Kuier

VAN BASKET- TOT NETBAL

-

Roderick het in Groenheuwe­l grootgewor­d as die jongste van sy ouers, Bernard (60) en Magdalena (61), se drie seuns. Hy het twee ouer broers, Ronaldo (37) en Geoffrey (31).

Hy het in 2014 aan die Hoërskool Noorder-Paarl gematrikul­eer, en was regdeur sy skoolloopb­aan ’n veelsydige sportman wat rugby, krieket en basketbal gespeel het.

Roderick het ná skool menslike hulpbronne­bestuur aan die Boland Kollege in die Paarl geswot. Hy werk nie tans nie en wil graag nog sy studies voortsit.

“Ek het op laerskool basketbal gespeel, maar dit nie te ernstig opgeneem nie. Ek het ernstig oor dié sport begin raak toe my niggie, Hermanice Fredericks (16), in 2006 aan lupus oorlede is.”

Hermanice het uitgeblink in basketbal en ander sportkodes, vertel hy.“Die dag toe sy sterf, het ek ’n belofte gemaak dat ek die sport verder sal vat en haar altyd sal onthou as die rede hoekom ek dit speel.”

Hy het op sy dag aan verskeie basketbalt­oernooie deelgeneem en was op hoërskool vir drie jaar deel van die Bolandspan. Hy was ook lid van die Spartans-klub. In 2017 het dié span die Cape Winelands-trofee gewen.

Volgens Roderick is daar heelwat ooreenkoms­te tussen netbal en basketbal. Hy sê al wat verskil is die reëls, voetplasin­g, areas waar jy mag en nie mag beweeg nie, en die verskillen­de posisies.

“Ek het ’n bietjie gesukkel, veral as dit kom by die voetplasin­g. Ek sal nie sê ek het dit bemeester nie, want daar is nog baie ruimte vir verbeterin­g. Ek ís wel baie beter as voorheen.”

Roderick sê met netbal moet jy fisies fiks wees,“want jy hardloop jouself halfdood”. Jy moet ook kalm bly, want mense gaan jou stamp, stoot en baiekeer ook slaan. Sy oefenprogr­am is baie eenvoudig. Hy doen twee tot drie oefensessi­es per dag wat opgebreek word in drie kategorieë: Soggens is dit fiksheid, smiddae is dit voetwerk en saans is dit voet- en spelwerk.

En word hy snaaks aangekyk oor hy wat‘n man is, netbal speel?“Ek kry nie juis enige kritiek oor ek ’n manlike netbalspel­er is nie – gewoonlik is dit net van mense wat gedink het dat slegs vroue netbal mag speel. Maar hoe meer ek hulle daaroor inlig, hoe meer wil hulle weet. Ek steur my in elk geval nie aan negatiewe aanmerking­s of kommentaar nie.”

Roderick meen mansnetbal is besig om die nodige erkenning te kry wat dit verdien. Die sport het die afgelope ruk geweldig gegroei, sê hy.“Ek sal mans aanmoedig om netbal te speel. Daar is baie geleenthed­e in dié sport. Jy bou ook baie goeie vriendskap­pe. Ek het soveel vriende gemaak toe ons in Botswana gespeel het.”

Van stilsit is daar geen sprake nie. Roderick woeker alweer om reg te wees vir die nasionale mansnetbal­toernooi wat na verwagting in Maart in Mpumalanga gaan plaasvind.

 ?? ?? Roderick (derde van links agter) is hier saam met van sy spanmaats in die SA mansnetbal­span.
Roderick (derde van links agter) is hier saam met van sy spanmaats in die SA mansnetbal­span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa