Kuier

BEWEEG MEER EN BLY AKTIEF IEF

-

MIK DAARNA OM ELKE DAG MINSTENS 15 MINUTE TE STAP.

Gesonder eet is maar een element. Mense oor 50 beweeg oor die algemeen min. Dít dra by tot gewigs- en gesondheid­sprobleme. Behalwe gewigsverl­ies verlaag oefening ook jou risiko vir osteoporos­e, ’n hartaanval en insulienwe­erstandigh­eid, onder meer.

“Dis belangrik dat jy saam met ’n gesonder dieet ook genoeg oefening inkry, maar dit beteken nie jy hoef jouself dood te sweet nie,”sê Arien.

Mik daarna om elke dag minstens 15 minute te stap.“Wissel met elke minuut die spoed af wat jy stap. Stap een minuut vinnig en dan een minuut stadig. Dít help om die metabolism­e te versnel.”

Met‘n bietjie meer sweet is intervaloe­feninge die beste manier om vet te verbrand, sê Anri van Rooyen, ’n fisioloog en persoonlik­e afrigter van Pretoria.“Baie mense dink situps is die beste manier om vet om die maag te verbrand, maar eintlik verhoog jy net die spiermassa om die maag, terwyl die vet steeds daar gaan wees.”

Sy beveel eerder interval-oefeninge aan: Doen ’n kardio-oefening (iets wat die harttempo opjaag) een minuut teen ’n vinnige pas, en dan een minuut stadig. Hou 10 minute só aan (vyf minute laer intensitei­t, vyf minute hoër).

Jy het nie duur gym-toerusting hiervoor nodig nie.“Jy kan op een plek in jou huis hardloop. Eers vinnig, dan stadig. Of spring tou – en as jy nie ’n tou het nie, kan jy maak asof jy touspring.” Die belangriks­te is om te beweeg en die intensitei­t af te wissel.

Nog ’n goeie interval-oefening is om een minuut op een plek te hardloop en in jou rus-minuut só te plank: lê op jou maag met jou arms langs jou gebuig, lig dan jou lyf op sodat net jou elmboë en tone die vloer raak. Hou jou maagspiere in en jou hele lyf reguit – soos ’n plank.

Elke bietjie help en is ’n stappie nader aan ’n gesonder jy.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa