Kuier

HALLO, LIEWE KUIER-LESERS!

-

Ons almal hier by Kuier hou die verwikkeli­nge rondom die verdwyning van Joshlin Smith van Saldanha die afgelope ruk fyn dop. Die feit dat 'n sesjarige netso spoorloos verdwyn, en dae en weke stap aan, oral word gesoek, en . . . niks.

Dan, die skok: Haar eie ma word in hegtenis geneem en staan in die beskuldigd­ebank op aanklagte van mensehande­l en ontvoering. En teen druktyd, byna 'n maand ná Joshlin op 19 Februarie net verdwyn het, was sy steeds vermis.

Jy hoef nie 'n ouer te wees om diep geraak te word deur dié storie nie. Dis ál waaroor mense deesdae praat – om die etenstafel, op WhatsApp, op sosiale media. Almal wonder, het vrae, én theories.

Op bladsy 10 bekyk Ernusta Maralack die kwessie van mensehande­l (of human traffickin­g) in-diepte.

Die kenners vertel haar: Dit gebeur selde soos ons dit in die movies sien. Dis min dat gemaskerde mans mense van die straat af gryp en in vans forseer. Nee, dit gebeur reg onder ons neus!

Die statistiek­e en gevalle hier in SuidAfrika sal jou koue rillings gee. Stories van kinders wat bedags skoolgaan en wanneer hulle huis toe kom – na 'n plek waar hulle veilig moet voel – deur hul eie ouers verkoop word aan ander vir gru-dade wat jou na jou asem sal laat snak.

Dis skokkend, tref hard, en maak seer. En dis só anders as verhale van ander ouers, wat enigiets vir hul bloedjies sal doen en hulle in liefde omvou, soos die radio- en TV-vrou Sherlin Barends.

Sherlin se skattige tweelingse­untjies is in Desember laas jaar gebore. Dit was omtrent 'n fees om haar en haar partner in "mammie-en-daddy-mode" te sien tydens ons voorbladfo­tosessie. Tog bieg sy: Dié nuwe rol was nie altyd maklik nie. Op bladsy 6 maak sy oop oor die highs en lows, en hoe sy nou haar voete gevind het as ma.

Vir sowat twee maande ná haar seuntjies se geboorte het sy gesukkel met nageboorte­depressie. Sy't vinnig hulp gekry, en kon weer voel hoe die lewe terugspoel na haar siel.

Haar reis met borsvoedin­g was ook nie maklik nie. Ek ken daai gevoel. As nuwe ma hoor jy gereeld "breast is best"; almal gee raad as jy sukkel en jy druk deur, al baklei jou lyf daarteen.

Skielik moet jy aanvaar en vrede maak daarmee dat jy nie enduit jou kind kan borsvoed nie. Maar, ek glo soos Sherlin sê: "'n Gelukkige kind soek 'n gelukkige ma."

Ek het onlangs aanlyn 'n storie raakgelees van die negejarige Aria De Chicchis, wat nou naam maak as model. Sy het onlangs haar runway debut by die New York Modeweek gemaak en die vrou wat haar loopbaan bestuur, is haar ma, Pam Mbatani. Pam is oorspronkl­ik van Nyanga in die Kaap en bly deesdae in NewYork.

Haar dogtertjie het al in die modebybel Vogue gepryk, skouers geskuur met sterre soos Halle Berry, en tot Beyoncé het al items uit haar klerereeks vir dié minifashio­nista gestuur.

Maar al is Aria nou 'n ster, maak Pam seker haar kind vergeet nie van hulle roots nie. Hulle kom kuier elke jaar hier in Suid-Afrika en sy kweek

'n liefde vir ons land by haar kind. Te lekke'! •

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa