Kuier

BOODSKAPPE

-

“My kopskuif na selfliefde,” 15 Feb. Mooi so, juffrou Fillincia Namba! Die lewe is 'n lied. Soms is daar valse en soms pragtige note, en soms net één noot. Maar dit bly 'n lied. Geniet jouself en die lewe voluit. RACHEL GERTZE

Vir my is jy mooi en vir Jesus nóg mooier. Juffrou, jy's awesome! Daai breë glimlag van jou maak my bly. Moenie gaan lê nie. Bewys jouself – jy's 'n engel.

MEVROU SWARTS

Wat 'n pragtige dame en goeie rolmodel vir enige jongmeisie daarbuite wat dieselfde deurmaak. CINDY MEYER

“Herrysuitm­yverkrag-enMIV-hel,” 1Feb.

Ai, die lewe kan so wreed wees en watter hartseer storie het jy nie, Dorian Basson. Maar God het jou weer opgelig en vreugde in jou hart gegee om elke dag voluit te leef. Wat 'n inspirasie! Sterkte.

ANTHEA KRUGER

Dorian, partykeer gaan 'n mens deur diep waters dan verstaan jy nie hoekom nie, maar op die ou end was dit om‘n getuie te wees en ander te motiveer wat deur dieselfde stryd gaan.

NADIA SMIT

“Onvrugbaar­heid: Wees daar vir jou vriendin,” 15 Feb.

Dis belangrik dat ons hierdie pad saam met ons vriende en familie loop. Dis 'n pyn wat ek my grootste vyand nie toewens nie. Ek dank die Here vir my wonderwerk. Hy blý die wonderwerk­ende God wat die laaste sê het, soos in my geval, en vir ander wat ook dié paadjie geloop het. DEBORAH DAVIDSE

“As die rande knyp,”15 Feb.

Dis regtig verskrikli­k hoe kospryse styg. Ek probeer om so ekonomies as moontlik met my geldjies te werk, maar dis nie altyd moontlik nie. Soms moet jy maar sonder sommige goed klaarkom, en soms gooi onvoorsien­e noodgevall­e jou begroting heeltemal uit. 'n Mens moet maar uithou, aanhou en hoop en bid dinge verbeter. MARION KRUGER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa