Kuier

GRYSER, MOOIER

- dEUR NTHABISENG MAKHOKHA

Jy’s grys. Hoe maak jy vrede daarmee? Ons wys hoe jy jou grys hare jou crowning glory kan maak

Dit word nie altyd verwelkom deur almal wat dit natuurlik kry nie, maar grys hare is ook vir sommige ’n teken van wysheid en ’n lang lewe. Selfs jonger mense kleur deesdae hul hare grys!

STILERING STILEER DIT SÓ

• Sagte krulle werk goed vir grys hare. Jy kan groot rollers gebruik of jou hare met ’n borsel droogblaas om golwe te skep.

• Glad- of speels-opgekamde hare is ’n wenner.Versier jou hare met wit of silwer bykomstigh­ede om die grys te komplement­eer.

• Oorweeg ’n keratien-treatment vir meer beheerbare hare met min frizz. Dit maak ook jou hare maklik om te style, want die hare is steiler, wat beteken jy kan jou stileertyd halveer.

• ’n Kort elfiesnit is eenvoudig en sjiek.

HARE

Grys hare kan tussen 34 en 44 jaar begin kop uitsteek. Soos jy ouer word, val jou hare uit, en wanneer dit weer uitgroei, is dit grys, want jou liggaam het opgehou melanien vervaardig. As jy in jou vroeë 20’s grys word, is dit geneties.

VERSORG DIT SÓ

Grys hare is geneig om ’n bietjie droër te voel as hare met pigment. Dís omdat die talgklier wat aan die wortel van die haar vas is, nie meer genoeg sebum vervaardig nie.

Die haarskag is ook dunner, so die haar is kwesbaar vir die weer, chemikalie­ë en heat styling. As die haarskag verswak is, verloor die haar ook vog en is dit geneig tot droogheid. Die haar kan ook fyner voel, daarom is

ekstra voeding noodsaakli­k.

VERRUIL JOU PRODUKTE VIR DIÉ

• Deep moisturisi­ng sjampoe en conditione­r sal sorg dat jou hare gehidreer bly. (Omdat grys hare dikwels vuilheid gouer wys, sal gereelde was nie die vogvlakke uitput nie.)

• Silikoonse­rum maak die hare glad en hou die vog binne.

• Voedende kopvelmask­er hou die hare bevog en sag.

• Minder hitte aan jou hare voorkom dat dit uitdroog.

• Argan-olie en hot oil treatments herstel beskadigde en droë hare, en voed die hare diep. Argan-olie het vele voordele. Dis ryk aan antioksida­nte, wat hare teen omgewingst­res en heat styling beskerm. Dis ook bevogtigen­d.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa