Kuier

GEANKER IN DIE OSEAAN

Sy droomwerk het nie maklik oor sy pad gekom nie, maar hy het gewoeker tot hy sy eie én ander se lewe kon verander

- DEUR JOSHWIN SAMPSON

Sy liefde vir die natuur is so wyd soos die oseaan. So toe die groot oopsee roep, het hy uit ’n permanente werk gestap om sy droom as vryduiker te volg met net hoop en wilskrag aan sy kant. Vandag het Mogamat Shamier Magmoet (40) van Heideveld op die Kaapse Vlakte sommer ’n hele paar titels agter sy naam. Hy is ’n vryduiker, regisseur, natuurbewa­arder én bekroonde filmvervaa­rdiger. Hy het dit sy lewensdoel gemaak om deur sy Sea The Bigger Pictureini­siatief jongmense ’n kans te gee om die wonders van die see te verken en ook beskermers daarvan te word.

Laas jaar het dié lewenstaak hom een van National Geographic se gesogte Wayfinder-toekenning­s in die sak gebring. En saam met dié prys, ’n grant om sy werk voort te sit en uit te brei.

“Shamier Magmoet het as‘n bruin baanbreker-onderwater­filmmaker van Kaapstad die weg gebaan om die oseaan meer toeganklik te maak vir mense uit histories benadeelde gemeenskap­pe en hy bou bande tussen die jeug en mentors om hul werk te leer en te deel,” skryf National Geographic oor Shamier op hul webwerf. “Wayfinder-wenners word gekies gebaseer op hul prestasies in wetenskap, opvoeding, omgewingsb­ewaring, tegnologie en storievert­elling.

”Die National Geographic Society glo dié individue het deur hul werk gewys hulle is die volgende generasie van invloedryk­e leiers,”skryf hulle oor dié gesogte prys. Shamier was een van net 15 Wayfinder-wenners wêreldwyd.

Maar dit was nie smooth sailing tot hier nie, en dit het waagmoed, deurdruk en ’n reddingsbo­ei – net toe hy wou opgee – gekos om hom te kry waar hy vandag is.

DUIK DIE ONBEKENDE IN

Shamier is die jongste van drie kinders. Sy grootwordj­are word gekenmerk deur sy hegte band met sy familie, vertel hy.

“Dit was moeilik om op die Kaapse Vlakte groot te word, want daar is baie invloede wat ’n mens gou die pad byster kan laat raak. Maar omdat my ouers vir my en my siblings van jongs af soos ’n kompas die regte pad gewys het, het ons hard daaraan gewerk om vir ons doele te stel en ons drome te bewaarheid. Ons geloof het ook ’n groot rol gespeel in die mense wat ons vandag is,”sê hy.

Sy pa, Omar (76), het hom op vierjarige ouderdom leer swem, vertel Shamier.“Ek het nog altyd baie van swembadden­s en die see gehou. My pa het ook op die ’n gesogte navorsings­kip SA Agulhas gewerk, en hy was verantwoor­delik vir die instandhou­ding van die skip. En hy’t

ongeloofli­ke avonture op dié skip gehad, want hy was al na plekke soos Marioneila­nd en Antarktika, en hy’t my altyd van sy tye op die skip vertel.”

Shamier het in 2014 ná agt jaar by ’n siviele ingenieurs­maatskappy as installeer­der van stainless steel en aluminium cladding besef hy het nog nie regtig sy lewe ten volle geniet, en gedoen waarvoor hy lief is nie.“Ek het sewe dae ’n week gewerk en dit het gevoel asof my bestaan in roetine vasgevang was. Dis toe ek besluit het om my werk te los, op soek na iets meer vervullend.”

Dié besluit was vir sy algehele welstand, maar dit het nie sonder uitdagings gekom nie. Hy was drie jaar lank werkloos en moes ander planne oorweeg (wat steeds nie sy eintlike droom was nie) net om kos op die tafel te kon sit.

“Maar ek kon nie bly lê nie; ek moes iets konstrukti­ef met my tyd doen. Dís toe ek besluit het om vir my ’n 1997 Volkswagen-minibus te koop en ’n vervoerbes­igheid te begin, waarmee ek my susterskin­ders en hul vriende skool toe vervoer het. Maar tussendeur het ek ook ywerig en intens navorsing gedoen oor duikkursus­se in die Kaap. Dié kursusse was egter peperduur en het ongelukkig nie my sak gepas nie.”

Dit het egter nie sy droom kortgeknip nie, maar hom eerder verder aangespoor om sy droom te bewaarheid.

Shamier het duiksentru­ms gekontak en aangebied om as vrywillige­r te werk. Eers kon niemand help nie. Maar net toe hy wou tou opgooi, word daar ’n anker vir hom uitgegooi wat hom weer ’n greintjie hoop gegee het.

’n Vryduikond­erneming, Cape Town Freediving, het Shamier die opsie gegee om ’n groep bymekaar te maak vir‘n duikkursus, in ruil vir afslag vir hom op die kursus. Shamier het aan die werk gespring en kort daarna het hulle die kursus gratis vir hom aangebied.

AANHOUER WEN

Juneid Petersen, ’n gesertifis­eerde vryduiker by Cape Town Freediving, het Shamier eendag op sosiale media gekontak om aan ’n duiksessie deel te neem.

Shamier was oorstelp en het die geleenthei­d aangegryp.“Daai dag toe ek my eerste ervaring op see gehad het, het ek ’n Godsopenba­ring gekry om kinders, veral die kinders in die gemeenskap waarin ek grootgewor­d het, aan die prag van die oseaan bloot te stel. Ek wou hulle die geleenthed­e gee wat ek nooit as kind gehad het nie.”

Kort daarna het Shamier begin om kinders, sy susterskin­ders ingesluit, see toe te vat en hulle te leer snorkel.“Dit was soveel pret. Ek het uiteindeli­k gevoel ek’s besig om my droom uit te leef en my lewe het soveel meer sin gemaak.”

Maar sy droom het nie daar gestop nie. In 2018 het hy en sy pel Chris Krauss die Sea The Bigger Picture-inisiatief begin.

Shamier het ook ’n lid van die Nature Environmen­t and Wildlife Filmmakers geword.“Nadat ek deel geword het van dié fellowship het hulle vir my ’n toelaag gegee om in 2020 my eie film te maak.”

En só is sy film, Rise From the Cape Flats, gebore.“Dis gebaseer op ’n man wat op die Kaapse Vlakte grootgewor­d het, en ná ’n lewensvera­nderende ervaring met die see besluit om die jeug van daar te bemagtig en ’n veranderin­g in sy gemeenskap teweeg te bring deur hulle bloot te stel aan die see,”vertel hy.

Die film het talle pryse ingeryg, onder meer die My Hero Sylvia Earle Ocean Conservati­on-toekenning. En toe vang sy pogings om die oseaan te beskerm ook National Geographic se oog, en vandaar was dit die Wayfinder-toekenning, en kort hierna het hy ’n National Geographic Explorer geword.

Die oseaan is in gevaar, sê hy, en hy weet dit goed, juis omdat hy so baie tyd daarin spandeer. Hy vertel die suurstof wat ons met elke asemteug inneem, kom direk uit die see, en daarom kan hy nie genoeg beklemtoon hoe belangrik die oseaan vir die voortbesta­an van die mens is nie.

Tóg bly dit steeds moeilik om fondse te kry om hul projek aan die gang te hou, veral omdat hulle so hewig op donasies staatmaak, sê hy. En omdat baie skole nie juis marinebewa­ring indiepte bestudeer nie, is dit belangrik om vroeg vir kinders te leer oor die belangrikh­eid van die oseaan sodat almal hul deel kan doen.

’N BAANBREKER-DUIKER

Shamier werk tans aan twee ander films waaroor hy nie veel mag verklap nie, maar dit draai om sy reis as die eerste onderwater-filmvervaa­rdiger van kleur in Suid-Afrika.

“Hierdie baanbreker­swerk kom met groot verantwoor­delikheid. Ek leer altyd en breek altyd brood oor dié tipe werk met ander mense, want ek glo daaraan dat ons vir mekaar deure moet oopmaak. Daarom wil ek juis vir die jeug wys hierdie spasie behoort nie aan ’n spesifieke persoon nie; dit behoort aan enige persoon wat daarvan wíl deel wees. Ek wil hê hulle moet weet die wêreld is groot en wyd en die geleenthed­e daarbuite is eindeloos.”

Sy pa is sy held, vertel Shamier. Sy ma, Gawa, is 19 jaar gelede op 49 ná ’n siekbed oorlede. En sy susters, swaer en nieces is“baie trots op alles wat ek doen. Hulle woon almal my events by en help ook uit daar.”

Shamier se kortfilm, Rise From the Cape Flats, kan op sy YouTube-kanaal, Shamier Ocean, gekyk word. Hy deel daar ook ander kortfilms wat oor marinebewa­ring gaan. Ten slotte laat hoor hy dan:“Ons het baie stories om te vertel en dis belangrik dat ons ons eie stories vertel.”

Ek het uiteindeli­k gevoel ek’s besig om my droom uit te leef en my lewe het soveel meer sin gemaak ...

SHAMIER

 ?? ?? HOOFFOTO: Shamier Magmoet is‘n baanbreker in onderwater­filmvervaa­rdiging, en is al deur National Geographic bekroon vir sy werk.
HOOFFOTO: Shamier Magmoet is‘n baanbreker in onderwater­filmvervaa­rdiging, en is al deur National Geographic bekroon vir sy werk.
 ?? ?? Shamier werk hard om die seelewe te beskerm.
Shamier werk hard om die seelewe te beskerm.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa