Kuier

WHITE LIES

Die nuwe reeks 'White Lies' se moordgehei­m bou op tot 'n plofbare klimaks

- DEUR LUCIA POOLMAN

As jy gedink het die reekse Reyka en Donkerbos is goed, gaan jy netso uitgeboul wees deur White Lies. Dié spannende misdaadril­ler se eerste vyf minute is intens, en in die res van die agt episodes bly jy enduit geboei, geskok en ook vermaak.

White Lies se vroulike hoofspeler is Natalie Dormer, oftewel Margaery Tyrell van die trefferree­ks Game of Thrones.

Jy sal haar ook herken as Cressida in The Hunger Games. Nou wys sy haar staal teenoor ons eie gesoute Brendon Daniels, wat sy rol meesterlik vertolk.

WAAROOR GAAN DIT?

Edie (Natalie) se vervreemde broer Andrew McKenzie (Langley Kirkwood) word in sy luukse huis in Bishopscou­rt, Kaapstad, vermoor. Sy vrou is in 'n koma weens 'n kopwond. Die onmiddelli­ke verdagtes is die kinders.

Edie, 'n investigat­ive journalist, besluit om self ook die saak te ondersoek, want sy't geen vertroue in die polisieman "Forty Bell" (Brendon) wat die skuldige moet vastrek nie – en boonop het dié twee hul eie geskiedeni­s. Die verhaal ontvou van hier af teen 'n stewige pas en ontknoop eers in die laaste episode.

AGTER DIE SKERMS

Die Suid-Afrikaanse skrywer Darrel Bristow-Bovey sê wat die reeks anders maak, is dat daar nie regtig 'n held is nie.

“Ek hou van Forty Bell. Hy is eerlik – dalk nie die beste polisieman nie, beslis nie 'n held nie – en hy weet eintlik nie eens meer of hy in die polisie wil wees nie. Hy wil net huis toe, na sy familie toe. Maar hy word aangevuur deur 'n drang om homself te bewys. Vir my is hy die morele kern van die reeks.”

Die groot leuen kom eers in die heel laaste episode aan die lig.“Ek wou eintlik nog 'n paar ligter tonele ook gehad het, want een van die tekortkomi­nge in SuidAfrika­anse dramas is dat dit te swaar is om te kyk. Edie steek haar pyn onder humor weg, nes baie van ons.”

MEER OOR FORTY

Omdat hy en Forty byna ewe oud is, het hulle baie in common, sê Brendon.

“Forty wroeg ook met die besluite wat hy geneem het, maar hy is eintlik 'n goedhartig­e ou wat 'n verskil wil maak," sê Darrel. "Hy is meer 'n speurder in sy kop as wat hy dit in sy lyf dra, want hy wil eintlik net by sy vrou en kinders wees."

Hy sê die storie beweeg weg van SuidAfrika se geskiedeni­s as vertrekpun­t, en vertel van everyday life, en "dis baie lekker om dít in die reeks te sien", sê hy. "Soms is 'n storie net 'n storie, en selfs hier gaan dit meer oor klassisme as iets anders. Ons kry 'n blik op die‘ander deel'van die samelewing. Die rykes in kontras met die armes. Maar daar is ook die gewone middelklas, soos Forty.”

MARIO

Die Boekklub-ster Armand Aucamp het 'n klein maar belangrike rol teenoor Edie. Sy karakter, Mario, laat jou wonder watter leuens Edie dalk nóg vertel.

Armand sê in die skryf van die draaiboek kon hy die leidrade optel van wie skuldig is, maar dit sal steeds die kykers verras.

“Daar is deesdae 'n oplewing in die belangstel­ling in ware misdaad, en dit is vermaak op sy beste. Die mensdom bly geboei met moord, en hierdie reeks is as good as it gets," vertel hy. "Om nie te praat van Suid-Afrika wat nou op 'n internasio­nale vlak beweeg en nie vir enige internasio­nale produksie hoef terug te staan nie.”

LOF VIR NATALIE

Natalie, wat die hoofrol speel, is ook een van die uitvoerend­e vervaardig­ers.

Darrel sê:“Sy is plat op die aarde en ons kon stry oor sekere dele in die draaiboek. Ek het nog nooit iemand teëgekom wat die teks so goed ken nie.

"Sy was gewoonlik reg as ons oor iets verskil het. Dis maklik om saam met haar te werk en sy sou sommer op die grond op die gras gaan sit om aan iets te werk."

WHITE LIES IS DONDERDAE OM 20:00 OP M-NET TE SIEN.

 ?? ?? Die Game of Thrones-ster Natalie Dormer speel die hoofrol teenoor Brendon Daniels (inlas).
Die Game of Thrones-ster Natalie Dormer speel die hoofrol teenoor Brendon Daniels (inlas).
 ?? ?? Langley Kirkwood se karakter word vermoor. Hier word fake bloed op sy "lyk" gegooi.
Langley Kirkwood se karakter word vermoor. Hier word fake bloed op sy "lyk" gegooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa