar sussie destyds gehad het.

Ek het dié juffrou egter gewaarsku my kinders se persoonlik­hede verskil hemelsbree­d, en dat sy gereed moet wees vir ’n vurige klein mensie in my jongste.

Dié kind het eendag aangedring om met ’n paar sonbrille op crèche toe te gaan. Die juffrou het haar gevra om dit af te haal, en sy het geweier. Niggie het heeldag met daai sonbrille in die klas gesit. Só was dit amper elke oggend ’n ander vibe. Ek moes net byhou.

Dit is dus ’n groot akademiese jaar wat op ons al drie wag, want my oudste gaan nou begin toetse en eksamens skryf – en dís ’n heel nuwe vaardighei­d wat sy moet aanleer, terwyl die kleintjie ook gou gaan sien graad R is nie crèche nie. Ek moet ’n navorsings­tesis én ’n draaiboek skryf, en ’n kort dokumentêr­e film maak om aan die vereistes vir my meestersgr­aad te voldoen.

Kan ek nou al weghardloo­p? Hierdie is egter praktiese goed. Ek worry meer oor die emosionele kant en angstighei­d wat die nuwe skooljaar bring. My kinders is in nuwe klasse met nuwe maatjies en ’n nuwe onderwyser.

Hulle moet weer leer aanpas en ons weet aanpassing is nie altyd maklik nie. As ma is ek bekommerd, want selfs op laerskool het my oudste begin leer dat die speelgrond nie altyd ’n vriendelik­e plek is nie.

Dit het laas jaar goed gegaan en sy het twee besties by die skool gehad. Sy kon nie uitgepraat raak oor hulle nie! Sosiale interaksie­s en verhouding­s bou met ander is vir my uiters belangrike interperso­onlike vaardighed­e om te hê. En ek, wat op skool gesukkel het om vriende te maak, was só bly vir haar.

Maar toe verander die dinamika teen die einde van laas jaar in dié trio se vriendskap toe een van haar besties bevriend raak met ’n ander meisie, en my dogtertjie toe uit die vriendekri­ng begin verstoot word. Sy kon nie verstaan hoekom hulle weghardloo­p wanneer sy pouses by hulle wou sit nie, of vir haar sê om weg te gaan nie.

Ons praat elke middag met mekaar oor hoe ons dag was, wat alles gebeur het, en hoe ons voel. En dit het my hart gebreek toe my kind gedink het iets is fout met haar, want hoekom wou haar maatjies dan skielik nie meer met haar speel nie.

Ek probeer my kind voorberei op die lewe daarbuite, en dis moeilik om die kompleksit­eit van vriendskap­pe en menslike gedrag vir ’n negejarige te laat sin maak. Ek probeer haar ook voorberei dat sy verwerping sal leer ken, maar dat sy nooit moet dink sý is nie goed genoeg nie.

Ek het haar ook aangeraai om vir haar maatjies te sê dat hul gedrag haar gevoelens seergemaak het. Maar belangrike­r nóg vir haar om te weet, is dat sy nie in situasies moet bly waar sy seergemaak word nie. Sy moenie aan tafels gaan sit waar sy nie welkom is nie. Dit geld vir die skoolgrond én die lewe.

Toe ek jonger was, op soek na my identiteit, het ek myself altyd minder en kleiner gemaak net sodat ek aanvaar kon word, of deel van die groep kon word. Ek was te bang om openlik trots te wees op my prestasies – ek wou nie hê dit moes lyk of ek spog nie.

En ek het nooit vir iemand gesê wanneer hulle my seergemaak het nie. Dis ’n self-afbrekende gewoonte wat ek tot in my volwasse jare saam met my gesleep het. Dit het baie werk gekos om myself te aanvaar soos ek is, en nie meer myself klein te maak net sodat iemand anders groter kan voel nie. Dis nie mý werk nie.

Wanneer jy kinders het, kry jy die geleenthei­d om ’n ander tipe mens te help vorm gebaseer op die lewensless­e wat jy alreeds geleer het. Soos: Wees ’n gawe mens wat die mooi in ander en in hulself sien, maar ook iemand wat weet dis nie oukei om ’n vloermat te wees nie, en hul grense gaan stel. Maar bowenal wil ek help skep aan meisiekind­ers wat ander kinders sal nooi om by hulle te kom sit.

Die speelgrond – en die lewe – hoef nie ’n eensame óf lelike plek te wees nie. Óns kan kies hoe dit moet lyk.

Maar belangrike­r nóg vir haar om te weet, is dat sy nie in situasies moet bly waar sy seergemaak word nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa