Kuier

WAT DIE HART VAN VOL IS

Die mag om vooroordel­e nek-om te draai, lê in ons eie hande

- DEUR YUWINN KRAUKAMP

Ons kan nie verander hoe die wêreld ons sien nie, maar ons kán verander hoe ons die mense daarin sien.

Die mees frustreren­de deel van idiome is dat hulle gewoonlik waar is. Dink net daaraan. Die“appels”in ons families val werklik nie ver van die“boom”af nie. Tyd genees inderdaad alle wonde, en boeke word gewoonlik beoordeel aan die omslag.

Daardie laaste een is veral van toepassing, want of ons daarvan hou of nie, lewe ons in ’n wêreld waar ons oordeel en beoordeel word volgens ons voorkoms, klere, hare, aksent, selfs profile pic. En onlangs het ek ontdek ek’s netso skuldig aan onregverdi­ge vooroordee­l soos die res.

’n Leeftyd gelede was ek ’n letterkund­een taalkunde-student, en my eerste opdrag in my eerste jaar was om ’n opstel oor Jeremy Cronin se liefdesged­ig te skryf. Skryfwerk was nog altyd die slagveld waar ek kon skitter. En ek het. Deur ure se navorsing en herskrywin­gs het ek myself uitgemerge­l om ’n magtige, metafories­ryke opstel te skryf wat gewaarborg was om ’n indruk te maak. Die goeie nuus is dat dit gewerk het. Die slegte nuus is dat dit ’n bietjie té goed gewerk het.

Die dag toe ons ons punte ontvang, het my lektor my ingeroep en gevra om te verduideli­k en te bewys dat ek – die ou agter in sy klas – dié opstel geskryf het. Ek moes vir hom my drafts en ander skryfwerk wys om waarlik die harde werk en talent wat in daardie opstel gegaan het, te regverdig. En dít was my eerste, bitter smaak van institusio­nele diskrimina­sie.

Dis onvermydel­ik dat elke persoon van kleur dié treurige ontdekking gaan maak: Daar is maar net mense in hierdie wêreld wat deur daardie veroordele­nde lense na jou gaan kyk. En daardie donker ontdekking gaan op sy beurt weer jóú wêreldbesk­ouing verdonker – soms vir ewig.

Ons het dit al almal een of ander tyd ervaar: Daardie derm-diep ongemaklik­e gevoel wat jy kry as jy by ’n winkel instap en voel hoe die werknemers se oë jou in elke gang volg en ’n gat in jou rug brand. Hulle, en baie ander in hul skoene, kyk na jou asof jy ’n skelm is. Soms só intens dat jy amper geen ander keuse het as om soos ’n skuldige misdadiger te voel nie.

Dis ’n ras-kruis wat baie van ons moet dra, en onlangs het ek besef net hoe vatbaar ook ék vir daardie giftige siklus van stereotipe­s en vooroordel­e is.

’n Jong bruin man het my buite ’n supermark genader en my vir die tyd gevra. Ek het my foon uitgehaal en hom geantwoord, maar ek het eers gehuiwer. In daai oomblik het ek en hy albei die onuitgespr­oke gewig van my rasende huiwering gesien en gevoel. Sy versoek het my laat dink aan die oudste skollieteg­niek in die boek:‘Wiet djy‘an nie hoe laat‘it is ’ie?

Ek moes met die nodige versigtigh­eid in Bellville se strate loop, dus het ek toe na hom gekyk op dieselfde vernederen­de manier waarop baie al na my gekyk het: soos ’n skelm. Ek het sy bedoelings, voorkoms en velkleur beoordeel.

En in daai oomblik van ontwaking het ek besef: Ek’s nie meer die slagoffer van die giftige sienings nie, maar die oortreder! Die skynheilig­e hipokriet in die verhaal wat dieselfde onregverdi­ge vooroordel­e en vermoedens op die man afgedwing het waarvan ek my hele lewe lank probeer wegbreek. My persoonlik­e ervarings, opvoeding en rasionalit­eit het my nie immuun gemaak teen daardie skadelike vooroordel­e nie.

Voor my introspekt­iewe oomblik het ek altyd aangeneem diskrimine­rende gedrag het net twee kante: die bruin of swart slagoffers, en die wit oortreders.

Maar diskrimina­sie is nie net ’n eksterne konsep nie. Dis ook een wat ons internalis­eer en onbewustel­ik voortsit. Ons besluit wanneer iemand se aksent“te wit” is, hul kleredrag“te‘kallit’”, hulle“te local”, “te Engels”, te wat ook al is. Ons hou die giftige kringloop lewendig.

In ons wêreld bepaal ons velkleur nog baiekeer hoe ons behandel word en die geleenthed­e wat ons gegun word, en dié tydlose probleem kan nie in ’n dag, of selfs ’n generasie, opgelos word nie.

Ons kan nie verander hoe die wêreld ons sien nie, maar ons kán verander hoe ons die mense daarin sien. Dít kan slegs gebeur as ons óns deelname in skadelike vooroordel­e erken, die gevolge van ons sienings en aksies bevraagtek­en, en probeer om volgende keer beter te doen.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa