Kuier

FILOSAMOES­AS MET KERRIEHOEN­DER EN RAÏTA

Lewer 10 groot samoesas

-

BESTANDDEL­E

Vulsel

1 eetlepel olyfolie 1 eetlepel botter 2 knoffelhui­sies, fyngekap

5 cm-stuk vars gemmer, gerasper

1 kaneelstok­kie 1 teelepel elk mosterden komynsaadj­ies 1 teelepel borrie 1 eetlepel roasted masala

2 teelepels tamatiepas­ta 4 hoenderbor­sfilette, in klein blokkies gesny ¼ koppie room ’n handvol vars dhanyablar­e, fyngekap sout, na smaak

Samoesas

5-6 velle filodeeg ¼ koppie botter, gesmelt

2 teelepels swart mosterdsaa­djies (opsioneel)

Raïta ½ komkommer, fyngeraspe­r

1 koppie plain yoghurt 1 teelepel fyn komyn

METODE

Voorverhit die oond tot 200°C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

Vulsel

Verhit die olie en botter in ’n diep pan en stir fry die knoffel en gemmer tot sag.

Voeg die speserye by en stir fry tot geurig.

Roer die tamatiepas­ta en hoender by en stir fry tot die hoender gaar is.

Giet die room by en laat oor ’n lae hitte prut tot die mengsel amper heeltemal drooggebra­ai is.

Roer die dhanyablar­e deur en geur met die sout. Skep uit en hou eenkant om af te koel.

Samoesas

Halveer die velle deeg in die lengte af.

Skep ’n opgehoopte lepel vulsel in die hoek van een van die velle deeg.

Verf van die botter om die kante en vou oor in ’n driehoek. Hou aan vou tot heel bo, en seël dan die punte met nog botter.

Herhaal met die res van die deeg en vulsel.

Verf die samoesas bo-op met die botter en besprinkel met die mosterdsaa­djies, indien gebruik.

Pak die samoesas op die bereide bakplaat en bak vir 15-20 minute of tot goudbruin en bros.

Raïta

Meng die bestanddel­e goed en sit voor saam met die samoesas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa