Kuier

DIS‘BEKKIGE’BONNIE!

Niks steek dié skrywer so dwars in die krop soos gesonde mense wat wil leeglê nie

- DEUR JODY-LYNN TAYLOR

HALLO, ‘BEKKIGE’ BONNIE!

Antoinette Modise speel al vier jaar lank Bonnie Jacobs, die kekkelbek-verpleegst­er in Binnelande­rs. Sy’t dié rol in 2019 losgeslaan, kort ná haar studies.

Bonnie is lief daarvoor om stories aan te dra in die gange van die denkbeeldi­ge Binneland-kliniek en is die“hoofuitsaa­ier” van“Binneland Stereo”, die grapnaam vir al die kletskouse in die hospitaal. Sy las graag ’n stertjie ste tj e by ’n storie sto e om o dit dt ’n bietjie sappiger ppiger te maak vir dié wat luister.

Antoinette tte (28) geniet dit om ná soveel jare steeds pret te kan hê met haar ar karakter.“Bonnie sê ’n ding soos hy is en draai nie doekies es om nie. Sy dink nie altyd voor r sy praat nie, maar sy het regtig ’n baie groot hart.”

Antoinette ette is netso nuuskierig soos haar karakter, want sy wil altyd alles weet, sê sy.“Ek is eintlik baie e skaam en ’n introvert, veral rondom nuwe mense.

Maar Bonnie nie is

’n ekstrovert ert en geheel en al nie bang om te praat nie.”

Ja, Bonnie nie kan kykers s soms irriteer, maar ar

Antoinette e sou graag vriende met haar karakter kter wou wees, s, want

Bonnie is baie fun, sê sy.

“Baie mense ense begin my nou herken. Hulle ulle is altyd geskok skok oor hoe kort ort ek is, en die vernaamste naamste ding wat hulle vir my sê, is:‘Jy moenie so skinder nie!’”

DIE TONEELGOGG­A BYT

Dit voel steeds vir haar onwerklik om saam met groot name soos Clint Brink (Steve) en Je-ani Swiegelaar (Naomi) te werk.“Dié ongeloofli­ke akteurs, wat ek altyd op TV gesien het, is nou my kollegas! Dis wonderlik, en ek leer baie by hulle.” Sy bring b gde die meeste eeste tyd saam saa met Claudia Jones deur, wat Febé sp speel.“Ons deel ’n aantrekkam­er, kom goed g oor die weg, en geniet ons tone tonele saam.” Antoinette het nie altyd g geweet sy wil ’n aktrise word nie, maar m toe sy toneelspel op hoër hoërskool ontdek, het sy baie daarvan daarv gehou. Sy is van Randfontei­n Randfon en was ’n leerder aan die Ho Hoërskool Riebeeckra­nd. In gr. 9 he het sy die skuif na Randfontei­n Randfontei High School gemaak omdat hulle drama e en dans as vakke aan aangebied het.“Dís waar wa ek my liefde gev gevind het.” Sy het ná skool by City Varsity in Johan Johannesbu­rg dram drama gestudeer en haar graad in 2017 volto voltooi.

SY KAN DANS OOK

Antoinette speel nie net tone toneel nie; sy dans ook vandat vand sy ses jaar oud is.“Ek is eendag saam met ’n vriendi vriendin na ’n dansklas. Die dans he het my só geïnteress­eer dat ek dadelik aangesluit het.”Sy do doen akrobaties­e danse en rig dit ook af, en sy is in kontemporê­re kontem dans opgelei.“Ek lov love dit om my liefde vir dans met kinders te deel, en ek leer terselfder­tyd ook by hulle.”

HAAR DROOMROL

Sy is die enigste aktrise in haar familie, sê Antoinette. Aan haar pa, Hendrik, se kant is sy die enigste kind. Maar aan haar ma, Margret, se kant is sy die oudste van drie dogters – haar sussies is 21 en 12.“Ek is ’n tipiese‘daddy’s girl’wat baie bederf word deur my pa.”

Haar droomrol?“Ek sal eendag ’n baie sterk hoofrol wil vertolk. Ek dink dit sal my goed uitdaag, en dan wil ek nog ’n paar flieks ook doen.”

Sy sê sy is rustig wanneer sy by die huis is.“In my vrye tyd Netflix en chill ek. Ek vat die tyd om te rus en so min moontlik te doen, want alles is altyd so ’n gejaag.”

Ontmoet die aktrise agter Bonnie, die skinderbek­verpleegst­er in ‘Binnelande­rs’

Ek het ’n broertjie daaraan dood dat gesonde mense wil leeglê. Mense wat kán, en nie wíl werk nie. Suid-Afrika het een van die hoogste werklooshe­idsyfers en mense sukkel om werk te kry. Dít verstaan ek, maar daar is diegene wat nie eens soek nie. Met diesulkes het ek ’n probleem. Mense wat maak asof ’n regeringst­oelae ’n reg is. Wat kan jy vir R350 koop? Dit kan mos onmoontlik ’n langtermyn­plan wees.

Kom ons begin by die begin. Niemand wíl werk nie. Miskien het jy al iemand ontmoet wat hou van werk, maar ek het nog nie iemand raakgeloop wat voel dat werk die beste ding is wat ooit met hulle gebeur het nie. Maak nie saak wat jy vir ’n lewe doen nie, dit voel altyd asof werk in die pad is van iets anders wat jy eerder wil doen. Iets lekkerder.

Die ongelukkig­e realiteit is dat‘n mens geld nodig het, en om dít te kry, moet jy werk.“Work, work, work, work, work,” sing Rihanna, en sy is reg! Dit voel regtig of ’n mens net werk om geld te kry sodat jy weer by die werk kan uitkom om verder te werk. Dit hou nie op nie. Maar íémand moet dit doen.

Oor die jare het ek myself gemotiveer deur na ander mense te kyk wat ’n moeiliker werk as ek het.“Solank ek net nie daai ou is nie,”het ek myself getroos, en maar weer aangekap. Dit was nie asof ek neergesien het op ander se werk nie, maar dit was net goed wat ék nie wou doen nie.

My pa was ’n mynwerker en het altyd met swartgesme­erde klere huis toe gekom. My idee was om skoon huis toe te kom as ek eendag werk.

Dit was nie tot ek die vryheidsve­gter Martin Luther King Jr. se aanhaling gelees het, dat ek begin besef het elke beroep het bestaansre­g nie.“If a man is called to be a street sweeper, he should sweep streets even as Michelange­lo painted, or Beethoven composed music or Shakespear­e wrote poetry.

“He should sweep streets so well that all the hosts of heaven and earth will pause to say,‘Here lived a great street sweeper who did his job well.’”

Om terug te kom by gesonde mense wat nie wil werk nie. My Oom Samuel van Steinkopf vertel my die storie wat hy by sy pa gehoor het van die ou wat nie wou loop veg nie en blind gespeel het.

Dit was tydens die Anglo-Boereoorlo­g, toe daar glo baie druk op plaaslike inwoners was om hulle óf by die Engelse óf die Boere aan te sluit.

Toe die werwers op die plaas kom, het die ou glo gesê hy kan nie sien nie. As die werwers dié kant praat, het hy glo anderkant toe gekyk en toe sy ma koffie aanbied, het die ou so mis-mis gevat.

Die werwers was nie oortuig nie en besluit toe om die ou saam dorp toe te neem sodat dokters hom kon ondersoek. Ná‘n deeglike ondersoek bevind die dokters hulle sien nie enige rede hoekom die ou nie kan gaan veg nie. Maar hy hou vol.

En hoe oortuig hy hulle toe dat hy regtig blind is? Toe hulle die eerste oggend pap kry, skep hy die pap op sy oog, want hy kan nie sy mond vind nie!

Ek was al werkloos en ek ken die vernederin­g wat daarmee gepaardgaa­n. In my werklose jare wou ek niemand sien nie, want ek was te skaam. Maar uiteindeli­k moes ek my ego bêre en gaan werk soek.

Teen daai tyd was ek klaar as‘n joernalis gekwalifis­eer en het ek drome gehad van vir die grootste publikasie­s in die land werk. Ál werk wat ek toe kon kry, was by ’n piepklein plaaslike koerant in Springbok. En daar moes ek stories met ’n fiets gaan doen, net om my ego nog ’n verdere knou te gee.

In my werklose jare het ek vir enigiets aansoek gedoen. Goed waarvoor ek nie naastenby genoeg kwalifikas­ies gehad het nie. Ek het besluit om elke antwoord van“onsuksesvo­l”wat ek gekry het, te hou. Nie om negatiewe redes nie, maar sodat dit my kan herinner aan die tye toe ek nie werk gehad het nie.

My boodskap aan iemand wat vandag sonder werk sit, is: Moenie wag vir beter dae nie. Steek jou trots in jou sak en doen enigiets terwyl jy wag.

Ja, soms is daar goed wat ons nie wíl doen nie, of wat nie lekker is nie. Maar om op jou hande te sit terwyl jy wag, is nie ’n goeie idee nie.

As jy nie vaardighed­e het vir die job waarvoor jy aansoek doen nie, volg die entreprene­ur Richard Branson se raad: “If somebody offers you an amazing opportunit­y but you are not sure you can do it, say yes – then learn how to do it later!”

Tot ons regering die omstandigh­ede skep waarin almal ordentlike werk kan kry, is my boodskap vandag aan jou: Doen solank iets tot iets beter opkom.

Die wêreld sal verby jou gaan as jy wag. Doen dus iets vir jouself.

 ?? ??
 ?? ?? HOOFFOTO: Antoinette Modise is gek oor Bonnie. Sy is ook‘n danser (links).
HOOFFOTO: Antoinette Modise is gek oor Bonnie. Sy is ook‘n danser (links).
 ?? ?? Luandri Reynders (Karen) en Antoinette in‘n toneel saam.
Luandri Reynders (Karen) en Antoinette in‘n toneel saam.
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa