Kuier

MONIQUEMÁG MAAR!

Sy’s veelsydig en daag haarself graag uit, dié keer as ’n sjef in ’n splinternu­we dramareeks

- DEUR KELLY-LEE OHLSON

Sy is al ’n bekende gesig op TV en die silwerdoek, en Monique Rockman (37) slaan die asems weg as haar karakters – onder meer as die stil, sterk Pam in die riller Nommer 37, en die veldwagter Gabi in die bekroonde ekoriller Gaia.

Op TV was sy al ’n geharde speurder in die reeks Die Spreeus, en meer onlangs ’n bendebaas se vrou in Spinners. Nou is dié talentvoll­e boorling van Albertinia in die Suid-Kaap te sien as die Michelin-chef Rebecca Solomons in die splinternu­we M-Net-reeks Summertide.

Dié dramareeks draai om die lief en leed d van ’n familie en speel af teen die prentjiemo­oi ntjiemooi agtergrond­e van Kalkbaai, Valsbaai baai en Kommetjie in die Kaap.

Dit it vertel die storie van die marienebio­loog oog Martin Field (Frank Rautenbach) h) wat ná die dood van sy vrou, u, Julia (Amalia Uys), met hul twee e tienerkind­ers, Tristan (Jan Combrink) mbrink) en Lucy (Evangelina Hallock), na die idilliese Valsbaai baai verhuis.

Sy y pa, Jack (Andre Jacobs), is ’n afgetrede fgetrede vlootbevel­voerder en sy y boetie, Gavin (Ty

Keogh), gh), ’n afgetrede pro branderpla­nkryer. nderplankr­yer.

Martin se eerste liefde, e, Rebecca

(Monique), nique), is terug op die dorp ná sy in Amerika merika as sjef naamgemaak­het. mgemaakhet.

“Die Die reeks het

’n warm arm gevoel van ’n familie

TV-reeks,”sê reeks,”sê

Monique. nique.

“Dis ’n verfrissen­de de drama wat die hele familie bymekaar sal bring.”

MEER OOR REBECCA

Rebecca werk in haar ma (gespeel deur Euodia Samson) se vis-en-tjips-winkel. “Sy is eintlik ’n Michelin-sjef, en sy droom daarvan om eendag ’n groot, fancy restaurant te open. Sy keer terug uit Amerika om haar ma met die sukkelende winkel te help nadat haar pa sterf.”

Kyk ook uit vir‘n groot liefdesdri­ehoek! “Rebecca het ’n paar diep geheime wat kykers eers aan die einde van die seisoen gaan agterkom . . . Sy is vurig en het ’n bietjie van ’n humeur,”vertel Monique. “Dit was ook vir my verskrikli­k lekker om saam met Frank en Ty te skiet. Hulle albei is sulke stunning akteurs; hulle is baie profession­eel en baie ondersteun­end. Ons het lekker saamgewerk. Dit was so lekker as Frank sy kitaar saambring. Ons het sommer lekker saamgesing as hy speel.”

IN HAAR FLEUR

Monique het voorheen met Kuier- lesers gedeel dat sy aan ’n eetversteu­ring gely het, asook depressie en angs. Sy is nou op ’n goeie plek in haar lewe. “Ek is nou presies waar ek moet wees. Dit was vir my ’n moeilike tyd toe ons begin skiet het aan Summertide, want ons moes deal met die verlies van my pa.

“Maar die verfilming het ook gehelp om my kop oop te hou, en dat ek op my eie voete staan,”sê Monique, die oudste van haar ouers se drie kinders.

Kort nadat hulle in Desember klaargeski­et het, het sy afgesit Thailand toe om ’n advertensi­e te skiet.“Dit was baie onverwags, want ek gaan nooit na castings vir advertensi­es nie. My agent het my uit die bloute laat weet die Amerikaans­e regisseur hou baie van my werk. Ek moes toe ’n tape stuur en sonder enige verwagting hoor ek toe dat ek Phuket toe gaan.”

Benewens Monique seTV-werk doen sy ook stemwerk vir die oorgeklank­te Turkse telenovela­s Doodsondes en Elif. En ons het‘n voëltjie hoor fluit dat daar reeds geskiet word aan Summertide se tweede seisoen . . .

Monique, wat met die akteur Keenan Herman (36) getroud is, sê sy wil in 2024 streef“na persoonlik­e aanvaardin­g en vrede”. En profession­eel?“Wat my loopbaan betref, wil ek net my beste lewer en elke geleenthei­d aangryp.”

• Summertide is Sondae om 18:00 op M-Net.

 ?? ?? HOOFFOTO:FOTO: Die aktrisee Monique Rockmanman wil vanjaar “goedd en sag wees” teenooroor haarself.
BO: Die Summertide- cast: André Jacobs,Terry Norton, Jan Combrink, Frank Rautenbach,Tyrone Keogh, Monique, en Evangelina Hallock (voor). Monique (inlas) is tans op‘n goeie plek in haar lewe.
HOOFFOTO:FOTO: Die aktrisee Monique Rockmanman wil vanjaar “goedd en sag wees” teenooroor haarself. BO: Die Summertide- cast: André Jacobs,Terry Norton, Jan Combrink, Frank Rautenbach,Tyrone Keogh, Monique, en Evangelina Hallock (voor). Monique (inlas) is tans op‘n goeie plek in haar lewe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa