Kuier

PERSOONLIK­E GROEI

-

“Belê in jouself,”is die lewensafri­gter

Sydene Cloete se raad. Baie lesers sal haar onthou as eertydse Kuiercoach. “Jý is jou grootste belegging. Neem ook in ag jy kan slegs rente verdien op dít wat jy belê het. So, jy kan net voordeel put uit die vaardighed­e wat jy ontgin,”sê Sydene.

Sy gee die volgende wenke vir persoonlik­e groei: •

Kry ’n pen en papier en skryf die sade neer wat jy al geplant het en nou water gee, want dít is die vrugte wat jy binnekort gaan pluk en eet. Is daar enige? Ons plant elke dag bewustelik en onbewustel­ik sade en die resultaat daarvan is nie net die vrugte wat ons wil hê nie, maar ook die vrugte wat ons nié wil hê nie. •

Het die mense in jou lewe ’n goeie invloed op jou? Die 3 W’s (wat, waar en met wie) en ook hóé jy jou tyd spandeer, beïnvloed jou 3 D’s: hoe jy dink, hoe jy droom en wat jy doen. Jy moet bereid wees om te gee en om te kan ontvang.

Daarom moet jy mense in jou lewe hê wat ook bereid is om tyd, aandag, liefde ondersteun­ing en energie in enige vorm in jou te belê. •

Wees oop en ontvanklik en berei jou persoonlik­e grond voor vir dít wat jy wil ontvang. Wat en wie op jou golflengte is, sal na jou toe vloei.

Waardevoll­e vrae vir selfgroei:

1. Jy verhuur jou vaardighed­e, tyd en energie aan jou werkgewer. Verhuur jy dit aan jouself ook? Onthou, as jy geld vir hulle kan genereer, kan jy geld vir jouself ook genereer.

2. As jy jouself moet beskryf sonder om jou naam, beroep, kwalifikas­ies, familieban­de of ouerskapst­atus te noem, wie is jy? Wat doen jy, en waarheen is jy op pad?

3. Met wie in my lewe het ek ’n gebalansee­rde gee-en-ontvang-verhouding? tag e oud g? Watter waarde voeg die ander by tot my lewe?

4. Hanteer ek hierdie situasie op ’n emosioneel l volwasse manier? ?

5. Hoe sien ek myself in kontras met hoe ek wil hê ê my Skepper my moet sien?

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa