Kuier

TOETS OOK HIERVOOR

-

BLOEDDRUK EN CHOLESTERO­L

Hoë bloeddruk en hoë cholestero­l word as die“stille moordenaar­s” beskryf, omdat ’n mens dikwels nie die simptome sien nie.

Die eerste simptoom kan trouens ’n hartaanval of beroerte wees. Daarom sal jou huisdokter tydens jou jaarlikse ondersoek jou bloeddruk meet en jou cholestero­l toets, al is jy op die oog af gesond en fiks en sonder enige risikofakt­ore.

BEENDIGTHE­ID

Menopousal­e vroue moet vir beendigthe­idstoetse gaan, sê die rumatoloog dr. Cathy Spargo.“Opvolgskan­dering sal afhang van die uitslae en bykomende risikofakt­ore.”

Risikofakt­ore sluit die langdurige gebruik van steroïede, lae liggaamsge­wig en eetversteu­rings, alkoholism­e, ’n familieges­kiedenis, en inflammato­riese dermsiekte­s in. ’n Beendigthe­idtoets word met ’n X-straal gedoen.

SIG EN GEHOOR

Verswakte visie en oogsiektes soos gloukoom en katarakte slaan met die jare ál meer toe. Daarom moet jy gereeld jou oë laat toets.

Die oogkundige Carin Muller beveel ’n jaarlikse oogonderso­ek vanaf sewejarige ouderdom aan. Dit help ook om verwante oogsiektes en probleme aan te dui.“Baie oogsiektes, ook dié wat blindheid kan veroorsaak, het nié vroeë simptome nie.”

Simptome soos dubbelvisi­e, vae beelde, kopseer en swak sig in die nag moet jou aanmoedig om ’n oogtoets te laat doen. Flitse en goed wat in jou sigveld dryf, kan ’n aanduiding van ’n mediese noodgeval wees, soos jou retina wat skeur, of los is.

Ongeveer 14% van mense tussen 45 en 64 jaar ervaar ’n vorm van gehoorverl­ies, maar dít styg tot 30% by mense van 65 jaar en ouer. Kenners beveel aan dat volwassene­s elke 10 jaar vir gehoor toetse gaan tot hul 50 jaar oud is, en elke drie jaar daarna.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa