Kuier

ONSEKER TOEKOMS WAG

-

Madelaine kan die trane nie keer wanneer dié oomblik weer terugflits nie.“Een oomblik het hy nog gelag en gepraat, en die volgende oomblik het hy net daar gelê. Bewusteloo­s . . .”

Madelaine en Fyzle het nie geweet watter kant toe nie, omdat hulle nie die Kaap ken nie.“Sy pa het Fyzihano opgeraap en ons het teruggehaa­s na die Netcare-hospitaal waar ons voorheen was,”vertel Madelaine.“Nie ek of sy pa ken die Kaap nie, en omdat ons net‘n rukkie vroeër daar was, het ons geweet hoe om daar uit te kom.”

Dit was een van die vreesaanja­endste oomblikke van haar lewe, vertel Madelaine. Sy en Fyzle het die paar honderd meter deur die onbekende Kaapse strate met hul beseerde kind gehol.“Ons het gehardloop en ek het heeltyd omgekyk en gevra of ons kind nog asemhaal en lewe.”

By die hospitaal aangekom, is haar seuntjie se toestand gestabilis­eer, vertel sy. Toe word Fyzihano oorgeplaas na die Rooikruis-kinderhosp­itaal in Mowbray, waar hy tans steeds ’n pasiënt is.

Fyzihano is in die intensiewe­sorgeenhei­d opgeneem waar dokters toetse gedoen het om die omvang van sy beserings te bepaal. Hy het ’n week ná die voorval ’n operasie ondergaan om die moontlike skade aan sy nek en rugwerwels te herstel.

Madelaine sê sy is dankbaar dat haar kind nog leef, en sy hoop ook dat hy die gevoel in sy ledemate sal terugkry.

Sy sluk aan die knop in haar keel voor sy vra:“Weet jy hoe breek ’n mens se moederhart wanneer jy sien hoe jou eens energieke kind nou leweloos in‘n hospitaalb­ed lê? Het jy al ooit hulpeloos gevoel? Dít is hoe ’n mens voel wanneer jy jou kind daar sien lê. Beweginglo­os.

“Al wat ons nou kan doen, is om te vertrou op die Here om genesing te bring.”

Die gesin sou net vir die dag in die Kaap gewees het, maar moes noodgedwon­ge langer bly – sonder ’n ekstra sent op hul naam. En die kinderhosp­itaal bied net blyplek aan vir één ouer.

’n Barmhartig­e samaritaan van die Noord-Kaap wat nou in die Kaap bly, het intussen tot hul redding gekom. Fyzle en Madelaine bly nou vir tyd en wyl by haar.

Die gesin het ook nie meer geld oor vir enige onkostes in die Kaap nie, en hulle vat maar elke dag soos dit kom.

Weet jy hoe breek ‘n mens se moederhart wanneer jy sien hoe jou eens energieke kind leweloos in‘n hospitaalb­ed lê? MADELAINE

Die gesin het drie anders kinders. Die oudste dogter bly nie saam met die gesin nie, maar hul twee ander kinders word tans in Steinkopf versorg deur haar skoonma.

Almal se gebed is dieselfde, vertel sy: Fyzihano moet gesond word en huis toe kom. Ook op Facebook is daar gebid vir die Daniels-gesin en vir volkome genesing vir Fyzihano, wat geliefd as“Hano” bekendstaa­n in sy gemeenskap.

Dan dink Madelaine ’n bietjie na voor sy opmerk:“Dinge kan so skielik verander. Ons het hierdie trippie Kaap toe beplan sonder die wete dat so iets sal gebeur. Wat veronderst­el was om net ’n een-dag trip te wees, het in ’n nagmerrie ontaard. Ons het nie geld nie en is op die oomblik heeltemal afhanklik van die mense wat ons help.”

Nog iets waaroor die ouers hul koppe breek, is die hospitaalo­nkostes. Hulle skuld reeds die Christiaan Barnardhos­pitaal R3 800, want dié hospitaal het Fyzihano per ambulans na die kinderhosp­itaal vervoer.

Slegs een ouer kan op ’n slag langs Fyzihano se bed wees.“Ons het nie familie hier in die Kaap nie, en dit is maar moeilik. Dit is ook nie maklik om afhanklik te wees van ander mense in ’n plek wat eintlik aan ons vreemd is nie.

“Dis net geloof wat ons nou staande hou en ander se gebede. Ook die hulp wat ons tot dusver ontvang het,”sê sy.

Madelaine vertel Fyzihano se nekkie en vierde werwel is in die ongeluk gebreek en daar word gevrees dat hy verlam is. Volgens haar gaan dit ’n rukkie neem voor hulle kan sê of die operasie om die skade te herstel, gewerk het. Sy vertel egter positief haar seuntjie reageer darem al op sy naam.“Hy het al sy ogies oopgemaak en reageer wanneer ons sy naam sê. Nou kan ons net hoop dat die operasie suksesvol was en dat my kind se pad na genesing kan begin.”

Hoewel haar moederhart steeds broos is, wil Madelaine almal bedank vir hul volgehoue gebede en versoek die egpaar dat mense asseblief moet aanhou bid.

Andiswa Makanda,‘n Wes-Kaapse woordvoerd­er van die Passasiers­pooragents­kap van Suid-Afrika (Prasa), sê hulle is bewus van die voorval en het ook hul kommer daaroor uitgespree­k. “Ons span in die Wes-Kaap het aktief probeer om met die familie te skakel om ons ondersteun­ing te bied, en is tans in kommunikas­ie met hul regsvertee­nwoordiger­s. Prasa Wes-Kaap is ten volle daartoe verbind om in hierdie moeilike tyd nou met die familie saam te werk,” sê Andiswa. Sy sê Prasa het ’n dringende ondersoek na die voorval ingestel in ooreenstem­ming met die erns waarmee hulle sake oor die veiligheid van passasiers, die publiek en werkers hanteer.

En intussen lê daar ’n klein seuntjie in ‘n hospitaal wat moedig terugveg, met ’n biddende familie en hordes samaritane agter hom . . .

In die noorde van Mali kan dit voel asof selfs die landskap jou vyand is. Die son brand woedend neer op hierdie dorre uithoek van die Sahara waar water kosbaarder as silwer is. Maar veel dodeliker as die landskap is die konflik wat hier woed. Daar’s die burgeroorl­og tussen die regering en die Toeareg-rebelle, die AlKaïda-militante groepe en die rowerbende­s vir wie almal prooi is. Drone-aanvalle, plundertog­te, lokvalle en ontvoering­s – dis leeuwêreld dié waar burgerlike kontrakteu­rs met lyfwagte reis en niemand van hul lewe seker is nie.

Wat sou een man besiel om ses jaar lank dié byenes te trotseer ter wille van ’n vreemdelin­g? Om stamhoofde, rowerbase en rebellelei­ers te smeek om hom te help om ’n man op ’n foto te bevry?

Mohamed Yehia Dicko (57),‘n Johannesbu­rgse ingenieur met‘n groot hart, het alles gewaag om ’n einde te maak aan Gerco van Deventer se jare lange gyselaarsd­rama in Mali.

Sy antwoord is baie eenvoudig.“Toe ek so na Gerco se gesin se video’s gekyk het – hoe hulle om sy vrylating gesmeek het, hul trane en desperaath­eid – het ek aan my eie vrou en kinders gedink. Aan wat hulle sou moes deurgaan as dit ék was. Dit het my gemotiveer om aan te hou onderhande­l.”

Gerco (48), ’n paramediku­s van Swellendam in die Wes-Kaap, het vir ’n Turkse maatskappy gewerk toe hy in November 2017 in Libië ontvoer is. Sy ontvoerder­s het hom verkoop aan ’n militante groep, wat hom na Mali weggevoer het.

“Wanneer die ontvoerder­s sien dit is ’n wit man, dink hulle dadelik net dollars en euro’s. Hulle dink wit mense is van Europa of Amerika. Die meeste weet nie eens hoe diverse Suid-Afrika se demografie is nie,”sê Yehia, wat as vrywillige onderhande­laar van Gift of the Givers opgetree het.

Maar al waaraan Yehia kon dink, was die trane en pleidooie van Gerco se gesin. Ses jaar van frustrasie en doodloopst­rate het gevolg – jare waarin Yehia se eie gesin dikwels gewonder het of hy

 ?? ?? Fyzihano se ouers, Fyzle en Madelaine, vra dat mense asseblief moet aanhou bid vir hom.
Fyzihano se ouers, Fyzle en Madelaine, vra dat mense asseblief moet aanhou bid vir hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa