Kuier

’N BESTIES-LIEFDESTAA­K

-

Frankie en Felipé is toe in Augustus – net ’n maand ná Bradley se dood – by die kykNET Silwersker­mfees in Kampsbaai in Kaapstad vir die eerste keer voor ’n groot gehoor gewys en is agterna staande toegejuig. “Toe die movie by die fees gespeel is en ander mense in die bedryf dit gesien het, was hulle in die wolke daaroor. Al die accolades en kompliment­e het na my toe gekom omdat Bradley nie meer saam met ons was nie. Dit sou vir my soveel meer beteken het as Bradley langs my gestaan het, want ek en hy het ewe hard gewerk daaraan. Bradley wou so

Frankie en Felipé is ’n familie-komedie, sê Solomon.“Dis ’n dinamiese storie van twee broers wie se paaie op ’n baie jong ouderdom geskei het en dan vind hulle mekaar later. Hierdie is ’n storie van hoop, liefde en vergifnis. Dit getuig van die liefde tussen broers, tussen ’n man en ’n vrou, asook tussen vriende.”

Bradley speel Frank Blaze, en Solomon is te sien as sy halfbroer, Felipé Baadjies. “Dit is ’n lekker storie vir die hele gesin. Ek dink daar is reeds baie swaar stories, en ek en Bradley wou ’n storie vertel wat mense sal laat lag. Dís iets wat ons nog altyd wou doen. Ons wil mense vir die duur van die movie na ’n ander wêreld meevoer.”

Hy en Bradley het baie van hul eie karaktertr­ekke aan hul karakters verleen, sê Solomon.“Frank is baie soos Brad – sjarmant en aantreklik. Ek en Brad het baie gestry oor wie die sjarmantst­e en aantreklik­ste is, en Brad het toe gewen. Ek is die snaakse een, so daai is ’n wen vir my!”

Hy vertel hulle moes vir ses weke af Kaap toe om te skiet.“Dit was vir ons so onwerklik toe ons met die cast ons eerste deurleesse­ssie gehad het. Sowat 65 crew members was op stel en om te dink hulle werk almal aan die idee wat jý gehad het in ’n kombuis, met koffie sonder melk!”

“Ons was regtig emosioneel toe ons wegry, want om daai tafel waar die cast gelees het, het ons woorde lewe gekry.”

Die span het in Februarie laas jaar aan die fliek begin skiet en in die eerste week van Maart het hulle op stel klaargemaa­k. Die fliek wemel van bekende gesigte: Kim Syster, Zane Meas, Ilse Klink, Danny Ross, Lee-Ann van Rooi, Brendon Daniels . . .

“Ek en Brad was baie opgewonde toe ons die eerste draft sien. Ons het baie gelag en ons het klein oomblikke gevier.

“Daar is baie min mense van kleur in die bedryf wat skryf, vervaardig en self in produksies speel. Ons moes baie dinge op ons eie uitwerk en ons het baie foute gemaak, maar dis hoe ons geleer het.”

En nou draai hul droom al die pad op die silwerdoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa