Kuier

MELKTERT MILLE FEUILLE

-

Genoeg vir 4-6 mense BESTANDDEL­E

Custard-mengsel

1 koppie melk

¼ koppie custard-poeier ¼ koppie suiker

’n knippie sout

1 eetlepel vanilla essence

Filostapel

¼ koppie ligbruinsu­iker 1 teelepel fyn kaneel ¼ teelepel gemengde speserye

250 g filodeeg

100 g botter, gesmelt

Afronding

1 koppie room, styfgeklit­s fyngeraspe­rde skil van 1 lemoen

METODE

Voorverhit die oond tot 200°C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei. Hou ’n spuitsak byderhand. Custard-mengsel

Verhit ¾ koppie van die melk in ’n klein kastrol tot net onder kookpunt.

Meng die custardpoe­ier, suiker, sout en vanilla essence by die res van die melk in en voeg by die verhitte melk. Roer aanhoudend oor lae hitte tot die mengsel begin verdik. Laat die mengsel ’n paar minute lank prut, of tot die custard gaar is.

Haal van die hitte af en laat heeltemal afkoel. Filostapel

Meng die suiker, kaneel en gemengde speserye goed.

Verf ’n vel filodeeg liggies met die botter en plak nog ’n vel deeg bo-op. Verf weer met die botter en sprinkel van die speserysui­ker oor. Vou die deeg in die lengte in die helfte en verf die bokant weer met botter. Sny die deegstapel in 4-6 stafies.

Herhaal met die res van die deeg en speserysui­ker. Pak die deegstafie­s op die bereide bakplaat en bak vir 10-15 minute, of tot goudbruin en bros. Hou eenkant om af te koel.

Afronding

Klits die helfte van die room by die afgekoelde custard-mengsel in. Vou die res van die room liggies by die mengsel in en skep in die spuitsak.

Spuit van die custardvul­sel op ’n deegstafie, sit nog ’n stafie bo-op en spuit nog custard op. Sprinkel van die lemoenskil oor. Herhaal met die res van die deegstafie­s en vulsel en sit dadelik voor.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa