Kuier

HOENDERMAS­ALA

Genoeg vir 4 mense

-

BESTANDDEL­E

4 hoenderbor­sies, in groot stukke gesny sout en peper sap van 1 suurlemoen

1 ui, in kwarte gesny 3 knoffelhui­sies, gekneus 5 cm-stuk vars gemmer, geskil en in stukke gesny

20 g pietersiel­ie en 40 g dhanya-blare, gekap 1½ koppies double cream yoghurt

4 kebabstokk­ies

Masala

75 g ghee (verhelderd­e botter) of botter

1 ui, dun gesny

1 knoffelhui­sie, dun gesny 1½ teelepels chilli-poeier 1 teelepel fyn kaneel saadjies van 10 kardemompe­ule

1 teelepel fyn koljander 2 teelepels anyssaad

¼ koppie double cream yoghurt

½ koppie water

Vir voorsit dhanya-blare vir afronding naanbrood dhanya-sambal (sien resep langsaan) en lemmetjies

METODE

Sit die hoender in ’n niemetaalb­ak, geur met die sout en peper en giet die suurlemoen­sap oor.

Plaas die ui, knoffel en gemmer in ’n food processor en verwerk tot fyngekap.

Voeg die kruie, yoghurt en suurlemoen­sap wat oor die hoender gegiet is, by. Verpulp en giet oor die hoender. Marinate vir minstens 1 uur, maar verkieslik oornag.

Ryg die hoender aan die kebabstokk­ies en oven roast (of braai oor die kole) tot bruin buiteom. Behou die marinade. Masala

Smelt die ghee of botter in ’n pan, voeg die ui en knoffel by en braai tot sag. Sprinkel die chilli-poeier en kaneel oor en meng goed.

Voeg die kardemom, koljander en anys by en stir fry 2 minute lank.

Voeg die res van die yoghurtmar­inade, yoghurt en water by. Bring tot kookpunt.

Voeg die hoender by en verhit 5-10 minute lank.

Vir voorsit

Garneer met die dhanya-blare en sit voor met die naanbrood, sambal en lemmetjies.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa