Kuier

PRAAT- PARAAT

In jou verpligte taalvakke is dit ’n vereiste om ’n mondeling op te sê. Hier is ’n nuttige gids om jou te help

-

SPANNING

’n Bietjie spanning voor ’n mondeling is nie noodwendig sleg nie, want dit kan help dat jy jou beste wil gee. Dis normaal. ’n Oormatige gevoel van spanning en angs is egter nie lekker nie en kan veroorsaak dat jy hakkel, oor jou woorde struikel en soms selfs nie eens ’n woord kan uitkry nie.

VATSTRES SÓVAS

Die beste manier om ’n vrees of angs te oorkom, is dikwels om stelselmat­ig daaraan blootgeste­l te word. Dit word“sistematie­se desensitis­ering”genoem. As jy bang is vir iets, byvoorbeel­d ’n slang, moet jy stelselmat­ig daaraan gewoond raak. Maar hoe doen jy dit?

Begin eers net aan slange dink. Daarna kyk jy na slang-prente. Later kan jy selfs ’n slang vashou wat in ’n houer is. Jy raak dus stelselmat­ig gewoond aan die slang waarvoor jy bang was.

Met mondelinge kan dieselfde beginsel toegepas word. Visualisee­r hoe jy voor die klas staan. Oefen dan jou mondeling sommer voor ’n maat of iemand wat jy vertrou. Praat dan eers voor kleiner groepe, soos jou maats of jou gesin. Hoe meer jy jou mondeling gaan opsê, hoe makliker en gemakliker gaan dit vir jou word. Die goeie nuus is dat daar ’n hele paar vaardighed­e is wat jy kan aanleer vir wanneer jy jou mondeling in die klas moet lewer. Hier is ’n paar dinge wat jy kan doen.

1

VOORBEREID­ING V

’n Goeie mondeling begin m met goeie voorbereid­ing. Begin dadelik dade daarmee wanneer jy die onderwerp het. Versamel eers soveel moontlik inligting oor die onderwerp en lees daaroor voor jy besluit presies wat jy wil sê. Dink dan goed na oor alles wat jy wil sê. Deeglike navorsing oor die onderwerp is daarom baie belangrik.

As jy goeie inhoud het en die onderwerp goed ken, voel ’n mens sommer gemakliker om voor mense te praat. Sorg dat jy hierdie deel van die voorbereid­ing so gou moontlik doen om vir jouself genoeg tyd te gee vir die res.

Watter ander aspekte van jou mondeling moet jy voorberei?

Oefen!

Hoe meer jy jou toespraak opsê nadat jy dit geskryf het, hoe makliker gaan jy voor die klas kan praat. As jy die inhoud goed ken, kan jy begin aandag gee aan hoe jy jou notas hanteer, oogkontak, en stemgebrui­k.

Oefen sommer voor die spieël of laat iemand jou afneem. Dit help om te kyk na jou gesigsuitd­rukkings. Maak ook seker jou toespraak is die regte lengte.

Hoe om notas te gebruik

Oefen ook met jou notas. Jy moet gemaklik daarmee wees sodat dit jou help as jy iewers vashaak. Wees versigtig om nie te veel op jou notas staat te maak nie, want anders kan jy te veel aflees, eerder as om jou mondeling voor te dra.

Die struktuur van jou mondeling is belangrik

Jou gedagtes of standpunte moet logies vloei. ’n Basiese struktuur bestaan uit (nes ’n goeie opstel) ’n goeie inleiding, ’n “lyf”en ’n slot. In jou inleiding moet jy ’n stelling maak van wat jy gaan sê (of wat jou standpunt is). In die lyf gaan jy jou stelling of standpunt ondersteun met inligting uit betroubare bronne.

Probeer tussen drie en vyf goed-deurdagte argumente, of ondersteun­ende inligting, in te sluit. Jou slot moet dan alles mooi saamvat en die gehoor soms verder laat dink.

Span‘n paar bronne in

Wanneer jy bronne gebruik, is dit belangrik dat jy dit erken, soos byvoorbeel­d:“In Kuier se uitgawe van 15 Februarie 2024 het Shereen Meyer, ’n skooljuffr­ou, gesê ’n mens kan nie die rol van voorbereid­ing vir ’n mondeling onderskat nie.”

Bronne moet ook geloofwaar­dig wees.

2

ASEMHALING­STEGNIEKE

Goeie asemhaling­soefeninge sal ook help om jou stresvlak te verlaag. Aangesien jou hart vinniger klop as jy gespanne voel, begin jy ook om vinniger en vlakker asem te haal. Deur jou asemhaling te beheer, sal dit jou help om spanning te verlig. Hier is ’n paar asemhaling­soefeninge en tegnieke wat jou kan help.

Diep buik- en diafragma-asemhaling

Jy wil eintlik jou diafragma gebruik om te help met asemhaling. Die diafragma is ’n spier wat net onder die longe is, en dit speel ’n belangrike rol in asemhaling. Wanneer jy inasem, vergroot die longe en die diafragma trek na onder. Wanneer jy uitasem, ontspan die diafragma. Jy kan dit oefen deur op jou rug te lê. Verbeel jou dat jou maag ’n ballon is wat jy moet opblaas en dan weer stadig afblaas.

Ritmiese asemhaling

’n Voorbeeld is om vir vier tellings lug deur jou neus in te asem, dan vir vier tellings hou jy asem op, en dan blaas jy jou asem vir vier tellings deur jou mond uit.

Gefokusde asemhaling

’n Eenvoudige manier om dít te doen, is om normaalweg asem te haal, maar jy konsentree­r op ’n deel van jou liggaam, byvoorbeel­d jou longe wat vergroot as jy lug inasem. Aangesien jy gespanne is, sal jou gedagtes dwaal.

Jy moet met dié oefening heeltyd jou gedagtes terugbring na jou longe wat vergroot en verklein. Jy kan ook dink aan jou gunsteling­kleur of jou oë toemaak en jou verbeel dat jy op ’n plek is waar jy altyd y gelukkig is. Dit sal jou help ontspan.

3

REALISTIES­E R VERWAGTING­E V

W Wanneer jy voor jou klasmaats staan staan, w wil jy graag jou beste lewer. Dit is egter belangrik dat jy realisties is. Alles hoef nie perfek te wees nie. Selfs die beste spreker ervaar spanning vir ’n mondeling of toespraak voor mense. En selfs húlle maak foute.

Wees geduldig met jouself. Die beste sprekers oefen ook hard om ’n suksesvoll­e mondeling te lewer. As jy werklik baie gespanne is, praat met jou onnie (of ouers/voogde) oor hoekom jy bang is om voor die klas te praat. Probeer dink wat die ergste is wat kan gebeur, en waarom dit vir jou erg sal wees. Baiekeer help dit jou om realisties te dink oor die onnodige stres wat jy dalk op jouself sit.

Ons hoop dié wenke help jou om jou vrees vir ’n mondeling te oorkom sodat jy met selfvertro­ue en kalmte voor die klas of ander mense kan praat.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa