HALLO, LIEWE KUIER- LESERS!
My ouma het altyd gesê elke huis het sy kruis en soos die jare aanstap, besef ek net al hoe meer hoeveel waarheid in dié sê-ding steek.
Mense lyk dalk dolgelukkig, maar agter geslote deure is dít nie altyd die realiteit nie. Ek kom dit ál meer agter.
So luister ek onlangs na iemand wat ek ken wat hart oopmaak teenoor my, en ek besef: Baie mense hou die blink kant bo. Jy smile en gaan aan met jou dag en lewe, sonder dat die mense rondom jou regtig weet waarmee jy worstel. En so stil-stil fight jy jou demons, selfs sonder dat jou naastes daarvan weet.
Dwelms, drank, leuens, verraad . . . Ek hoor meer en meer gru-stories oor hoe dié euwels lewens verwoes en families uitmekaarskeur. Kyk, al probeer jy hoe, dis nie maklik om jou eie bloed sommerso af te skryf nie. Al maak 'n familielid jou ook hóé seer, daar moet baie water in die see loop voor jy hulle afsny. Jou kind bly jou kind. Jou suster bly jou suster. Jou broer bly jou broer.
Hoe meer ek van mense se struggles hoor, hoe meer raak ek benoud vir my eie twee seuntjies. Wat sal ek doen as een worstel met iets soos 'n boelie wat hulle afknou? Of vriende wat hulle op die verkeerde pad lei? Hoe lei jy jou kind en gee raad?
Soos ek hier tik, flits 'n WhatsAppboodskap op my foon met die nuus dat my "oudste seun" – my nefie wat soos my eie kind is – matriek geslaag het. (Hy't mos gesê ons stres vir niks!)
Vir baie ouers is dit nou tyd om hul kind die grootmenswêreld in te stuur. Maar hoe weet jy of jou kind die regte studierigting gekies het?
Baie is dalk onseker oor watter beroep om aan te pak. Dié besluit kan verlammend wees, veral as jy nie jou ouers wil teleurstel nie. Maar jou ouers wil dalk niks weet van jou wat by die huis sit nie. Hulle soek 'n besluit. En daar word raad rondgegooi.
'n Gap-jaar? Jy kry dalk vuil kyke as jy dit waag om net daai woorde te uiter. Maar vir baie kinders kan 'n gap-jaar baie waardevol wees (bladsy 48).
Dis vir hulle 'n tyd van selfondersoek. Baie kenners meen ook lewenservaring is deesdae netso belangrik op jou CV as akademiese kwalifikasies.
Ek ken daai druk om 'n beroep te kies. Ek self was ietwat onseker oor wat om te swot ná matriek. Ek het opgelees, heelwat kursusse oorweeg en toe inges skryf vir LLB (regte) by Maties.
Dag een in daai klas het ek al geweet: n nee wat, dié kursus is nie vir my nie. M Maar ek het deurgedruk. Ek het later m my kursus verander sonder om my ma t te sê! (Die latere gesprek hieroor het ek li liefs uit my brein gevee.)
Ek het van studierigting verander en s stadig maar seker my voete begin vind. E En toe die joernalistiek-gogga eers byt, w was daar geen keer nie . . .
Nou sit ek in 'n dream job met die le lekkerste span. Hulle sê mos: "If you do w what you love, you'll never work a day in your life." En dís my wens vir my nefie e en ander jongmense: dat hulle ook iets s sal vind wat hul hart w warm laat klop en hulle g gelukkig maak. •