Kuier

BOODSKAPPE

-

“Dankbaar vir hul klein‘seuning,”4 Jan. Baie geluk aan jou en jou man, Kim Syster. Mag God hom met 'n gesonde lewe, en vir julle as gesin met goeie welstand en voorspoed al die dae van julle lewe seën.

CHERYL BOOYSE

God is wonderlik. Seënwense en gesondheid vir julle babaseun. ELIZABETH

ABRAHAMS

Geluk met julle bundle of joy. Mag hy vir jou en jou man soveel vreugde en geluk bring. LATASHA ARENDSE

“My geloof sprong ná groot verlies ,”4 Jan. Jy is een van my gunsteling­mense, Morné E. Meyer. Wie sou kon sê dat jy al soveel deurgemaak het? Ons hou jou in ons gedagtes. MUGELYN STEENKAMP

Welgedaan, eerwaarde Meyer, son of the soil. Ek is 'n trotse lid van die Bethel AME in Wellington, Wes-Kaap. Mag God jou seën. SHEREEN AUGUST

Ek het soveel liefde vir jou my vriend. Mag jy van krag tot krag gaan. ELIZNA NEL

Wat 'n inspireren­de storie! Dit het my so laat moed skep dat ek nou besef ek is op die regte plek en bemoedig voel om my graad te voltooi. Ouderdom en omstandigh­ede gaan my nie keer nie. Baie dankie vir jou inspirasie in ons lewe.

CHRISTELL SEPTEMBER

“’n Omgeehart vir haar mense,”4 Jan. Dankie vir die omgeemense wat julle is, Charlotte en Damian Willemse. Julle maak ons trots. WILMA FORTUIN

Dis wonderlik om te sien hoe lief daardie jong man sy ouers het en hoe hy sy medemens respekteer. SPAAS KOEKIE

You go, Damian! Hoe meer jou hand oopgaan vir die Here en Sy mense, hoe meer sal Hy vir jou teruggee. DESIREDUPL­ESSIS

Charlotte, jy het goeie werk as mamma gedoen met hoe jy Damian opgevoed het. Keep up the good work! THERESA

DAMONS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa