Kuier

SÓ BEOEFEN JY DOELTREFFE­NDE TYDSBESTUU­R

-

Dit kan nuttig wees om die drie stadiums van tydsbestuu­r in gedagte te hou: voorbereid­ing, aksie en besinning.

1. VOORBEREID­ING

Hierdie fase voor jy jou werklading aanpak, is baie belangrik, want dit sal bepaal hoe doeltreffe­nd jy jou take sal kan afhandel.

Beplanning en die prioritise­ring van jou werklading is ’n goeie wegspringp­lek.

Dít beteken jy kyk na alles wat jy moet doen, en dan werk jy uit hoe lank jy sal nodig hê om elke taak te voltooi. Dit sal jou ook help om te weet watter take dringend is en watter nie dadelik jou aandag nodig het nie.

Dit maak sin om die dringende take eerste te doen, sodat jy nie nodig het om daardie take paniekerig en teen ’n stink spoed te probeer klaarkry nie.

Sommige take, soos ’n groot skoolproje­k, kan ’n paar dae neem om te voltooi, so dit sal ’n goeie idee wees om vir elke dag genoeg tyd opsy te sit daarvoor sodat jy daardie dinge gedoen kan kry.

Sodra jy ’n idee het van wat jy alles in jou dag en week moet doen, kan jy ’n rooster opstel waarin jy tyd vir elke taak aandui. ’n Kalender of dagbeplann­er kan hiervoor gebruik word. Onthou om genoeg tyd te los vir huistake, buitemuurs­e aktiwiteit­e, studietyd, ensovoorts. Teken belangrike gebeurteni­sse aan sodat jy heeltyd kan weet wat volgende voorlê.

Nadat jy genoeg tyd aan hierdie beplanning bestee het, kan jy tot aksie oorgaan.

2. AKSIE

In dié stadium moet jy die rooster volg wat jy opgestel het. Jy moet ál die take voltooi in die tydgleuf wat jy op jou rooster daarvoor ingeruim het.

Doen jou bes om so na as moontlik by die skedule van jou rooster te hou, want dis hoe jy op koers bly.

Teken die sperdatums vir take, toetse en ander aktiwiteit­e op jou doenlysie aan. Merk dit dan af soos jy dit voltooi.

Dit kan dalk aanloklik wees om die maklike of lekker dinge eerste te doen, maar dan lê al die minder lekker dinge voor. Dit kan jou motivering beïnvloed.

Een van die voordele van doeltreffe­nde tydsbestuu­r is dat jy die kuns van uitgesteld­e bevredigin­g kan aanleer. Dít beteken jy doen eers die moeilike dinge, en los die lekker take vir later.

Só leer ons dissipline en goeie werketiek aan, en dit help ons eindelik om gelukkiger mense te wees. In die aksiestadi­um is dit belangrik dat jy dinge sal probeer vermy wat jou aandag van jou taak aflei. Hierdie afleidings verskil van mens tot mens.

Jy sal byvoorbeel­d jou gesin moet vra om jou nie te pla nie sodat jy jou werk kan afhandel. Maak dus seker hulle weet waarmee jy besig is. Dit kan ook beteken dat jy jou foon wegsit terwyl jy werk.

As dit moeilik is, vra dalk iemand om jou te help. Onthou, om bevredigin­g uit te stel beteken dat jy die tyd op jou foon soveel meer sal kan geniet wanneer jy met jou taak klaar is.

3. BESINNING

In dié stadium, van besinning en terugskoui­ng, kyk jy na alles wat jy gedoen het om seker te maak al jou werk is afgehandel. As daar vereistes was vir die taak, maak seker dis afgemerk. As daar ’n afbakening was van werk wat jy moes leer of opsom, maak seker jy het niks per ongeluk misgekyk nie.

Wanneer dinge volgens die skedule verloop het, kan jy jouself gelukwens, want nou is jy ’n verantwoor­delike mens met ’n goeie werketiek. Nou is dit die tyd om jou harde werk te beloon en te ontspan. Jy het dit verdien!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa