Kuier

JOU GESONDHEID

-

Leefstylsi­ektes wat spruit uit oorgewig wees, ongesonde eetgewoont­es en onaktiwite­it, is deesdae gewoon.

Jy kan vandag al begin om beheer van jou gesondheid te neem.

Dr. Leila Sadien, ’n mediese dokter en intuïtiewe geneser, sien gewigsverl­ies as meer as diëte, aanvulling­s of oefening, maar eerder as ’n holistiese leefstylpl­an.

“Kliënte kom baie na my toe en sê hulle het alles probeer, maar niks werk nie, dan sien hulle hulself as ’n mislukking,” verduideli­k Leila.

Sy sê wat hulle dikwels nie aanspreek nie, is die traumas wat gelei het tot skadelike gedrag soos om hulle te vergryp aan kos of verslawing. Hier is haar raad:

• Luister na jou liggaam Veltoestan­de soos aknee en ekseem, IBS (prikkelbar­e dermsindro­om), waterreten­sie en gewigstoen­ame is maniere waarop jou liggaam kommunikee­r dat die balans nie reg is nie, en jy van gifstowwe ontslae moet raak. As jy gewig optel en nie die rede deur konvension­ele mediese toetse kan vasstel nie, is daar ’n onderligge­nde disfunksie. Vroeë skildklier­siekte, insulienwe­erstandigh­eid en IBS is byvoorbeel­d oorsake wat gemis kan word.

• Koester jouself

As jy vir jare yo-yo-diëte gevolg het, is dit maklik om te glo jou liggaam het jou verraai. Dit het ’n impak op hoe ons voel en ons onsself sien, en dit kan lei tot selfsabota­sie. Werk daaraan om te luister na jou behoeftes en begin om jouself te vertrou as versorger.

• Bou beter grense

Laat gaan toxic verhouding­s wat geen doel dien nie. Dikwels is oortollige gewig gekoppel aan sulke verhouding­s met die mense om jou. Daarom beveel sy ’n detox aan wat ontslae raak van negatiwite­it.

“Dis belangrik om openlik en eerlik met jouself te wees oor waar die negatiwite­it vandaankom, en hoe jy dit gaan hanteer. Eers wanneer ons dít gedoen het, kan ons ons laste ligter maak en verdraagsa­am wees met onsself.”

 ?? ?? Leila glo jy moet die oorsake van trauma aanspreek.
Leila glo jy moet die oorsake van trauma aanspreek.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa