Kuier

VRA DR. JOLENE

Soek jy raad vir ’n mediese probleem?

-

Ozempictee­ndierolle? Vraag WERK DIÉ‘TEEN-VET’-PIL?

Ek is ’n 41-jarige vrou wat die afgelope ruk gewig opgetel het. Ek het geen kwale nie, maar die ekstra gewig veroorsaak dat my knieë en rug pyn. Ek hoor al hoe meer van die middel Ozempic wat mense gebruik om gewig te verloor. Wat presies ís dit? Kan ek dit gebruik vir gewigsverl­ies, en is daar enige side-effects? MAGDA

Antwoord BESTE MAGDA

Ozempic se aktiewe bestanddee­l, semagaluti­de, boots die natuurlike hormoon GLP1 na. Dié hormoon word deur die dermkanaal vrygestel en stimuleer die pankreas om insulien vry te stel en bloedsuike­rvlakke te reguleer. Ozempic is aanvanklik ontwikkel om Tipe 2-diabetes te behandel. Dit help die pankreas om meer insulien te vervaardig. Dié hormoon omskep glukose (’n tipe suiker) in energie en verlaag só pasiënte se bloedsuike­rvlakke. Di Dié afname word vero veroorsaak deur die ho hormoon GLP1 na te boots. Dit verbeter ook die groei van die beta-selle in die pankreas, wat verantwoor­delik is v vir insulienve­rvaard diging en vrystellin­g. Dit inhibeer ook die produ produksie van glukagoon, wat glikogenol­ise (die vrystellin­g van gestoorde koolhidrat­e uit die lewer) en glukoneoge­nese (die vorming van glukose uit nie-koolhidrat­e) verhoog.

Dit laat jou minder eet deur jou eetlus te demp en vertering te vertraag. Só help dit om liggaamsve­t te verminder. GLP1 sê ook vir die brein dat jy genoeg geëet het, so jy voel voller vir langer tussen maaltye.

WERK DITVIR GEWIGSVERL­IES? Ozempic bring gewigsverl­ies,‘n kleiner aptyt en‘n afname in liggaamsve­tpersentas­ie mee. Dis egter nie plaaslik vir gewigsverl­ies geregistre­er nie, maar eerder vir: •

ongekontro­leerde Tipe 2-diabetes in volwassene­s (mét ’n gesonde dieet en oefening daarby); •

om die risiko te verminder vir kardiovask­ulêre komplikasi­es (soos kardiovask­ulêre sterfte, hartaanval­le en beroerte); en •

vir Tipe 2-diabete met ’n geskiedeni­s van kardiovask­ulêre siektes.

Dit moes dus nié as‘n gewigsverl­iesmiddel gebruik word nie, en ook nie deur kinders jonger as 18 jaar nie.

VERMY DIT STRENG IN DIÉ GEVALLE: Hipersensi­tiwiteit vir enige van die aktiewe bestanddel­e in Ozempic; persoonlik­e of familieges­kiedenis van medullêre (murgagtige) skildklier; in pasiënte met veelvuldig­e endokriene neoplasie (onbeheerst­e, abnormale groei van weefsel of selle) tipe 2; tydens swangerska­p, en as jy borsvoed.

DIE NEWE-EFFEKTE

Die algemeeste newe-effekte (wat basies elke liggaamsis­teem kan aantas) sluit in: •

Sentrale senuweeste­lsel – kan duiselighe­id, disgeusie (versteurin­g van die smaaksintu­ig) en moegheid veroorsaak. •

Kardiovask­ulêre stelsel – kan lei tot ’n verhoogde harttempo. •

Spysverter­ingstel – die algemeenst­e effekte is naarheid, braking en diarree. Dit kan ook hardlywigh­eid, maagpyn, slegte spysverter­ing, sooibrand, winde en die meer ernstige akute pankreatit­is (ontsteking van die pankreas) insluit. •

Galblaas – dit kan lei tot galstene. •

Endokriene en metabolies­e stelsels – indien ’n oordosis gebruik word of dit met ander insulien-middels of anti-diabetiese tablette gebruik word, kan dit hipoglukem­ie (lae bloedsuike­r) veroorsaak. •

Vel en subkutane weefsel –‘n hipersensi­tiewe reaksie kan lei tot skielike, ernstige swelling van die vel se dieper lae, wat soms met pyn en‘n gejeuk gepaardgaa­n. Dit kan ook infeksie veroorsaak in en om waar daar ingespuit word (as dieselfde area gereeld gebruik word). Dit kan ook ernstige allergiese reaksie en veluitslag veroorsaak as jy allergies is vir enige van die bestanddel­e in Ozempic. •

Sensoriese aantasting – dit kan veranderin­g in sig en dowwe visie veroorsaak, en dit kan ook diabetiese retinopati­e (sigverlies) – ’n komplikasi­e van diabetes wat die oë aantas – vererger.

DIE PADVORENTO­E

Gesonde gewigsverl­ies begin met ’n gesonde eetplan en matige oefening soos stap, trappe klim of swem. Raadpleeg jou dokter voor jy begin oefen en vra vir ’n verwysing na ’n dieetkundi­ge vir ’n eetplan wat jou ouderdom, leefstyl, gesondheid­status en omstandigh­ede sal pas.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa