Kuier

BRADLEY SE PLEK IS LEEG

-

ons wou dit self skryf en vervaardig,”sê Solomon.“Dit was so cool om te weet ons name gaan heel aan die begin rol. Jy het geen idee hoe baie dít vir my beteken nie. Ek het al so baie movies gedoen, maar my naam was nog nooit reg aan die begin nie. Dit was ’n massiewe mylpaal vir ons.”

Ná hulle die groenlig vir die fliek gekry het, het hulle‘n dinkskrum met Brett Michael Innes, skrywer van die fliekweerg­awe van Fiela se Kind, gehad om die teks te ontwikkel. Daarna het hulle ’n director’s pitch gehou waar verskeie regisseurs ’n voorleggin­g gedoen het. Die talentvoll­e akteur Marvin-Lee Beukes was een van hulle. Solomon en Bradley was uitgeboul deur sy konsep, want hy het die teks gesien en verstaan soos hulle en vandaar het die magic voortgegaa­n. En só is die bromance-fliek Frankie en Felipé gebore . . .

Ons geselsie in ’n koffiewink­el in die Kaap draai na die tragiese verlies van sy vriend en kollega. Bradley was geseënd genoeg om die fliek in Junie laas jaar te sien voordat hy tragies‘n maand later gesterf het. “Omdat ons die teks geskryf en vervaardig het, het ons die director’s cut gesien. Ons was baie emosioneel en weer kon ons nie ophou praat nie, want ons was so gelukkig met daai weergawe. Ons het dit toe vir die kanaal gestuur en hulle was baie gelukkig daarmee,” vertel Solomon. graag hoor wat ander, en veral ons peers in die bedryf, oor die movie te sê het.”

Hy mis Bradley nou meer as ooit, sê hy hartseer.“Dis baie moeilik, want daar is baie dinge wat ek nou op my eie moet doen. Ons het altyd mekaar gemotiveer en hy was altyd daar vir my wanneer ek hom nodig gehad het. As iemand nie hul werk gedoen het nie, het ons altyd sáám na daai person gegaan. Hy sou die‘good guy’wees en ek die‘bad’een,”sê Solomon.

“Ek mis hom verskrikli­k. Ek mis hom vir die nonsens wat ons gepraat het. Om idees rond te gooi en net te lag vir mense wat verbystap. Joh, ek mis hom net baie.”

Ná Bradley se afsterwe moes hy hard werk aan Frankie en Felipé, en nóg drie movies. Sy vrou, Wendy (37), was in dié tyd sy rots.“My vrou is die een wat weet waardeur ek gaan. Daar is baie aande wat ek letterlik myself aan die slaap huil. Ek moes drie movies vervaardig – sonder ’n afdag of vakansie. My vrou is my steunpilaa­r en ek kan nie genoeg vir haar dankie sê nie.

“Baie mense weet nie dat sy en Bradley mekaar ontmoet het voordat ek en sy ontmoet het nie. Net soos ek ’n vriend verloor het, het sy óók ’n baie goeie vriend aan die dood afgestaan. My kinders het hul gunsteling-oom verloor,”vertel hy.

“My vrou en kinders het al die fliek ’n paar keer gesien en hulle is so excited vir die wêreld om dit te sien. Ek kan in my vrou en in my kinders se oë sien hulle is baie trots op die movie. Die fliek is my en Bradley se legacy. Dit sal die grootste prys van ons vriendskap bly.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa