Kuier

VERTEL VIR ANTIE VAL

Sukkel jy met persoonlik­e probleme? Hier is raad

-

Kind gooi vloermoere Vraag TANTRUMS MAAK MY MAL

Antie Val, my kind gooi die vreeslike tantrums as sy nie haar sin kry nie.

Sy is vier jaar oud en ek probeer regtig om haar nie‘n pak slae te gee nie, want waar gaan dit eindig as‘n mens met elke verkeerde ding pak gee? Maar hard praat help nou ook nie meer nie. Sy is die enigste kind en word glad nie bederf met speelgoed of so nie, maar as sy nie haar sin kry nie, is die gort gaar. Help! ANONIEM

Antwoord BESTEANONI­EM

Dit lyk of jou dogtertjie jou van kleins af wil manipuleer. As jy dit gaan toelaat, kan sy uiteindeli­k met dié maniere grootword en dieselfde manipulere­nde gedrag teenoor ander openbaar!

Maar laat ons nou nie dinge vooruitloo­p nie.

Daar ís ’n paar dinge wat jy kan doen om haar te laat bedaar. Eerstens, bly kalm. Dit help nie kleuter én ouers gaan ewe veel aan nie. As dit beteken jy moet uit die vertrek stap om te kalmeer, doen dit.

Keer terug en wys vir haar jy is in beheer as ouer. Soms is dié soort vloermoere kinders se manier om leiding te soek. Jy maak die regte besluit om maar die pak slae te los, want geweld was nog nooit ’n oplossing vir probleme nie. Sterkte!

Vraag PAKESEL BY DIE WERK

Ek is ’n harde werker en het al 10 jaar ’n goeie werk by ’n lekker ondernemin­g.

Die probleem is: Ek werk vinnig en hard, en hoe meer ek dít doen, hoe meer word ek met ekstra werk opgesaal – sónder ekstra betaling.

Ek wil nie nee sê en my kanse op ’n bevorderin­g benadeel nie, maar hoe kan ek my baas hieroor nader sonder dat dit lyk of ek kla, of ondankbaar is?

My ander kollegas doen minder en hulle werk stadiger, vir dieselfde salaris. JORDAN

Antwoord BESTE JORDAN

Dit klink of jy toegelaat het dat jy misbruik word en daarom loop sommige mense oor jou!

Probeer om teen ’n normale pas te werk sodat jy nie nog tyd het om met meer werk opgesaal te word nie. As jy sien jy hardloop vooruit, staan op van jou lessenaar en gaan maak koffie om die ander kans te gee om in te haal. Jy hoef nie te kruip vir ’n bevorderin­g nie, want soms verloor mense hulself in die stryd om‘n bevorderin­g vir ’n ekstra paar rand, en word hul menslikhei­d só ingeboet.

Maak ’n afspraak met jou werkgewer en gesels taktvol oor die huidige kwessie en as hulle emosioneel intelligen­t en ’n ware leier is, sal hulle tussen die lyne lees en besef dat jy die ekstra vergoeding werd is.

Vraag HELP TEEN BOELIES

Antie Val, my seun van 12 is verlede jaar verskrikli­k geboelie op laerskool. Hy is vanjaar op hoërskool en ek wil hom graag help om ’n nuwe mental blaadjie om te slaan sodat hy nie weer geteiken word nie. Wat kan ek doen om hom op te help en reg te maak vir hoërskool en al die dinge wat daarmee saamkom? BERTA

Antwoord BESTE BERTA

Dit gaan my verstand te bowe dat prinsipale en hul departemen­tshoofde en beheerligg­ame nie ’n zero tolerance-reël teen boelies op skool kan handhaaf nie.

Dit behoort by alle skole toegepas te word dat skuldiges nie eens mag waag om hul klasmaats of medeleerde­rs skeef aan te gluur nie.

Maak ’n afspraak met die betrokke hoof en speel oop kaarte met hulle oor jou seun wat onder die boelies deurloop.

Jy kan voorstel dat hy in ’n toespraak leerders moet herinner dat daardie wangedrag nie in die skool geduld sal word nie, en dat daar drasties opgetree sal word teen dié wat hulle daaraan skuldig sou maak. Boeliegedr­ag moet met wortel en tak verwyder word!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa