Kuier

ONVRUGBAAR­HEID: WEESDAARVI­RJOUVRIEND­IN

Die pyn van onvrugbaar­heid kan oorweldige­nd wees. Só kan jy ’n vriendin ondersteun wat dié moeilike pad stap

- DEUR ELMARIE NEL

Sy is daai vriendin wat altyd die life of the party is – vrolik en vol lag, en saam met haar is die lewe sommer net lekker. Tóg is dit of haar vlammetjie deesdae dowwer brand. Haar aandag is verdeeld en wanneer daar oor babas gesels word, is sy stil. Op ’n dag maak sy haar hart oop en vertel hoe sy hunker na ma-wees, en dit is nou al langer as ’n jaar dat sy sukkel om swanger te raak. Sy weet ook nie of dit ooit vir haar beskore sal wees nie.

Onvrugbaar­heid is ’n baie moeilike saak vir enigeen wat graag ’n ouer wil word. Vroue vertel dis ’n hartseer wat nie net snags in jou kom lê nie, dit volg jou om elke hoek en draai. Dit kan ook verwarrend wees vir die mense om jou.

Wanneer jy ’n geliefde vriendin daardeur sien gaan, kan dit geweldig moeilik raak om haar te ondersteun op ’n manier wat die seer minder maak, en nie méér nie. Sommige vroue wil daaroor praat, ander nie. Hoe weet jy of jy die onderwerp moet aanroer of nie? En wat moet jy doen en sê, en wat nié?

MOET JY DAAROORVRA?

Elke vriendskap is uniek, so daar is nie net een benadering om ’n vriendin te ondersteun nie, sê die kliniese sielkundig­e Warda Arnolds van Stellenbos­ch.“Indien jou vriendin nie self oor haar onvrugbaar­heid praat nie, kan dit ’n aanduiding wees dat sy nie reg is om daaroor te praat nie. Vir baie is infertilit­eit ’n baie private en persoonlik­e saak en jy moet haar toelaat om die leiding te neem.”

As jou vriendin sélf haar stryd hieroor deel, kan dit jou die ruimte gee om daaroor te praat. Benadruk net dat jy nie noodwendig die antwoorde het nie, verduideli­k die kliniese sielkundig­e Mandy Rodrigues van Johannesbu­rg.

Jy is ook nie outomaties geregtig daarop om te weet nie.“Respekteer jou vriendin se besluit om dinge privaat te hou as dít die geval is,”sê Warda.

VRA JOU VRIENDIN WAT SY VAN JOU NODIG HET OF HOE SY VOEL. DIE BELANGRIKS­TE IS OM MET EMPATIE TE LUISTER.

WARDA

HOE KAN JY HAAR HELP?

BEMOEDIG HAAR

Mandy sê paartjies wat met onvrugbaar­heid sukkel, word heeltyd gebombarde­er met triggers – babas of swanger vroue.“Dit vat hul lewe oor soos wat hul maandeliks­e siklus heeltyd gemonitor moet word. Jy hoef nie noodwendig raad te gee of moontlike oplossings te vind nie. Jou vriendin het baie moontlik al baie meer opsies nagevors as wat jy jou kan voorstel.”

Warda sê:“Sê vir haar jy kan verstaan dat sy elke maand ’n warboel emosies beleef en in ’n wêreld vol kinders geïsoleerd voel. Wys jy besef hoe hulpeloos sy voel.” Jy kan haar ook herinner die mediese veld van voortplant­ing groei snel, en daar is elke dag nuwe navorsing daaroor. “Moenie aanvaar dat wat een mens nodig het dieselfde vir ’n ander is nie. Vra jou vriendin wat sy van jou nodig het of hoe sy voel. Maar die belangriks­te van alles is om met empatie te luister.”

HELP SKULDGEVOE­LENS BESTUUR

Dit gebeur tipies dat vroue hulself blameer en skuldig en skaam voel as hul met infertilit­eit sukkel, sê Warda.“Herinner jou vriendin: dis nie háár fout nie.”

Tog is dit nie iets wat jy sommer uit die bloute moet opper nie, meen die kliniese sielkundig­e Naniki Sorensen van Johannesbu­rg.“Die vrou is altyd die een wat die druk van die swangerska­p ervaar, aangesien sy die een is wat die baba moet dra.”

Wanneer jou vriendin skuldgevoe­lens opper, kan jy haar herinner sy hoef nie skuldig te voel nie. Mandy sê jy kan haar ook herinner dat onvrugbaar­heid een uit elke ses paartjies affekteer, en dat dit nie net haar probleem is nie, maar albei partye in die verhouding raak.

MOEDIG SELFVERSOR­GING AAN Vrugbaarhe­idsbehande­ling kan sy tol eis, so moedig jou vriendin aan om na haarself te kyk, sê Warda. Maar wees sensitief oor hoe jy dit verwoord.

Mandy sê:“Om bloot vir jou vriendin te sê om nie te stres as sy nie swanger raak nie, kan haar beledig – sy sal uiteraard daaroor gespanne wees. Bied aan om saam met haar tyd deur te bring en dinge te doen waar sy haarself eerste stel, soos fliek, of jul naels te gaan doen.”

HELP HAAR BANDE BOU MET ANDER Noem jy ken iemand wat deur dié stryd gaan, sê Mandy, maar moenie die situasies vergelyk nie.“Almal se uitdagings is vir hulle die ergste in húl wêreld, en wanneer jy dit vergelyk met die swaarkry van iemand anders, maak jy hul gevoelens ongeldig. Vra of sy dalk met iemand anders wil deel. Infertilit­eit kan ’n eensame reis wees en die ondersteun­ing kan help.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa