Kuier

BOODSKAPPE

-

“Weggeruk in hul fleur”, 29 Feb. Here, wees genadig met die families, vriende en geliefdes van die oorledenes in die busongeluk in die Vrystaat. Mag dié kindertjie­s se siele in vrede rus. 'n Groot drukkie aan al die ouers en hul families. Amen.

NADINE WITBOOI

My innige meegevoel aan die families, hoof, onderwyser­s en leerders. Dis 'n verskrikli­ke trauma om deur te maak. Baie sterkte, en weet net dat God al julle trane sal afdroog en julle in die tyd van rou sal versterk.

NICOLEEN LOUW

“Geanker in die oseaan”, 29 Feb. Hou so aan, Shamier Magmoet. Aanhouer wen! Baie geluk met al jou prestasies deur die swaarkry. Dit bou 'n sterk karakter. Niks kom maklik nie, maar dan is jou waardering daarvoor diep uit jou hart.

JENNIFER ORIAAN

“Kampvegter vir die Kaapse Vlakte”, 14 Mrt.

Dit kos net één mens met passie, soos Stanley Jacobs, om 'n verskil te maak. Mag die Vader hom die nodige krag gee en hom beskerm teen enige aanvalle. Ek salueer hom en glo daar sal nóg wees wat in sy voetspore sal volg. MARIAN NIGRINI VORSTER

Die wêreld het meer mense soos Stanley en sy ma, Sophia, nodig! More power to both of you. Ons dank God vir sterk mense soos julle in die wêreld. Gebede van beskerming en leiding vir julle. LIZA CLAASSENS

Dankie,

Baie dankie aan die Kuier-span vir julle puik, lekkerlees­tydskrif. Ek is 81 jaar oud en Kuier is my go-to stabilizer in 'n spoorlose lewe. Die resepte is so lekker en maklik, die woordspele­tjies hou my ure besig, en om nie te praat van die mode en stories nie! Jammer die prys het bietjie opgeskuif, maar ek gryp hom steeds eerste van die rak af!

TANNIE MARIA

Kuier-span

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa