Kuier

’N VALENTYNSV­ERRASSING

Sy beskou Valentynsd­ag as ’n soetsappig­e mors van tyd, totdat ’n hunk haar voete onder haar uitslaan . . .

- Deur MALENE BREYTENBAC­H

Lee-Anne kyk na die verjaardag­kaartjies wat op die rakke van die boekwinkel uitgestal is. Die kaartjies is so duur, elkeen kan omtrent ’n geskenk op sy eie wees. ’n Man kom staan langs haar en tuur na die kaartjies. Uit die hoek van haar oog sien sy dat hy darem sowaar swiets vir die oog is. Juis daarom maak sy asof sy hom nie raaksien nie.

Hy kyk na Valentynsd­agkaartjie­s! Sommige is so over the top; so . . . soetsappig. Hy soek waarskynli­k iets vir ’n vrou wat hy liefhet, begeer of wil wen.

“Eisj, dié goed kan darem corny wees,” spot hy, en grinnik vir haar.

Sjoe, sulke mooi oë en ’n ry perfekte tande in ’n sterk gesig. Dis ’n sonde om so mooi te wees. Dit toor gans te veel met vroumense. Dié een is seker gesog, dink sy. ’n Hunk, eintlik. Sy kyk egter dieper as bloot die uiterlike.

Moet sy flou glimlag en vir hom die koue skouer gee? Of sal sy reageer en sy opmerking as ’n pick-up line beskou? Daar is tog nie tans ’n man in haar lewe nie. Sy gaan beslis nie ’n Valentynsd­agkaartjie kry nie.

“Wel, dit hang af hoe verlief jy is,”sê sy toe, parmantig.“Hoe meer verlief, hoe soetsappig­er kan jy maar raak.”Sy lag, sê dan:“Ek het een keer ’n kaartjie gekry met dié woorde:‘Roses are red, violets are blue, sugar is sweet and so are you.’”

Die mooi man lag. Dan sê hy:“Ek weet van variasies op daardie tema.‘Roses are red, violets are blue, I got so lucky, to find you’.”

Sy skaterlag.“Wat van:‘Roses are red, violets are blue, can’t believe I found someone as weird as you’?”

“Wat van:‘Roses are red, violets are blue, like I’d be without you’?”Hy is oulik en sy geniet hom.

“Wat van:‘Roses are red, violets are blue, blood’s thicker than water, so I got you’?”kap sy terug.

Sy beurt:“‘Roses are red, violets are blue, I’ll send you some chocolate, my

Maar vervlaks, man! Dis jóú kaartjie en jóú girlfriend. Dink self aan iets!

love is true’.”

Sy buk eintlik, so lekker lag sy.“‘Roses are red, violets are blue, flowers can wilt, sugar can melt, empty head!”sê sy.

“Ek skat ek en jy is nogal op dieselfde golflengte,”sê hy.

Lee-Anne dink skielik aan die kaartjie wat sy in haar eerste jaar op universite­it aan ’n senior student oor wie sy mal was, gestuur het. Net daarna was sy bitter spyt, en sy het nooit weer vir iemand ’n kaartjie gestuur nie, want hy het nie eens gereageer nie.

Sy het hom daarna gesien en hy het geen teken getoon dat hy ooit so iets van haar ontvang het nie, en sy was te skaam om te vra. (Eintlik het sy 10 dode van verleenthe­id gesterf!) In haar verbeeldin­g het sy gesien hoe lag en spot hy en sy vriende oor dié kaartjie. En, ja, dit wás soetsappig.

Sy beduie na die kaartjies waarin daar geen boodskap is nie.“Vat een van daai en maak jou eie boodskap of rympie, in jou eie handskrif. Dit sal beter werk, reken ek.”

Hy haal drie uit. Een met rose, een met ’n rooi hart en een met ’n katjie en hartjies.“Watter een sou jy kies?”

Sy sit haar voorvinger op die een met rooi rose.“Dis min of meer neutraal. Almal hou mos van blomme.”

“Wat sal jy daarin skryf?”Hy haal ’n pen uit sy sak.

“Betaal eers, dan skryf jy,”sê sy geskok. Hy grinnik.“Oukei, wag hier, asseblief. Moenie vlug nie.”

“Ek wag.”

Sy kyk hoe hy betaal en glimlaggen­d naderkom. Hy sit die kaartjie oop op ’n toonbank neer.“Oukei. Enige idees?” “Is dit vir jou troumeisie?”

Hy kyk verbaas na haar.“Trou? Jeez, ek het nog nie so ver gedink nie.”Hy krap sy kop.“Kom ons sê maar ja.”

Sy dink ’n oomblik. Dan dikteer sy:

“‘Op hierdie spesiale Valentynsd­ag wil ek net vir jou sê hoe baie ek omgee en hoe dankbaar ek is vir die liefde wat jy my gee. Jy is die lig in my lewe en maak elke dag helderder.’”

Hy lag.“Hel, dis corny. Dink asseblief aan iets anders?”

Sy vervies haar so half.“Nou maar goed. Wat van:‘Mag ons liefde groei. Ek waardeer elke glimlag, elke oomblik van vreugde, en selfs die uitdagings wat ons saam oorkom.’”

Hy skud sy kop.“Nee. Probeer weer, asseblief.”

Sy staan hom kwaai en aankyk met een vuis op ’n heup.“Maar vervlaks, man! Dis jóú kaartjie en jóú girlfriend. Dink self aan iets!”

Hy sug teatraal.“‘Liefde en omhelsing op hierdie Valentynsd­ag, en vir altyd.’”

Sy frons.“Wel, dit kan gaan. Dis nie té corny nie.”

“‘Die dag toe ek jou ontmoet, het daar vir my ’n nuwe wêreld oopgegaan.’”

Sy haal haar hand van haar heup af en die frons van haar gesig af.“Jy is heeltemal in staat om self, op jou eie, ’n nice boodskap uit te dink. Anyway, ek moet gaan. Geniet jou Valentynsd­ag.”

Sy loop en agter haar roep hy:“Jy ook, mooi meisie.”

Sy meisie is gelukkig dat so ’n hunk van‘n man verlief is op haar. Lee-Anne voel skielik die gemis. Wanneer vind sy weer iemand wat haar krane oopdraai en haar ligte aanskakel? Sy het nog nie ’n verjaardag­kaartjie vir Sue-Ellen gekry nie, besef sy skielik. Die mooi man het haar aandag afgelei.

Sy gaan soek een en betaal, loop dan stadig deur die winkelsent­rum en kyk na goed in die vensters.

By ’n opelugrest­aurant vang iets haar oog. Daar sit die mooi man by ’n baie mooi meisie met nagswart hare. Tussen hulle lê ’n rooi roos.

Hulle staar nie liefderik in mekaar se oë nie. Inteendeel, hulle frons vir mekaar. Gluur eintlik mekaar aan.

Oeps, dié Valentynsd­ag draai nie heeltemal uit soos dit moet nie, dink sy. Maar aan die ander kant, dalk was hy of sy laat vir die afspraak.

Hulle stry nou, maar hulle sal opmaak en dan dubbeld lovey dovey wees.

Lee-Anne kan nie help as om te wens daardie man was hare nie.

Sy dwaal voort, gaan koop ’n paar goed by Woolies se supermark.

Toe sy uitkom, staar sy verstom. Die mooi man staan daar, met ’n bos rooi rose en ’n kaartjie in sy hande. Waar is die mooi meisie? Het hulle nie saamgeeët of minstens iets gedrink nie?

Hy kom nader.“Dáár is jy. Ek was bang ek verloor jou.”

Sy steek in haar spore vas en haar hart gaan so woes aan die bons, sy dink dit gaan by haar keel uitspring.“Wat? Het ek jou nie 10 minute gelede by jou meisie gesien nie?”

Hy glimlag verleë.“My eksmeisie.” Sy gaap hom verdwaas aan.“Het julle dan uitgemaak?”

“Ek moes haar vertel dat dit verby is tussen ons. Dit kom al ’n pad. Net jammer ek moes dit op Valentynsd­ag doen.”

“Maar . . . jy het dan vir haar ’n kaartjie gekry en ’n liefdesboo­dskap daarin geskryf.”

“Die kaartjie was nie vir haar nie, maar vir die meisie wat ek in die winkel dopgehou het, wat my voete onder my uitgeslaan het.”

Hy gee vir Lee-Anne die bos rose en die kaartjie.

Sy onthou wat hy daarin sou skryf: “‘Die dag toe ek jou ontmoet, het daar vir my ’n nuwe wêreld oopgegaan.’”

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa