Kuier

WENKEVAN DIE BEGROTINGS­KENNERS

Dié twee ma’s se begrotings­wenke het vir hulle derduisend­e followers op sosiale media besorg.

-

JY KAN LEFTOVERS TOT ’N VOLGENDE MAALTYD OMSKEP DEUR GROENTE BY TE VOEG, OF DIT MET PASTA TE BAK. GEBRUIK WAT JY HET EN WEES KREATIEF.

KATE WALTERS

Kate is oorval met versoeke vir raad toe mense hoor sy hou haar grocery begroting onder R1 000 per week vir ’n gesin van vier – haarself, haar man, Denton, en twee kinders van ses en drie jaar oud. Sy het ’n blog begin om haar spaarwenke te deel.

Hier is Kate se vyf beste wenke:

1 Maak elke week‘n maaltydpla­n en sluit soveel moontlik bestanddel­e in wat reeds in jou huis is. Kyk eers wat is in jou yskas, want dit gaan die vinnigste verval. Kyk dan in die freezer en koskas vir die res van jou bestanddel­e vir die week. Koop slegs as‘n laaste uitweg. Dit kan jou kosrekenin­g halveer.

2 Sien vleis as‘n“lekker ekstra”.

In die verlede het ons baie vleis geëet – amper met elke maaltyd. Deur die hoeveelhei­d vleis te sny en meer groente in te sluit, het ons baie geld gespaar én gesonder begin eet.

3 Maak wat oorbly môre se hoofmaalty­d, nie net iets vir die kosblik wat jy werk toe vat nie. Jy kan leftovers tot ’n volgende maaltyd omskep deur groente by te voeg, of dit met pasta te bak. Moenie oorhaastig ekstra bestanddel­e koop nie. Gebruik wat jy het en wees kreatief.

4 Eet minder uit. Dis nie altyd so maklik nie, so maak ’n plan om jouself te keer voor jy na ’n restaurant of kitskosple­k ry. Een manier is om ’n begroting te hê van hoeveel geld jy op restaurant­e of wegneemkos mag uitgee. Vir ons is dit R250, wat beteken net een keer per maand vir ons vier.

5 Daag jouself uit om vir‘n ruk niks geld uit te gee nie. Ek gaan soms weke lank waar ek probeer om geen geld uit te gee nie, en dit sluit soms in om niks ekstra groceries te koop nie. Dit help jou om ’n kop-skuif te maak.

NCUMISA NDELU

Ncumisa bedryf ’n Facebookgr­oep, 1 Family 1 Stockpile, waar sy en lede hul spaarwenke deel.

1 Moenie aan die koop gaan net omdat dit betaaldag is nie. Party mense blaas geld die dag wanneer hul salaris inkom, en dan sukkel hulle die res van die maand.

2 Weet wat dinge kos sodat jy‘n ware bargain kan raaksien as jy dit teëkom. Maak iewers ’n nota van die tipiese pryse van items sodat jy dit kan gebruik om op hoogte te bly van wat items behoort te kos.

3 Moet nooit geld uitgee net omdat winkels jou vertel dis tyd daarvoor nie. Adverteerd­ers kondig byvoorbeel­d soms aan dat dit nóú tyd is om winter- of somerklere te koop – volg eerder jou eie wysheid en koop wanneer dit nodig is.

4 Die hele gesin moet saamwerk om geld te spaar. Betrek kinders by gesprekke oor geld sodat hulle ook kan leer van spaar en budgets.

5 Lewe binne jou perke. Ideaal gesproke moet jy elke maand ’n bedraggie oorhou wat jy kan spaar.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa