Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

Thirty, flirty en not-so-thriving? Moenie dat tienerdrom­e jou laat dink jy het misluk nie DEUR TARRYN SWARTBOOI

-

Tick net society se boksies en alles is oukei.

Die movie13 Going on 30 van 2004 was baie gewild, selfs in die klein Karoo-dorpie waar ek grootgewor­d het. Daai tyd kon ons dit nog by DVD-winkels gaan uithaal. Dís hoe ek aan dié movie gekom het, min wetend dat ek so lief daarvoor sou word dat ek die arme DVD sou uitneem tot dit begin haak het!

Die hoofkarakt­er, ’n meisie moeg vir tiener-wees, word tydens haar 13de verjaardag­partytjie verneder en gaan sit in ’n hangkas. Sy wens dan sy is al 30 jaar oud, want sy’t in ’n tydskrif gelees jou 30’s is die beste tyd in jou lewe, veral vir vrouens. Hul 30’s word as“thirty, flirty and thriving” beskryf. En dié tiener was slaggereed vir die lewe as‘n volwassene.

Al het ek nie daardie wens gemaak nie, het ek dit saam met haar gevoel. Dis toe dat my eie idilliese drome oor grootmensw­ees begin het. Ek het my drome, mylpale en doelwitte begin beplan volgens ouderdom, en ek was 100 persent seker dit sou presies só gebeur.

Ek’t beplan om teen 30 in ’n gelukkige huwelik met die liefde van my lewe te wees, twee kinders te hê, en in ’n pragtige huis te bly. Ons sou elkeen ’n“gevaarlike” kar ry en prokureurs wees. En ons sou, nes in alle sprokies, happily ever after leef.

Nou, op 30, is die enigste deel van my thirty, flirty and thriving -droompie dat ek 30 is. Dis al. Daai ander dele het nog nie waar geword nie, en hier sit ek vandag op 30 in my ouerhuis: single, werkloos, kindloos, karloos, en huisloos.

Goddank is ek darem nie hopeloos nie, al hét die jaar waarin ek gedink het ek gaan thrive, my al ’n paar keer op moedverloo­r se vlakte gehad. Ek is dankbaar dat daai vlak nie my permanente tuiste geword het nie.

Nadat ek hand diep in eie boesem moes steek, het ek ontdek hoekom my tienerdrom­e nie waar geword het nie en sommer ook waardevoll­e lesse geleer. Soos: ek kan beplan, maar God beslis. Dis onmoontlik om die Heelal se tydsbereke­ning te voorspel of voor te skryf.

Die verbasends­te les was dat niemand op 30 noodwendig thrive nie. Inteendeel, vir baie vriende was die jaar toe hulle 30 geword het, een van hul moelikstes nóg.

Die grootste a-ha-oomblik was dat 30 so ontsettend moeilik is. Nie noodwendig oor waar jy jou bevind nie, maar die mylpale wat jy volgens society se oeroue reëls nou al moes behaal het. Jy’s immers amper“van die kalender af”.

Die verwagting is dat jy ’n kind het, al is jy enkel, finansieel onstabiel en ongevestig. Volgens almal tick jou biologiese klok glo so hard, dis ál wat hulle kan sien en hoor in jou teenwoordi­gheid.

As jy op 30 nog ongetroud is (al is sommige getroud met‘n tikkop) is jou voorland die spreekwoor­delike“rak”, waar jy stokoud en vol stof gaan word. Blykbaar moet jy ook klaar geleerd wees en onmiddelli­k“black tax”betaal sonder dat jou geld ooit opraak. Niemand vra eens oor jou drome of aspirasies nie. Tick net society se boksies en alles is oukei. Jy beter ook wees, en net aankap.

Ek het intussen besef thirty, flirty and thriving is eintlik net mooi verpakking wat die boks waarin al society se onrealisti­ese verwagting­e ingeprop is, entrench. En dit word via sosiale media en word-ofmouth voor ons deur afgelaai. Ons móét net glo daar is geen ander keuse as om hierdie pakkie te aanvaar nie.

Wel, ek weier om dié pakkie te aanvaar. Jy kan ook. Ons skuld die samelewing níks. Ons hoef nie sy boksies te tick nie.

Sedert dié ontwaking kon ek vrede maak met my onrealisti­ese tienerdroo­m (wat my ál meer soos ’n mislukking laat voel het), en die feit dat ek ’n heel ander beroepsrig­ting ingeslaan het. Ek’t besef trou en kinders kry is net paaie in die lewe wat ’n mens kan besluit om te stap of nie.

Dis nie onvermydel­ik soos die dood nie, en niemand kan jou dwing of emosioneel afpers om enige lewensvera­nderende besluite na húl verwagting­s te neem nie.

Biologiese klokke hoef danksy tegnologie en mediese innovering­s ook lankal nie meer op 30 uit te loop nie.

As jy jou ook hier bevind waar ek is, moenie jouself oordeel of afkraak nie. Aanvaar jou situasie en kyk watter lesse jy daaruit kan leer. Onthou,“a lesson will repeat itself until it’s learned”. So, leef volgens jou eie pas, en die Here se timing.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa